Huisgenoot

VISSE EN FAMILIE

-

MAAGD

■ Die Vis beskou die hele mensdom as een groot familie.

■ Die Vis sal opoffering­s vir die familie maak.

■ As ouer sal die Vis vergewe en vergeet.

■ As kind sal die Vis soet wees, maar geneig tot trane.

■ As skoonfamil­ie is die Vis die stil een in die hoek.

■ Die Vis se gesinshuis moet soos ’n toevlugsoo­rd lyk.

■ Die Vis se gesinshuis moet ’n fontein of iets met water hê. 23 AUG – 22 SEP

Die planeet van geld, liefde en verwantska­p, Venus, beweeg dié week in jou verhouding­steken in, wat dit ’n uitstekend­e tyd maak om liefde en geld te lok. Bring gehaltetyd saam met jou maat deur, selfs al loop die emosies hoog met die volmaan op die 27ste. Pleks van die gevoelens beveg, gee toe aan jou emosies met die wete dat dit werklik is. GELUKKIGE NOMMERS

3, 50, 23, 32, 39, 52

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jou regerende planeet, Venus, beweeg vandeeswee­k in jou gesondheid- en welstandst­eken in. Dis nou tyd om jou met gesondheid­sverwante bederfies te pamperlang. Moenie nou streng maatreëls vir jouself instel nie, maar beproef eerder die terapieë. Geld is nie tans ’n kwessie nie; maak dus ’n plan in jou begroting vir bederf. Dit kan transforme­rend wees. GELUKKIGE NOMMERS

13, 49, 23, 50, 12, 7

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Geniet die blaaskans en ontspan met jou twee regerende planete, Mars en Pluto, wat in harmonie is. En met die liefdesdiv­a, Venus, wat ook in ’n medewatert­eken inbeweeg, wag ’n liefdevoll­e tydjie op jou en jou geliefde. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie en fokus eerder op die hede as om in die verlede te delf. Die hele gesin kan daarby baat vind. GELUKKIGE NOMMERS 28, 49, 31, 45, 15, 22

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Dis net natuurlik vir jou om gehaltetyd saam met jou familie deur te bring; moet dus nie huiwer om hulle te bederf nie. Dit hoef nie peperduur te wees nie, maar wees kreatief. Hul waardering en genot behoort genoeg motivering vir jou te wees om dit gereelder te doen. Selfs al het jy nie die boerpot geslaan nie, lyk dinge in daardie afdeling belowend. GELUKKIGE NOMMERS

2, 34, 40, 50, 22, 42

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy hou gewoonlik nie van doekies omdraai nie en is bekend as iemand wat reguit praat, maar jy moet vandeeswee­k versigtig wees met jou woorde. Dis veral wanneer jou geliefde ooremosion­eel voel tydens die volmaan op die 27ste. Omgee beteken byna altyd om die ander een tegemoet te kom met dinge wat gedoen en bereik moet word, insluitend emosies. GELUKKIGE NOMMERS

13, 10, 46, 36, 11, 20

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Selfs al is jy nie ’n huishen nie, kan die planete vandeeswee­k saamsweer dat jy liefde, teerheid en waardering aan jou naastes en familieled­e betoon. Moenie skaam wees om ’n bietjie geld op hulle uit te gee nie, want wat jy terugkry sal meer as vergoed daarvoor. Dit kan ’n nuwe neiging vir familieban­de beteken; probeer dus op die groter prentjie fokus. GELUKKIGE NOMMERS 25, 40, 16, 26, 33, 23

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa