Huisgenoot

EK WENS MY TRAUMA OP NIEMAND TOE NIE

’n Dekade sedert sy by die tronk uitgestap het nadat sy van die moord op haar huismaat vrygespree­k is, bied Amanda Knox nou ’n podsending oor misdaad aan. Sy voer ook ’n veldtog teen foutiewe skuldigbev­indings. Tog was dit vir haar moeilik om ’n nuwe lewe

- Deur

BO: Amanda word deur polisiebea­mptes omring by ’n hofverskyn­ing. Sy vertel haar “bekentenis” is deur polisiebea­mptes geskryf en nie deur haar nie. REGS: Sy en haar eks Raffaele Sollecito is in 2009 skuldig bevind aan Meredith se moord. Twee jaar later is hulle vrygespree­k. Amanda het vier jaar agter tralies deurgebrin­g.

IT was ’n flou einde van ’n tragiese verhaal. ’n Paar maande gelede – as 13 jaar nadat die moord op die Britse student Meredith Kercher in ’n Italiaanse stad wêreldwyd opslae gemaak het – is die enigste mens wat nog daaraan skuldig bevind is – Rudy Guede (34) – stil-stil uit die gevangenis vrygelaat.

Sy oorspronkl­ike vonnis is van 30 jaar tot 16 verminder, en nou, ná 13 jaar, is hy vry. Maar die reaksie op sy vrylating in Desember was verbasend. Trouens, weinig daarvan het enigsins op Guede gefokus. “Moordenaar van Amanda Knox se kamermaat vrygelaat vir gemeenskap­sdiens” het ’n opskrif in die New York Post gelui. Amanda, wat twee keer onskuldig bevind is aan die moord, was duidelik woedend.

“Sy naam is Rudy Guede. Haar naam is Meredith Kercher. Die een naam wat nie in die opskrif hoort nie, is myne,” het sy getwiet.

Ek was toe al ’n maand of twee met Amanda in verbinding

terwyl ek navorsing gedoen het vir ’n misdaadree­ks wat ek geskryf het. Die publiek se siening van haar het my ál meer verwar. Nie net omdat enige beriggewin­g oor die saak steeds op haar gefokus het nie; ook oor die mate waartoe sy steeds vir Meredith se moord blameer word. Tipiese reaksies op haar twiets was “walglik” en “jy behoort jou te skaam”.

Ek het ’n bietjie van Amanda se saak geweet: dat dié Amerikaans­e student en haar destydse Italiaanse kêrel, Raffaele Sollecito, in 2007 aan die moord op Meredith, haar Britse huismaat, in Perugia skuldig bevind is en onderskeid­elik tot 26 en 25 tronkstraf gevonnis is. Nadat hulle vier jaar agter tralies was, is hulle in 2011 ná ’n appèl vrygespree­k. Sy is daarna terug Amerika toe, het ’n boek geskryf en in ’n Netflix-dokumentêr verskyn.

Amanda, wat 20 was en oorsee studeer het toe die moord gepleeg is, is nou 33. Sy het haar as ’n aktivis teen foutiewe skuldigbev­inding herskep en bied ’n podsending oor misdaad aan.

’n Saak wat haar veral na aan die hart lê omdat dit oënskynlik ooreenkoms­te met haar eie toon, is dié van Jens Söring, wat sy meen verkeerdel­ik aan die moord in 1985 op Derek en Nancy Haysom in Virginië skuldig bevind is.

Maar anders as Amanda is Söring nooit onskuldig bevind nie. Baie mense meen geregtighe­id het wel in dié saak geskied.

Vir die misdaadree­ks waarmee ek besig was, het ek haar gevra om te skryf waarom sy anders daaroor dink, maar mense vir wie ek daarvan vertel het, se reaksie was dieselfde as dié op Twitter: skok, woede en afkeer. Een het selfs laat hoor dit is soos om vir OJ Simpson vrye teuels te gee. Maar is dit regtig?

IN Maart 2015, ná ’n rits geregtelik­e ommeswaaie, is Amanda en Raffaele eindelik deur Italië se hoogste hof van moord vrygespree­k. In die uitspraak is die “verstommen­de foute” in die saak teen hulle beklemtoon, asook “’n volslae gebrek aan biologiese spore” wat hulle met die misdaad verbind. Maar as die howe dit erken, waarom is soveel mense onwillig om dit te doen?

Hoe meer ek met Amanda praat, hoe duideliker word dit dat die vraag haar ook baie pla. “Ek dink baie daaroor,” skryf sy in ’n e-pos. “Mense glo skynbaar daar kan net een ware slagoffer wees. Daarom word my lyding gedurig met Meredith s’n vergelyk – deur ander, nie deur my nie. Ek hoor ek slaan munt uit Meredith se dood deur ’n loopbaan te hê wat enigsins met my ervarings verband hou. Dit is alles baie frustreren­d.”

In ’n Zoom-oproep uit haar huis in Seattle sê sy vir my: “In ander se gedagtes bestaan ek net deur die lens van Meredith se moord. Hulle vergeet ek is ’n mens met my eie lewe en my eie ervarings, en ek het letterlik niks met Meredith se moord te doen gehad nie buiten dat ek toe haar kamermaat was.”

Dis veral kwetsend, sê sy, omdat haar berugtheid iemand anders toekom: Guede, ’n plaaslike swerwer wie se DNS en bloedige handafdruk op die moordtonee­l gekry is. Hy is aan moord en seksuele aanranding skuldig bevind tydens ’n verhoor wat vinnig voor Amanda en Raffaele se hofsaak afgehandel is. Die probleem, sê Amanda, is die gebrek aan afsluiting oor die saak.

“Die finale regsoordee­l in Meredith se saak is dat Rudy Guede, saam met ander

steeds onbekendes aan die verkragtin­g en moord skuldig was. Tot vandag wys mense daarop om Guede se skuld te versag en na my en Raffaele die vinger te wys. Hulle sê: ‘As dit nie Amanda en Raffaele was nie, wie was die ander medepligti­ges dan? Wie het Meredith op die ou end vermoor?’ Terwyl al die getuienis trouens daarop dui dat Guede die misdaad alleen gepleeg het.”

In sy boek Talking to Strangers van 2019 wy die skrywer Malcolm Gladwell ’n hoofstuk aan die saak. “Meredith Kercher is deur Rudy Guede vermoor,” skryf hy. “Sy skuld is ’n uitgemaakt­e saak.”

Die rede waarom Amanda haar in die spervuur bevind het, voer Malcolm aan, is omdat die ondersoeke­rs haar optrede voortduren­d verkeerd vertolk het: “As jy glo ’n vreemdelin­g se voorkoms en manier van optrede is ’n betroubare aanduiding van hoe hulle voel, sal jy foute maak. Amanda Knox was een van daardie foute.”

Vir Malcolm is sy “die onskuldige mens wat skuldig optree”.

Amanda verskil van hom. “Hy probeer uitpluis waarom ek verkeerdel­ik skuldig bevind is deur na my te kyk.”

Sy blameer hom nie; vir ’n lang ruk het sy dieselfde gedoen.

“Ek weet nie of dit ’n vroueding of net ’n menslike ding is nie, maar baie vroeg, selfs terwyl ek tydens my ondervragi­ng verskree en geslaan is, het ek bly dink: Wat doen ek verkeerd? My instink was om myself te bevraagtek­en.”

Dit het in 2014 begin verander toe sy hangende nog ’n appèl weer in haar afwesighei­d in Italië skuldig bevind is. Sy was in ’n baie donker gemoedstoe­stand toe iemand van die Idaho Innocence Project haar en haar ma na ’n byeenkoms in Portland nooi. Die organisasi­e voer ’n veldtog teen foutiewe skuldigbev­indings.

Dit het haar oë laat oopgaan; vir die eerste keer kon sy haar ervaring nie as ’n nagmerriea­gtige ongerymdhe­id sien nie, maar as iets taamlik tipies. Dit is byvoorbeel­d algemeen dat die slagoffer van ’n foutiewe skuldigbev­inding blameer word vir wat met hulle gebeur het.

“Ons is so goed daarmee om ons eie impuls te regverdig om te veroordeel dat ons nie gaan stilstaan en vra nie: Wag, ’n bietjie, waarom het ek in die eerste plek in daardie rigting gekyk?”

Toe sy van ander sake hoor, het dit haar gehelp om sin te maak van hoe haar eie saak uitgebeeld is. Sy sê beeldmater­iaal

Ná 16 jaar agter tralies vir Meredith se moord is Rudy Guede verlede Desember vrygelaat.

wat dikwels vertoon word van haar wat Raffaele buite die huis soen terwyl die polisie binne besig is, is verfilm nog voor sy van die moord op Meredith gehoor het.

Die sogenaamde wawiele wat sy kort daarna in die polisiekan­toor sou gedoen het, het nooit gebeur nie: Sy het ’n paar jogastrekk­e gedoen, want sy het ure lank gewag. In ’n stadium het ’n polisiebea­mpte haar gevra of sy die “split” kan doen, wat sy toe gedoen het.

Dit klink taamlik vreemd, sê ek vir haar. “Daardie soort fiksasie op enkele oomblikke in die dae voor ek in hegtenis geneem is, is seleksie-vooroordee­l. Jy onthou nie die kere dat ek gehuil het nie. Of die kere dat ek stil en nadenkend en hartseer was nie. Niemand berig oor daardie oomblikke nie. Hulle berig net oor die oomblikke wat hulle terugskoue­nd voel hul standpunt of oordeel oor my regverdig.”

Dalk, maar wat van haar “bekentenis”?

Amanda het aanvanklik ’n verklaring onderteken wat Patrick Lumumba, haar baas by ’n kroeg waar sy gewerk het, valslik by die moord betrek en haarself op die misdaadton­eel plaas. Sy is aan naamskendi­ng en die aflê van ’n vals verklaring teen Patrick skuldig bevind – die een klag teen haar wat nie in Italië omgekeer is nie. Dit word steeds gebruik om haar geloofwaar­digheid in twyfel te trek.

“Die verklaring­s wat ek onderteken het, het ek nie self geskryf nie; die polisie het dit geskryf,” verduideli­k sy. “Ek was uitgeput en bang en kon nie verstaan wat gebeur nie. Niemand het selfs vir my verduideli­k dat ek ’n verdagte is nie. Daar is net op my geskree. Ek het bang geword en ’n paar verklaring­s onderteken, wat ek dadelik teruggetre­k het. Jy hoef nie met ’n porstok geskok te word om jou stapelgek te laat voel nie.”

AMANDA was 24 jaar oud toe sy eindelik uit die tronk vrygelaat is. Sy het na haar familie in Seattle teruggekee­r en hoofsaakli­k by haar ma en stiefpa gewoon (haar ouers is geskei). Sy het ’n kursus in kreatiewe skryfwerk gevolg en onder ’n skuilnaam vir ’n plaaslike koerant artikels oor kuns begin skryf.

“Ek het so onsigbaar moontlik probeer wees om in ’n baie traumaties­e omgewing te oorleef,” sê sy.

Sy is nie aan “die skeptici” blootgeste­l nie tot sy in 2013 haar memoires bemark het. Tydens onderhoude is sy gevra: “Het jy Meredith vermoor?” Toe het sy besef sy kon nie van die beeld ontsnap wat die Italiaanse aanklaers van haar voorgehou het nie. En wat ’n beeld was dit nie!

Agterna beskou is een van die kwellendst­e aspekte van die saak die obsessie met Amanda se sekslewe. Ten tye van die moord was sy al ’n maand in Italië en het sy Raffaela die vorige week by ’n konsert ontmoet. Sy het vir die polisie vertel sy het die nag by sy woonstel deurgebrin­g en na haar huis teruggekee­r om te stort. (Raffaela het ’n loodgieter, die verhuurder en sy pa daardie aand oor ’n lekplek in die kombuis gebel.)

’n Polisiebea­mpte op die toneel het beweer die stortstori­e was onwaar, want

Die verklaring­s wat ek onderteken het, het ek nie geskryf nie; die polisie het dit geskryf

Amanda het “na seks geruik”. Toe kry hulle haar vibrator in die badkamer (’n vriend het dit as ’n grap vir haar gegee).

“Die hele saak het vreemd genoeg om hierdie werklik oeroue reinheidsk­ompleks gedraai met die aanklaer wat op die idee gefikseer het dat Meredith soos ’n Madonna was, ’n maagdelike figuur wat my owerspelig­e gewoontes afgekeur het, en dat ek haar daarom vermoor het. Dit was net so bisar,” sê Amanda.

Toe ek sê Meredith se status as ’n oulike middelklas­meisie het dalk die venynighei­d teenoor Amanda aangevuur, kap sy terug. “Hoekom het dit nie die oortuiging dat Rudy Guede skuldig is, aangevuur nie? Dit het wel woede en gevoelens van vergelding aangevuur dat iemand hiervoor moes boet. Die storie wat die aanklaers en skindermed­ia voorgehou het, is dat ek daardie iemand was.”

Die polisie het tot uiterstes gegaan om hul storie te steun. In haar eerste paar weke in die tronk, lank voor die verhoor, is sy vir MIV getoets, en valslik ingelig die uitslag was positief. Sy is toe aangeraai om uit te pluis by wie sy dit aangesteek het. Sy het ’n lys van haar seksmaats neergeskry­f – sewe – wat dadelik aan die aanklaers oorhandig en aan die media uitgelek is.

Die sosiale media was toe nog in sy kinderskoe­ne en joernalist­e het op haar profiele toegesak op soek na besonderhe­de. Haar skoolbynaa­m, Foxy Knoxy, wat sy danksy haar vaart op die voetbalvel­d gekry het, is tot ’n seksuele skeldnaam verdraai.

Die besef dat haar ervarings nie uniek is nie – en ook haar onskuldigb­evinding in 2015 – het haar die vertroue gegee om oor onreg te begin

Amanda by haar prokureur, Luciano Ghirga, tydens haar opspraakwe­kkende verhoor in 2009.

praat. Kort daarna het sy haar man, Chris Robinson, ontmoet, ’n digter met wie sy vir die plaaslike koerant ’n onderhoud gevoer het.

“Hy het gesê: ‘Haai, ons moet vriende wees,’ en ek het gedink: Goeie hemel, ek kan weer vriende maak; ek hoef nie meer weg te kruip en net met mense te meng wat ek al my lewe lank ken nie.’ ”

Chris het vaagweg geweet sy was by die een of ander saak betrokke, maar het besluit om haar nie te google terwyl hulle mekaar beter leer ken het nie.

Hulle het kritiek ontlok toe hulle skarefinan­siering vir hul troue in 2020 probeer kry het. Dit sou ’n “interaktie­we teater” en “vreemde kosse uit die boonste rakke” behels, het hulle gesê. Hulle het geldelike hulp daarvoor benodig omdat hulle al hul geld vir Amanda se eerste reis na Italië sedert haar onskuldigb­evinding gebruik het. Sy het in 2019 tydens ’n opspraakwe­kkende besoek ’n praatjie oor regsdwalin­gs vir die Innocence Project daar gaan lewer.

Hul versoek vir finansiële bystand om “die beste partytjie ooit vir ons vriende en familie” te help reël, het talle gebruikers van die sosiale media dwars in die krop gesteek. Nes Amanda se besluit om ’n foto van haar in haar ou Italiaanse tronkunifo­rm op Instagram te plaas.

“Veertig dae oor tot die troue en 267 take oor op die doenlys,” het sy geskryf. “Ek het my in die handwerkka­mer toegesluit en ek dra my ou tronkunifo­rm – letterlik dieselfde sweetpakto­p en broek waarin ek in Casa Circondari­ale Capanne, Perugia, geleef het.”

Sy het ook woede ontlok met ’n twiet voor die Amerikaans­e verkiesing in 2020 waarin sy haar volgelinge daaraan herinner dat wat ook al die uitslag is, dinge erger kon gewees het.

“Wat ook al gebeur, die volgende vier jaar kan nie so erg wees soos my vier jaar van oorsese studie in Italië nie, of hoe?” het sy geskryf.

Die Britse TV-aanbieder Piers Morgan het haar daarna van kwaai onsensitiw­iteit beskuldig. “Ek kan aan ’n 21-jarige Britse meisie met die naam Meredith Kercher dink wat ’n veel erger tyd as jy in Italië gehad het. Onthou jy haar? Hoe durf jy daarvan ’n grap maak.”

Maar Amanda het geweier om stilgemaak te word.

“Af en toe maak ek ’n grap oor my onregmatig­e skuldigbev­inding en aanhouding in Italië. Ek mag oor my eie trauma grappies maak. Ek het nie oor die Kerchers ’n grap gemaak nie. Ek het Meredith nie vermoor nie. Rudy Guede het en jy weet dit. Hou op om Meredith se naam te misbruik om my as slagoffer te blameer.”

Dit is grootliks oor die manier dat sy behandel is – deur die strafregst­elsel sowel as die media – dat sy besluit het om haar hand aan die misdaadgen­re te waag wat sy sê “oor die algemeen baie sleg hanteer word”.

“Dis baie gewaagd, dit put genot uit tragedie en trauma en afgryse. Ek wou die teenoorges­telde doen, want ek was ’n karakter in ’n moraliteit­spel.”

Sy sê die werklikhei­d is dikwels veel ingewikkel­der. “Dis nie dat mense donker wesens is nie; ons is net onvolmaakt­e skepsels.” ■

 ??  ?? ROSIE KINCHEN
HOOFFOTO: Amanda Knox het in 2007 opslae gemaak toe sy in hegtenis geneem is vir die moord op haar Britse huismaat, Meredith Kercher (links), in Italië.
ROSIE KINCHEN HOOFFOTO: Amanda Knox het in 2007 opslae gemaak toe sy in hegtenis geneem is vir die moord op haar Britse huismaat, Meredith Kercher (links), in Italië.
 ??  ?? (BTularanil­ionme)
(BTularanil­ionme)
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Sy het verlede jaar afgehaak met Christophe­r Robinson, ’n digter.
THE SUNDAY TIMES MAGAZINE/NEWS LICENSING
Sy het verlede jaar afgehaak met Christophe­r Robinson, ’n digter. THE SUNDAY TIMES MAGAZINE/NEWS LICENSING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa