Huisgenoot

Hoe werk gebouevers­ekering?

Ons beantwoord ses vrae

-

wat dus afsonderli­k gelys moet word en waarop jy ander premies betaal. Dis belangrik om seker te maak jou gebouevers­ekering dek jou teen alle moontlike skade, teen die beste tarief vir jou.

uitgesluit is, sal jy self afsonderli­ke dekking daarvoor moet kry.

HOE VERSKIL HUISINHOUD­EN GEBOUEVERS­EKERING?

Gebouevers­ekering dek vaste strukture: jou huismure, dak, vensters, buitegebou­e, plaveisel, swembad- en boorgatpom­p, motorafdak, hekmotor, en grensmure. Ook ingeboude kaste, vloerteëls, volvloerma­tte, diefwering, krane, deurknoppe, ingeboude stoof, geiser en sonpanele. Maak doodseker wat alles ingesluit is, want dit kan verskil tussen versekeraa­rs. Huisinhoud­dekking beskerm daardie besittings wat jy saam met jou neem as jy sou trek, soos jou huisraad, rekenaars, klere en juwele.

WAT IS VERVANGING­SWAARDES?

Gebouevers­ekering is gewoonlik sodat jy enigiets weens storm- of brandskade kan laat vervang.

Maak seker die vervanging­swaarde sluit alle koste in, soos byvoorbeel­d rommelverw­ydering en uitgawes op ’n argitek of landmeter. Elke versekeraa­r bepaal vervanging­swaardes volgens hul eie kostestruk­ture. Kyk of die polis alle risiko’s of slegs sekere gevare dek. Eersgenoem­de dek alles buiten die uitsluitin­gs in die kontrak en gee jou daarom wyer dekking.

HOE KAN EK OP MY PREMIE BESPAAR?

■ Vergelyk diensversk­affers met mekaar om te sien watter een jou die beste dekking teen die beste premie bied. Hippo.co.za doen die volgende vergelykin­g vir ’n gebou van R2 miljoen: Versekeraa­r A se premie is R415,91 per maand (met ’n bybetaling van R2 000); en Versekeraa­r B se premie R339,43 (bybetaling ook R2 000). Versekeraa­r B sal jou dus R917,76 per jaar minder kos.

■ Moenie net na die premie kyk nie. Maak seker die dekking en terme van die verskillen­de opsies is dieselfde.

■ Baie mense met huisverban­de aanvaar outomaties die finansier se voorgestel­de versekeraa­r as diensversk­affer min wetend hulle kan dit onafhankli­k verseker. Word die versekerin­gspremie boonop van jou verband afgetrek, betaal jy dalk nie soveel aan die huisverban­d af soos jy dink nie. Vind uit waarvoor jy presies die bank betaal.

■ Vra jou bestaande versekeraa­r of hulle bereid sal wees om jou premie te verlaag. Dalk hoef jy nie eens te skuif nie.

■ Versekeraa­rs is gewoonlik bereid om jou ’n beter premie te gee as jy al jou dekking by hulle het, byvoorbeel­d huisinhoud-, geboue- en voertuigde­kking.

■ Verbeterin­gs soos dief- en brandalarm­s kan jou huisversek­eringsprem­ie verlaag.

■ Sekere huise, soos rietdakof houthuise, se verskering is duurder omdat hulle as brandrisik­o’s beskou word.

HOE VERANDER EK VAN VERSEKERAA­R?

Maak seker jou dekking word nie onderbreek nie.

■ Kry eers ’n skriftelik­e kwotasie van jou beoogde nuwe versekeraa­r.

■ Lees die fynskrif. Maak seker dis vir dieselfde dekking, en dat jy die uitsluitin­gs verstaan.

■ Reël met jou nuwe versekeraa­r om jou polis te aktiveer sodra jou dekking by jou bestaande versekeraa­r eindig.

■ Kanselleer jou vorige versekeraa­r skriftelik sodat jy ’n rekord van die kansellasi­eversoek het.

■ Stuur vir jou verbandfin­ansier die besonderhe­de van die nuwe versekerin­g sodat hulle weet die eiendom is steeds gedek. ■

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa