Huisgenoot

DIERE VAN DIE ORDE

-

Deur JULES HOWARD en FAY EVANS. Illustrasi­es: KELSEY OSEID (Protea Boekhuis,

“Jy kan amper sê ek is in museums grootgemaa­k. Wanneer jy ’n kind is, is dinge soos diere en astronomie magies.” So sê Kelsey Oseid, die Amerikaans­e illustreer­der van die magiese Diere van die orde, in ’n oorsese onderhoud.

“Wetenskapl­ike geletterdh­eid is so belangrik!” antwoord sy op die stelling dat dit lyk asof die wetenskap deesdae nie meer vertrou word nie, veral in Amerika. “As my werk en dié van ander natuur-illustreer­ders mense kan inspireer om ’n bietjie meer van soölogie en biologie te leer, is dit wonderlik.”

Haar illustrasi­es in Creatures of the Order, wat nou ook in Afrikaans beskikbaar is, is wonderbaar­lik en maak hierdie boek vol inligting nog aantreklik­er. Sestien van die wêreld se ordes (families) word hierin belig.

Coleoptera is een van hulle. Dit is die talrykste van al die insekordes, en hul geheim is hul eerste stel vlerke wat as harnas dien om hul liggaam en sy tweede stel vlerke te beskerm.

Een van hulle is die vioolkewer wat met sy ongewone dekskildvl­erke en lang kop bra baie na ’n musiekinst­rument lyk.

Die 22-kol-liewenheer­sbesie hou van muf en word aan die swart kolletjies op hul geel vlerke uitgeken. Vir my was een van die interessan­te feite die verskil tussen ’n naaldekoke­r en ’n waterjuffe­r (die twee hoofgroepe van die orde Odonata), want ek het nog nooit geweet watter een van die twee kom sit hier voor my op ’n grashalm nie: Die naaldekoke­r rus met uitgesprei­de vlerke en die waterjuffe­r met hul vlerke teen die lyf. Nog iets: Albei is heel akrobaties, want hulle paar dikwels terwyl hulle vlieg.

Wanneer meisies so jonk as sewe sê hulle wil ’n perfekte vel en tande hê en maer wees, weet jy iets is êrens verkeerd.

Só het die Britse joernalis en skrywer Anita Naik eenkeer in ’n onderhoud gesê. Sy skryf daarom in ook oor ’n goeie selfbeeld. Dit is gemik op meisies wat puberteit betree.

“Puberteit kan jou skaam of verleë laat voel, maar dis nie nodig nie. Dit is ’n normale en natuurlike proses.” Van hier gaan sy voort om te verduideli­k hoe ’n mens se lyf verander, van borste en lyfhare tot puisies en menstruasi­e.

Anita gee praktiese wenke, byvoorbeel­d by menstruasi­e waar sy verduideli­k hoe jy sanitêre doekies en tampons gebruik, en of dit waar is dat tampons in jou lyf kan wegraak.

Omdat dit vir sulke jong kinders bedoel is, is daar nie uitvoerige seksvoorli­gting nie – dit word kortliks en feitelik verduideli­k sonder eksplisiet­e tekeninge. Humeurighe­id, eetgewoont­es en oefening word ook bespreek.

Dis ’n nuttige boekie wat ’n puber se kwessies ligtelik aanraak sodat die ouer self meer inligting kan gee soos hulle goeddink.

’n Grootwordg­ids vir seuns volg dieselfde formaat en sal net so handig te pas kom.

Al twee boekies is ideaal om vir jou kind te gee om eers te lees voor jy self met die Groot Gesprek begin. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa