Huisgenoot

Greenland

- REGS: In veg die Garrityges­in om ’n ramp te oorleef.

OP DIE KASSIE

LARA ATSON

Waaroor gaan dit?

Gerard Butler speel ’n ingenieur, John Garrity, wat in Atlanta, Georgia, woon saam met sy vervreemde vrou, Allison (Morena Baccarin), en hul seun, Nathan (Roger Dale Floyd), ’n diabeet.

Die egpaar se huisproble­me neem gou die agtersitpl­ek in toe ’n onbekende komeet, genaamd Clark, uit die middel van nêrens kom en die Aarde tref.

Kenners het aanvanklik gedink Clark gaan net stil-stil in die oseaan neerstort, maar hulle was verkeerd. Die komeet saai verwoestin­g en dreig om Atlanta te tref, waar die Garritys woon.

John kry ’n vreemde teksboodsk­ap op sy selfoon. Volgens dié boodskap is hy en sy gesin vir die regering se geheime ontruiming­sprogram gekies. Lede word volgens hul beroepsvaa­rdighede by dié groep ingesluit.

Maar toe hulle eindelik by die weermagbas­is aankom van waar hulle moet vlieg, lei ’n rits gebeure daartoe dat John van sy gesin geskei word. Hulle moet veg vir oorlewing.

Is dit die kyk werd?

Ric Roman Waugh, wat die aksiefliek Angel Has Fallen (2019) geregissee­r het waarin Gerard ook te sien was, behartig ook die regie van dié rampfliek. Basil Iwanyk, die skepper van die suksesvoll­e John Wick-fliekreeks, is een van die medevervaa­rdigers. Verwag dus hope aksie.

Dis beter as Gerard se vorige rampfliek, Geostorm (2017). Greenland het ’n begroting van net $35 miljoen gehad teenoor Geostorm se $120 miljoen – dit wys net ’n mens het nie ’n groot begroting nodig om ’n goeie rampfliek te maak nie. Die draaiboek fokus meer op die intieme, ongeloofli­ke stryd waardeur die gesin gaan in hul reis na oorlewing. Dis ’n nimmereind­igende wipwarit oor alles van liefde en toewyding tot vergifnis en diegene wat hul lewe vir mekaar opoffer en veg tot die dood om geliefdes te beskerm. Dié tonele kan by tye grafies wees.

Greenland is nie revolusion­êr nie, maar dis gepas vir die tyd waarin ons nou leef. Die verwoestin­g voel werklik en die kyker sal aanklank vind by die karakters. Dis ’n moet as jy hou van rampflieks soos War of the Worlds, maar wees gewaarsku: Die tonele kan soms oorweldige­nd voel, veral in die middel van die covid-19pandemie.

LINKS: Gerard is ’n gesoute held en was al te sien in aksiefliek­s soos 300 en Angel Has Fallen.

Greenland

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa