Huisgenoot

’N TROUE ÉN ’N BABA

Emmanuel Castis en sy Sharlene is onlangs getroud; enkele dae voor hul dogter se geboorte

- Deur

Hy kon darem help met die stigting van ’n aanlyn markplek, African Trade Platform. “Dit was great om iets buite my bedryf aan te pak; dit het my besig gehou sodat ek nie kon tob oor my eie bedryf wat inmekaartu­imel nie.”

Dinge het selfs taaier geraak toe die hoogswange­r Sharlene op 18 Desember covid-simptome begin toon. “Sy was baie moeg, het gehoes en ’n hoë koors gehad,” onthou Emmanuel. Toe sy positief toets, het sy dadelik elders in hul Johannesbu­rgse huis geïsoleer. Hy het vir haar gekook en gedurig alles ontsmet.

“Ek moes dinge bymekaarho­u terwyl Sharlene teen die virus veg. Ek het ’n killer Kersete gemaak, en ek is nie te sleg met skottelgoe­d was nie,” vertel hy oor Kersdag wat hulle twee saam dog geïsoleer gevier het. Gelukkig was Sharlene se dogter uit ’n vorige verhouding, Anthea (10), in hierdie tyd by haar pa.

Maar hier vroeg in die nuwe jaar is die moeilike tyd vir eers vergete, want nou spog Emmanuel met ’n nuwe bruid én ’n nuwe baba. Almal is gesond, en die werkvoorui­tsig lyk ook beter. En maak g’n fout nie, grinnik Emmanuel: ’n Bruilof in die ware gees van My Big Fat Greek Wedding sál hulle hê “sodra covid dit toelaat”.

HY EN Sharlene, ’n inkomstesp­esialis by ’n bestuursko­nsultasief­irma, is al vyf jaar saam hier in Johannesbu­rg. In Augustus verlede jaar het hy eindelik die jawoord gevra en begin beplan om af te haak. In Desember het die skok van haar covid-diagnose gekom. “Ons was natuurlik bekommerd oor Sharlene en die baba se gesondheid,” vertel Emmanuel. “Maar ons het van ons ginekoloog en ander geloofwaar­dige bronne verneem daar is

 ??  ?? FRANCO HAVENGA
FRANCO HAVENGA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa