Huisgenoot

MEER OOR DIE VROUE VAN ‘AFGROND’

- HANNELIE FOURIE NADINE MAY

JULIA CILLIERS

Die Erfsondes-aktrise

Jana Kruger speel ’n

Kaapse sielkundig­e wat simpatiek voorkom – maar in werklikhei­d is sy emosioneel van ander afgesny. Sy worstel met skuldgevoe­lens oor haar kind se dood, en dit dwing haar om in ’n ongelukkig­e huwelik met haar prokureur-man, Basson Brink (Stian Bam), te bly. Julia moet ’n onmoontlik­e besluit neem wanneer sy die waarheid oor Basson uitvind.

Marguerite van Eeden, wat die hoofrol van Mardaleen Derks in Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie, vertolk het, speel ’n 23-jarige regsassist­ent wat haar tot Julia wend vir berading omdat sy by die werk seksueel mishandel word. Hannelie se optrede en ’n daaropvolg­ende tragedie dwing haar om ’n moeilike keuse te maak wat haar eindelik sal bevry.

LANA BRIDGETT

Die Binnelande­rs-aktrise Kim Cloete speel Lana, ’n glansryke sepiester wat mal is oor die kollig. Haar lewe neem ’n drastiese wending toe sy uit ’n koma ontwaak en besef sy het geheueverl­ies. Lana kan glad nie die voorval onthou wat haar lewe onherroepl­ik verander het nie. Sy kry hipnoterap­ie om haar te help onthou en ontdek in die proses skokkende geheime oor haarself en haar verlede.

Gretchen Ramsden speel die jong kandidaatp­rokureur Nadine wat oorspronkl­ik van Vredendal is. Sy het haar B.Com.-graad in Namibië behaal en keer terug na Upington, waar haar hoërskooll­iefde, Franklin (Roberto Kyle) op haar wag. Nadine is sprankelen­d en doelgerig. Sy kry haar droomwerk by ’n regsfirma in Kaapstad, maar moet dan kies tussen haar geliefde Franklin en dié pos.

LEORA VAN NIEKERK

Die aktrise Kanya Viljoen is Leora, wat vol lewenslus is en lief is vir partytjie hou. Sy deel haar geliefde pa, Desmond Steyn (Chris van Niekerk), se humorsin en eer hom deur sy begrafniso­nderneming oor te neem. Leora is behep met skoonheid en wil almal mooi maak – selfs die lyke. Haar verloofde, Etienne (Wilhelm van der Walt), oortuig haar om haar ondernemin­g se geldsake in sy hande te los. Maar sy kry snuf in die neus en moet eindelik ook die waarheid oor Etienne konfrontee­r. ■

Die vyf hoofaktris­es in Afgrond is (van links) Gretchen, Kanya Viljoen, Jana Kruger, Marguerite van Eeden en Kim Cloete.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa