Huisgenoot

VOEL UITGESLUIT BY TROUPLANNE

-

My jongste seun en sy verloofde is al byna ’n dekade lank saam en het nou besluit om te trou. Deur al die jare het sy my nooit baie goed behandel nie, al het ek haar as my kind se keuse aanvaar. Ek en my man word heeltemal by die troureëlin­gs uitgesluit, maar is via die sosiale media uitgenooi. Ek voel ek moet liewers wegbly, want sy praat nie met ons nie. Maar wat van my seun? Help, asseblief.

Anoniem op K

Jy het ’n gulde geleenthei­d om nou ’n nuwe verhoudig met haar en jou seun te begin opbou. Meer as tevore moet jy hulle as ’n paartjie sien en nie bloot as jou seun en jou skoondogte­r nie. ’n Skoonmoede­r-enskoondog­terverhoud­ing is geen kompetisie nie, maar daar kan ’n verloorder wees as jy dit een probeer maak. En die verloorder gaan jy wees. As jou seun reeds soveel jare in dié verhouding belê het, is hy duidelik gelukkig met sy keuse. Hy sal jou vir enige spanning op sy groot dag verkwalik en dit kan tot vervreemdi­ng lei.

As ouer volwassene­s is hulle van ’n generasie wat nou dinge anders doen en ook deur covid-19 gedwing word om nuut oor ’n troudag te dink. Respekteer hul wense. Al voel jy uitgesluit, moenie jou en jou man se isolasie vererger deur enige konflik te skep nie. Dan kan julle dalk ook vorentoe as grootouers uitgesluit word. Wees eerder die beste trougas wat jy kan wees as om die mooi dag met ou gevoelens te versuur. Verneem vriendelik na haar uitrusting en haar ma s’n sodat jy jou eie uitrusting daarmee kan koördineer. Jy kan ook gerus na haar ouers uitreik en vriendskap­sbande met hulle smee.

Moenie verwag dat ouer volwasse kinders jou mening vra nie. Omdat hulle self vir alles betaal, beskou hulle dit as hul reg om al die besluite te neem. Gee kompliment­e en nie kritiek nie as julle wel hieroor praat. Onthou ook jy en jou man is verteenwoo­rdigers van jul familie in die oë van die ander trougaste. Laat jou seun op julle trots wees. Begrawe die strydbyle en wees die minste om op hierdie mooi dag die vrede te bewaar.

Jy spel nie uit hoe na aan jou hart hierdie vriend is nie en of jy dalk self enige verwagting­e oor ’n romantiese verhouding met hom koester nie. Indien wel, onthou dat as jy heeltyd vir ’n moontlike toekomstig­e verhouding­smaat se aandag moet veg, hy waarskynli­k nie in meer as vriendskap belangstel nie. Mense wat op ’n romantiese manier betrokke wil raak, gee hul onverdeeld­e aandag aan mekaar.

Gevaarligt­e moet flikker as iemand in wie jy belangstel op ’n driftige manier oor ’n eks praat soos om te sê dat hy

‘ ’n Skoonmoede­r-en-skoondogte­rverhoudin­g is geen kompetisie nie; moenie dit een maak nie’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa