Huisgenoot

DIE STREWE NA GEREGTIGHE­ID

HIERDIE LEWE GEWONE MENSE IN HUL EIE WOORDE Hy is ’n bekende gesig in die Suid-Afrikaanse regswêreld en was betrokke by verskeie opspraakwe­kkende sake

- MARELIZE GRBICH CORRIE HANSEN

Soos vertel aan

Foto:

CHRISTHÉNU­S VAN DER VIJVER (62), SENIOR STAATSAANK­LAER

EK RAAK altyd vreeslik geïrriteer­d as jy ’n skuldigbev­inding kry en die opponent kom ná die tyd na my toe en wens my geluk. Moenie vir my geluk sê nie. Dit is nie ’n wedstryd nie. Reg en geregtighe­id het net geskied.

Dit gaan eerder oor die bevredigin­g wat jy kry as jy sien daar het reg en geregtighe­id plaasgevin­d. Net so put jy soms bevredigin­g uit ’n onskuldigb­evinding.

Ek het al by twee gevalle in die hooggeregs­hof nie ’n aansoek vir ontslag teengestaa­n nie. Ek is ’n beampte van die hof: As ek sien die getuienis is onvoldoend­e, sal ek vir die hof sê die getuienis is onvoldoend­e. As ek ’n dossier lees en ek glo nie die getuie nie, dan vervolg ek nie.

Jy ontwikkel ’n tipe gut feeling.

Ek sê baie vir die jong aanklaers: ’n Saak is bitter min soos hy op papier lyk.

Eerstens, die polisie neem nooit ’n verklaring so volledig soos wanneer jy met ’n persoon sou konsulteer nie. Hulle het nie altyd die tyd nie. Dan is daar die taalkwessi­e. Deesdae moet die polisie alles in Engels doen. Die polisieman is dalk Afrikaans en die getuie is Afrikaans en dan moet hulle die verklaring in Engels aflê.

Ek was nog nooit by ’n saak betrokke waar ek van die begin af weet hierdie persoon is onskuldig nie. Dan sal ek nie daar staan nie. Ek sal nooit met myself kan saamleef nie. Ek het al ’n saak wat gereed was om op die hofrol geplaas te word met my baas gaan bespreek en gesê ons moenie daarmee voortgaan nie. Dan het ek dit in my voorbereid­ing agtergekom.

Maar jy kan nie emosioneel by ’n saak betrokke raak nie. Jy sal mal raak.

Ek het ’n kollega gehad wat op sy beste funksionee­r as hy en sy opponent sommer al vroeg in die saak lekker vassit en dan regdeur die saak glad nie met mekaar praat nie.

Ek kan glad nie so werk nie. Ek en my opponent moet ná die hof ’n bier kan gaan drink of ’n toebroodji­e eet. As jy vassit, sit jy vas in terme van wat jy vir die hof wil sê of jy skiet mekaar af met ’n lekker skoot sarkasme, maar as jy uit die hof stap, is julle vriende. Om persoonlik te raak en buite die hof te baklei, is nie my styl nie, maar dit is seker hoe mense verskil.

Ek sal liewer meer empatie toon en jammer voel vir naasbestaa­ndes. Die Inge Lotz-saak is ’n baie goeie voorbeeld, waar mens se hart gebreek het vir haar ouers

BO: Christhénu­s (tweede van links) gedurende ’n ter plaatse ondersoek in 2018 tydens die Adam Pietersemo­ordsaak. LINKS: Christhénu­s op die toneel waar Adam se lyk gevind is. Die boer Martin Visser van Lutzville is skuldig bevind aan sy moord.

Ek het op Stellenbos­ch studeer. In die begin van my finale jaar het ek en my vrou, Judith, getrou. Nie omdat ons moes nie, maar omdat ons wou. Ons het twee kinders, Nuscha en Duvall.

Ná die weermag het ek as ’n aanklaer by die landdrosho­f in Bellville begin. So twee jaar later het ek bedank om my klerkskap by ’n prokureurs­firma te gaan doen. Ek wou dit ook ervaar. Ek dink tog dit het my later in my loopbaan gehelp, soos wanneer mens met die verdedigin­g onderhande­l, maar ek is toe weer justisie toe.

Ek het dit gemis om aan dié kant van die draad te staan en siviele reg kan maar bietjie van ’n papieroorl­og wees. Die kriminele sake is meer adrenalien­gedrewe.

In 1992 het ek die pos hier by die kantoor van die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap gekry.

Die sake wat jy doen maal maar in jou kop, maar ek vat nie regtig werk huis toe nie. Die grootste vrees vir enige aanklaer is dat jy nie al die getuienis voor die hof geplaas het om te verseker dat jy jou saak bewys het nie. Of dat jy êrens ’n fout gemaak het en die persoon kom op ’n tegniese punt vry. As jy in die nag wakker word, is dit miskien die saak wat jou wakker maak – dalk die katte – maar dit waaroor jy dink, is dáárdie twee goed.

Jy wonder hoekom mense goed doen, maar in Suid-Afrika hoef ons mos nie soos in Amerika motief te bewys nie. Ek hoef nie te wonder hoekom iemand iets gedoen het nie. Ek moet net bewys hy het dit gedoen.

Soos in die Maggie Titus-saak. (Maggie, ’n oudraadsli­d van Oudtshoorn, is lewenslang­e tronkstraf opgelê nadat sy skuldig bevind is aan die moord van haar man, Preston Titus.) Haar man is wreed vermoor in die huis. Die polisie het gekyk na polisse, maar daar was niks noemenswaa­rdig nie, so dit kon nie finansiële oorwegings gewees het nie. Eintlik weet ons steeds nie hoekom sy dit gedoen het nie. Jy wonder hoekom iemand so dom ding doen en nou is haar lewe daarmee heen.

Wanneer jy ’n skuldigbev­inding kry, is dit ’n gevoel van tevredenhe­id, want die adrenalien het dan vir omtrent twee maande gepomp. Dit wissel, maar ek sal huis toe gaan en ’n whisky skink of ’n lekker glas rooiwyn. Jy is bly dit is klaar. Jy is bly die naasbestaa­ndes sien reg en geregtighe­id, want dikwels is dit ook vir hulle ’n manier van closure. En dit is belangrik. ■

Christhénu­s van der Vijver is te sien in wat op 24 Februarie op VIA (kanaal 147) begin.

‘Jy kry ’n gut feeling. ’n Saak is bitter min soos hy op papier lyk’

B

 ??  ?? Senior advokaat Christhénu­s van der Vijver voor die kantore van die openbare vervolger in die Wes-Kaap.
Senior advokaat Christhénu­s van der Vijver voor die kantore van die openbare vervolger in die Wes-Kaap.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa