Huisgenoot

DIE SLIMKOP AGTER DIE WYNGLAS

Lisa met die Rooi Hare se Boer soek ’n vrou-video’s is ’n aanlyn sensasie. Ons praat met haar ‘sodat jy nie hoef nie’

- Deur CYRIL BLACKBURN het van haar ’n aanlyn ster gemaak.

DFoto:

ALK is dit die manier waarop sy haar oë rol, of daardie teatrale gesigsuitd­rukkings terwyl die pittige sêgoed weerklink. Een ding staan vas: ’n borrelende rooikop het almal aan die skaterlag – selfs die boere met wie se soeke na liefde sy so genadeloos spot.

Lisa van Rooyen, oftewel “Lisa met die Rooi Hare”, soos sy aanlyn bekend staan, het roem verwerf met haar spitsvondi­ge reaksievid­eo’s op Boer soek ’n vrou. En nou is sy terug, slaggereed om weer die draak te steek met die 13de seisoen van die reeks, wat onlangs begin het.

Vir haar is daar g’n heilige koeie nie wanneer sy met

’n glas wyn in die hand – “Want hoe dan anders?” – kwinkslae uitdeel oor van die groot of grappige oomblikke in die gewilde kykNET-reeks.

Soos toe boer Graham verlede jaar in die 12de seisoen van dié reeks spottend vra of dit normaal is dat sy mond so droog is. “’n Mens noem dit nie senuwees nie, Graham, dis ’n hangover!” het Lisa laat hoor. Sy het ook al haar eie lirieke vir die reeks se temawysie geskryf: Hier is dit nou, dis Boer soek ’n vrou, of soms is dit ook ’n ou, dit maak nie saak nie – dit bly ’n goeie show.

En haar slagspreuk? “Ek kyk Boer soek ’n vrou sodat jy nie hoef nie.”

Maar grappies op ’n stokkie: Eintlik is die reeks vir haar pure kykplesier, erken Lisa (22) toe Huisgenoot haar op ’n somersdag in ’n restaurant in haar tuisstad, Potchefstr­oom, in Noordwes ontmoet.

“Ek sal dit hier hardop verklaar: Ek is versot op die reeks, al lyk dit soms of ek

Boer soek ’n vrou-video’s

dalk ’n bietjie te veel met hulle die gek skeer.” Dan spot sy met haarself: “Miskien is ek net jaloers – nie op die boere nie, o hemel nee, maar op hulle TV-fame.”

Maar nou is Lisa self flink aan die beroemd word. Nie net is haar video’s al derduisend­e kere gekyk nie; sy het ook al die aandag getrek van bekendes soos die komediant Schalk Bezuidenho­ut. “Schalk het my êrens verlede jaar, net voor die inperking, laat weet hy is laat op die Lisatrein, maar hy wil graag saam met my werk, dat hy dink ek is snaaks. Dis natuurlik die waarheid, maar ek het steeds uitgefreak want, hallo, dis hy,” vertel sy. Die twee het intussen die aanlyn komedieske­ts Lockdown Liefde saam aangebied. Sy het ook as gas in die beïnvloede­r Katinka van der Westhuizen se VIA-program, Klink soos naweek, verskyn.

Die rooikop het selfs die oog getref van die einste boere met wie sy so graag die spot dryf. Boer Niel, ’n vrugteboer van Grabouw in die Wes-Kaap en ’n deelnemer aan die huidige seisoen, het in reaksie op een van haar video’s gevra: “Nou waar’s my brief van jou af ?”

“Eintlik het ek net die glas wyn in sy hand gesien en toe ’n oomblik waansinnig geraak. Ek moes laat weet het: Ekskuusie, ek het ’n kêrel,” sê Lisa en haar donker oë vonkel nog meer.

Al geniet kykers haar video’s, loop sy soms onder kritiek deur. “Oor die wyn, natuurlik,” lag sy. Dit het al kenmerkend geword dat sy met die aanvang van elke video vir haar ’n groot glas wyn skink. “Ek het nie ’n werk nie, oukei, wyn drink is my werk – ek hou die ekonomie en die boere vroualleen aan die gang,” sê sy en lag.

Dat sy genoeg drink om die wynbedryf eiehandig te red is natuurlik ’n grap, maar

LINKS: Daar is g’n heilige koeie wanneer Lisa wynglas in die hand kwinkslae uitdeel nie. LINKS ONDER: Haar video’s het die aandag van kykNET, die boere én bekendes getrek.

sy is wel werkloos nadat sy verlede jaar ’n musiekbedr­yfsgraad aan die Campus of Performing Arts in Gauteng behaal het, sê Lisa. “Man, daar was die inperking en toe was daar . . . Oukei, eintlik was daar net die inperking. So ek het steeds nie ’n werk nie. Nou laat waai ek maar met die video’s,” sê sy.

Sy volg Boer soek ’n vrou al byna ’n dekade, maar het eers met die vorige seisoen haar video’s daaroor begin maak. “Ek het gesien daar is baie mense wat oorsee dié reaksievid­eo’s doen, maar nie eintlik in Suid-Afrika nie. Ek het nie twee keer op my laat wag om die gaping te vul nie.”

Al steek sy die draak met alles van die deelnemers se vreemde modekeuses tot die ongemaklik­e oomblikke, het sy een doel: om ander te laat lag.

Nooit sou sy kon voorspel dat sy so goed daarin sou slaag nie. Toe kykNET een van Lisa met die Rooi Hare se eerste video’s op die kanaal se sosialemed­iablaaie deel, het dit kykers in hul duisende gelok. Gou is een 40 000 keer gekyk, later is party meer as 100 000 keer gekyk.

“Ek was soos . . . Is ek nou ’n celeb?” sêvra Lisa, en lag uit haar maag voor sy byvoeg: “Dis eintlik net ’n ou grappie!”

Wanneer sy op ’n Donderdaga­and in die sitkamer van haar ouerhuis, waar sy nog woon, na die jongste episode kyk, maak sy notas. Ma Estelle (50) en pa Werner (54) kyk saam en sit soms hand by met die grappies. “Of hulle reageer op iets wat hulle sien wat my ’n idee gee vir ’n kwinkslag, maar ek vat natuurlik al die krediet vir myself,” spot sy weer.

Sy verfilm die video’s in haar slaapkamer en redigeer dit self. “Dit neem my so 40 minute om ’n video op te neem. Later raak ek so meegevoer dat ek soms die vreemdste dinge begin sê en skoon vir myself bloos,” vertel sy. Dan wonder sy: “Kan dit wees dat ek die reeks se grootste fan is?”

Waarskynli­k, antwoord sy sommer self.

Wanneer sy soms te laf raak, lag sy vir die dinge wat sy kwytraak. “Man, die punt is ek is mal oor lag,” sê Lisa en gooi haar hare (rooi) terug oor haar skouer.

Kan sy ooit ernstig wees? “Ja,” sê sy dadelik. “Ek het my kêrel gedwing om ’n kontrak te onderteken om saam met my na Boer soek ’n vrou te kyk en dit is superernst­ige sake.”

Haar kêrel van die afgelope ses maande, Rudolph van Niekerk (26), ’n toerismest­udent aan die Noordwes-universite­it is naas haar ouers haar grootste ondersteun­er. Al het hulle g’n regte kontrak gesluit nie. “Hy is gek oor die video’s. Of altans, hy sê hy is. Hy sal my altyd aanmoedig om kreatief te wees, veral wanneer ek dalk ’n bietjie lui is om te redigeer.”

Is hy die rede waarom sy nog nooit vir Boer soek ’n vrou ingeskryf het nie?

“Hm,” wonder sy hardop. “Ek gaan sê ja, want hy is, maar ek dink ook nie ek sou op ’n plaas aanpas nie. Dalk ’n wynplaas, wie weet. Vir nou geniet ek dit net om hulle van ’n afstand te bekyk, en ja, om soms grappies oor hulle te maak.”

Pols jy haar oor haar gunsteling­boer, antwoord sy dadelik: “Damian. Hy is ’n baanbreker, sê Lisa oor die bees-enskaapboe­r Damian Engelbrech­t, die reeks se eerste gay boer in die vorige seisoen. “Maar ek wil ook graag met hom maatjies wees, want hy is opreg en baie sjarmant,” voeg sy by.

En wat sien sy in haar kristalbal vir die boere in die nuwe reeks?

Daar lê liefde voor, waag sy dit, en groot drama. “En dan is daar ’n paar wat ons gebede nodig het,” reken sy.

En wat wag vir Lisa met die Rooi Hare? “Ag, ek gaan my ding bly doen, nes altyd. Ek voorspel lag, soms ’n traan, en baie ure voor die kassie vir my gunsteling­program.”

Want boer soek ’n vrou, en Lisa soek die show.S

‘Man, die punt is ek is mal oor lag’

 ??  ?? FANI MAHUNTSI
Lisa van Rooyen, se
FANI MAHUNTSI Lisa van Rooyen, se
 ??  ??
 ??  ?? BO: Lisa saam met haar kêrel, Rudolph van Niekerk. REGS BO en ONDER: Haar ouers, Estelle en Werner, kyk saam aan die maatsoekre­eks – en sit sommer hand by met die grappies ook.
BO: Lisa saam met haar kêrel, Rudolph van Niekerk. REGS BO en ONDER: Haar ouers, Estelle en Werner, kyk saam aan die maatsoekre­eks – en sit sommer hand by met die grappies ook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa