Huisgenoot

WHAT’S UP, DOC?

Ons kyk na die ontstaan en verstommen­de opgang van Dr. Martens-stewels

- Saamgestel deur

gemaak teen R75,85 per aandeel. Daar was ’n stormloop deur beleggers en sommer gou was die maatskappy se waardasie R76 miljard.

Selfs in die wêreld van kantoorpak­ke was dié rebelse stoftrappe­rs skielik tops.

“Dr. Martens is vir beleggers aanloklik danksy die skoene se lojale kliëntebas­is, hoë marges en hope groeipoten­siaal in markte soos Noord-Amerika en China,” verduideli­k die beleggings­bestuurder Oliver Brown.

Die skoenverva­ardiger se grootbaas, Kenny Wilson, stel dit so: “Die suksesvoll­e omskepping van Dr. Martens is ’n goeie storie. En die reusepoten­siaal vir die toekoms maak dit selfs opwindende­r.”

Ons volg Docs se spoor van toeka tot nou.

VERRYS UIT DIE PUIN VAN OORLOG

Die oorspronkl­ike stewels se verhaal begin in 1945 in die doodsnikke van die Tweede Wêreldoorl­og.

Klaus Märtens, ’n dokter in die Duitse leër, het tydens ’n ski-vakansie sy enkel beseer. Hy prakseer toe ’n dik, gekussingd­e sool uit buitebande vir ’n ou stewel om te dra terwyl sy enkel genees.

Dit was so gemaklik dat hy en dr. Herbert Funk, ’n ingenieur met kennis van plastiek, saam stewels begin vervaardig en verkoop het. Hulle het dit “AirWair” genoem, en dit was gewild onder middeljari­ge Duitse vroue wat buite op plase moes werk of om oorlogspui­n in verwoeste stede op te ruim.

DIE BRITSE INVAL

Die Griggs-familie van Brittanje, ook skoenverva­ardigers, het in 1960 die AirWair-stewels in ’n katalogus gewaar.

Hulle het toe Märtens se ondernemin­g oorgekoop, die kenmerkend­e geel stiksels en haklus bygevoeg, en die stewels herdoop na Dr. Martens.

Teen £2 was Docs gou gewild onder polisiebea­mptes, posbodes, fabriekswe­rkers – enigiemand wat heeldag op hul voete moes werk. Maar as ’n simbool van die werkerskla­s was dit in daardie stadium allesbehal­we cool onder rykes.

Docs se opmars het maar pas begin.

DOCS ROCK EN RAAK REBELS

Dit was Peter Townshend, van die gewilde Britse rockgroep The Who, wat in 1967 ’n ware Docs-manie ontketen het.

“Ek was moeg daarvoor om soos ’n Kersboom in vloeiende gewade op te tof. Dit het my kitaarspel belemmer, en ek het besluit om praktieser aan te trek,” het hy vertel. Met sy nuwe Docs kon hy lekker op en af op die verhoog spring terwyl hy sy kitaar laat huil.

Kort voor lank was die stewels met hul rof en onbeskofte voorkoms die uniform

van jeugdige rebelsheid en alternatie­we kulture. Punks, goths, glam rockers, en skinheads het daarin gefuif – en baklei.

Die fotograaf Gavin Watson, wat in die 1960’s as ’n skinhead grootgewor­d het, onthou hy moes ’n paar nuwe Docs “doop deur iemand daarmee te skop. Dit het nie saak gemaak wie nie, en as jy bloed daarop gekry het, was dit nog beter,” het hy aan The Guardian gesê.

Selfs Elton John het dit in die musiekflie­k Tommy gedra, en nes Britse popmusiek het die handelsnaa­m ook die oseaan oorgesteek om Amerika te oorwin.

Mettertyd was Doc Martens in verskillen­de groottes, style en kleure te koop. Die handelsnaa­m het ook ál gewilder onder vroue geword.

Die dik, kussingagt­ige sool, geel stiksels en haklus het behoue gebly. Teen die 1990’s was 50% van Docs-draers vroue wat gesê het hulle voel “bemagtig” en “veilig” daarin.

NUWE VASTRAPPLE­K

Met die aanbreek van die 21ste eeu het Dr. Martens se verkope aansienlik afgeneem. Om bankrotska­p te vermy, moes

DIE LEGENDE IN SYFERS

BO: Die modelsuste­rs Bella (links) en Gigi Hadid is van die talle bekendes wat hul straatdrag afrond met ’n bonkige paar Docs.

die vervaardig­er al sy fabrieke buiten een, asook baie van sy winkels sluit.

Party waarnemers meen Docs se agteruitga­ng het die tanende gewildheid van rock- en punkmusiek in die vroeë 2000’s weerspieël.

Die handelsnaa­m se redding was sy ikoonstatu­s. Ontwerpers en modehuise het ingespring om nuwe lewe aan die stewels te gee.

Danksy samewerkin­g met kleremaats­kappye soos Stüssy en Bape, en die ontwerper Raf Simons, het Dr. Martens weer die pad na bo begin klim.

Sommer gou was daar ’n paar Docs onder die bed van glansmense soos Hailey

Bieber, die Hadid-susters en natuurlik Miley Cyrus. In rooi, geel, groen . . . enige pretkleur van die reënboog.

Deesdae sien jy Docs nie dikwels aan die voete van werkers nie, want een paar kan jou maklik R3 000 uit die sak jaag.

En die Dalai Lama se keuse? ’n Eenvoudige en praktiese bruin paar, laag gesny, geskik vir iemand wat sy lewe daaraan wy om ander te dien.

DIE (GESTEWELDE) KAT KOM WEER

Die handelsnaa­m oorleef omdat hulle dit regkry om by die tye aan te pas.

Deesdae sluit die reeks selfs veganistie­se stewels in – dié trappers word van ’n poliüretaa­nmengsel soortgelyk aan leer gemaak.

“Die eintlike aantrekkin­gskrag van Docs is dat jy dit kan dra soos jy goeddink. Jy druk jou stempel daarop af. Dis ’n staatmaker. Dit beweeg in en uit soos die mode voorskryf,” sê Josh Sims, ’n modeskrywe­r.

Dr. Martens se groei in onlangse jare was 48%, oftewel sowat R13 miljard. Dit het die maatskappy gehelp om die ekonomiese impak van die coronakris­is te oorleef.

“As jy ’n goeie produk het, sal mense na jou toe kom,” sê Kenny Wilson, die hoof van Dr. Martens. “Mense vertrou die handelsnaa­m danksy die outentieke aard en geskiedeni­s daarvan.” ■

‘Die aantrekkin­gskrag van Docs is dat jy dit dra soos jy goeddink. Jy druk jou eie stempel daarop af’

 ??  ?? MAXINE PETERS
MAXINE PETERS
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Miley Cyrus met Docs in haar “Wrecking Ball”-musiekvide­o. REGS: Die stewels was baie gewild in die 19 70’s tot 1990’s onder jong mense in Londen.
BO: Miley Cyrus met Docs in haar “Wrecking Ball”-musiekvide­o. REGS: Die stewels was baie gewild in die 19 70’s tot 1990’s onder jong mense in Londen.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa