Huisgenoot

DIE DOKTERS WAT ONS LIEFHET

Die geliefde span van Grey’s Anatomy is terug op die kassie, en daarmee saam al die drama, spanning en liefde wat die reeks so gewild gemaak het

- Begin om 20:30 op 22 Februarie op M-Net (DStvkanaal 101). Saamgestel deur

SEWENTIEN seisoene, bykans 400 episodes, te veel noodoperas­ies om te tel, byna elke seldsame toestand, verskeie verbystere­nde gebeure – en honderde bokse snesies vir miljoene kykers oor die wêreld heen. Dít, in ’n neutedop, is die nalatenska­p van Grey’s Anatomy – die langdurend­ste mediese drama op televisie; ’n reeks wat die wêreld aan McDreamy en McSteamy voorgestel en van ’n generasie aanhangers leunstoeld­okters gemaak het. Nou is die reeks terug – en net toe jy gedink het jy het reeds alles gesien, stel die superverva­ardiger Shonda Rhimes en haar span skrywers die peil weer hoër.

Twee karakters wat lankal dood is, keer terug, die coronaviru­s het Grey Sloan-gedenkhosp­itaal onder beleg en Meredith is – weer – op die rand van die dood: Sy was al in ’n vliegongel­uk, het amper verdrink, is deur ’n waansinnig­e pasiënt aangeval, het ’n bom in ’n pasiënt se lyf vasgehou en ’n keisersnee te midde van ’n kragonderb­reking gehad. Maar sy het oorleef om vir almal te sê om hulle litte te roer en daardie skewe glimlag van haar weer te flits.

HET JY GEWEET?

Al Grey’s se episodes se titels is ook die name van liedjies, buiten die seisoen 14episode “1-800-799-7233” – die foonnommer vir die Amerikaans­e landwye blitslyn vir gesinsgewe­ld. Die episode het oor geslagsgew­eld gegaan.

PATRICK DEMPSEY (DEREK)

Hy speel ’n hoofrol in die reeks Devils (op Showmax), wat vir ’n tweede seisoen hernu is.

SANDRA OH (CHRISTINA)

Sy oes lof en pryse in vir haar rol in die donkerkomi­ese spioenasie­reeks Killing Eve.

GEEN ‘GREY’S’ SONDER GREY

Voorprente vir seisoen 17 het gerugte laat ontstaan dat Meredith (gespeel deur Ellen Pompeo) dalk dié keer aan haar einde sal kom en dat sy ná 16 jaar in die rol gereed was om haar stetoskoop op te hang. Boonop het dit aan die lig gekom haar kontrak eindig met hierdie seisoen. Maar ontspan, getroue Grey’s-kykers! Die program sal op die lug wees vir so lank as wat Shonda en Ellen dit aan die gang wil hou, sê Karey Burke, vermaakvoo­rsitter van ABC Signature, wat die reeks vervaardig. En die 51-jarige Ellen gaan nêrens heen nie. Sy is een van die bes betaalde televisiea­kteurs ter wêreld. Sy verdien ’n allemintig­e R290 miljoen per seisoen. “Ek het ’n besluit geneem om geld te maak en nie kreatiewe akteursrol­le na te jaag nie,” erken sy. “Dit is wie ek is. Ek het my besluite geneem, en ek is tevrede daarmee.”

FOKUS OP COVID

het al dikwels aktuele kwessies aangepak; daarom is dit nie verbasend dat die pandemie uitgebeeld sou word nie, al kla party aanhangers dit is te naby aan die regte lewe. “Dit is te vars, te eietyds en te traumaties,” het ’n kyker getwiet nadat die seisoen in Amerika begin het.

Maar Krista Vernoff, se uitvoerend­e vervaardig­er, sê hulle kon dit nie ignoreer nie. “Dit kan glad nie ’n langdurend­e mediese program wees en nie die mediese storie van ons leeftyd behandel nie.

“Die program behou sy kenmerkend­e humor en romanse terwyl ons hierdie werklik pynlike stories vertel.”

KATHERINE HEIGL (IZZIE)

Sy het in Suits verskyn en is nou in die reeks Firefly Lane (Netflix).

JEFFREY DEAN MORGAN (DENNY) Hy speel die geliefde, onlangs bevryde skurk in The Walking Dead (Showmax).

McDREAMY IS TERUG

Die ander groot nuus dié seisoen is dat Patrick Dempsey as dr. Derek “McDreamy” Shepherd terugkeer – al is dit in Meredith se covid-19-koorsdrome. Sy word ook herenig met ’n ander karakter wat lankal dood is, dr. George O’Malley (TR Knight) – en in haar drome is hy weer die oulike George en nie vermink deur die bus wat sy dood veroorsaak het nie.

Dis vir aanhangers wonderlik dat McDreamy terugkeer, want die dood van Derek was net te neerdrukke­nd. Heng, dit het kykers dan reeds ’n ewigheid gevat om die dood van McSteamy (Eric Dane) in daardie grusame vliegongel­uk te verwerk! Maar nou is Derek soort van terug en dit was alles Ellen se idee. Die akteurs, wat in Malibu, Kalifornië, naby mekaar woon, het saam gestap toe Ellen vir Patrick vra of hy dit sou oorweeg om na die program terug te keer. “Ons het geweet dat ons karakters se bymekaarko­ms ’n ligstraalt­jie sou wees in ’n donker tyd,” het Ellen aan Deadline.com gesê. “Ons albei wou mense graag help en hulle laat glimlag. En ons het dit gate uit geniet om dit te verfilm.” Patrick erken hy wou graag iets doen om tydens die pandemie te help. “Ek wou ’n mate van vertroosti­ng in hierdie tyd van onsekerhei­d gee, en dit is hoe dit begin het. En dit was regtig ’n wonderlike ervaring om terug te gaan.”

ERIC DANE (MARK) McSteamy het The Last Ship gaan aanvoer en toe in seisoen 1 van Euphoria (Showmax) ’n hoofrol gespeel.

Grey’s

’n Skalpel om klein insnydings wat gebruik in word te maak. vel en spierweefs­el 15 BLADE

Die een wat borskas oop jy gebruik BOVIE te breek. om ’n ’n

Instrument gebruik om wat wonde toe elektrisit­eit ’n te skroei. Hartsonogr­am.

’n Mediese noodgeval. Daar’s ’n bom hier binne!

ECHO CODE BLUE CODE BLACK VOORTDUREN­DE SUKSESVERH­AAL

TR KNIGHT (GEORGE)

Hy het in die minireekse The Comey Rule (Showmax) en The Flight Attendant verskyn.

Grey’s

‘Ons albei wou mense graag help en hulle laat glimlag’

ISAIAH WASHINGTON (BURKE) Hy het in The 100 (Netflix) ’n hoofrol gespeel en onlangs in die 2020-dramareeks P-Valley verskyn.

Muggie Lila,

LINKS: Muggie is Lila (voor) se ma. INLAS: Leah en Muggie.

Die sangeres en haar man, Hennie van Niekerk, het hul twee Jack Russells,

en meer as sewe jaar gelede geerf toe Hennie se pa, Danie, oorlede is. “Ek was nie eintlik ’n hondemens nie, maar toe hulle die dag in ons huis instap, het ek hulle as my eie aanvaar. Hulle het my lewe verander en hulle is alles vir my,” sê Leah. “Muggie is 10 jaar oud en eintlik ’n mens, want sy kyk diep in jou siel, maar praat nie. Lila is agt en lyk steeds soos ’n pasgebore hondjie. Haar pels is net vel en hare, dis

Die voormalige Mej. Suid-Afrika het twee bostonterr­iërs, (links) en (regs). “Oreo se swart-en-wit voorkoms het ons aan ’n Oreo-koekie laat dink,” vertel Tamaryn.

In September, sewe maande nadat sy Oreo se ma geword het, het Tamaryn en haar kêrel, Zesimdumis­e Nxumalo, Biscuit ingeneem.

“Oreo is mal daaroor om met ’n bal te speel, terwyl Biscuit mal is oor kos. Vir so ’n klein dingetjie eet sy vir twee,” lag Tamaryn.

Dié radio- en TV-aanbieder is mal oor swart katte. Zoë het tydens die inperking een aangeneem en haar gedoop. “Sy het ’n huis nodig gehad en my hart was gereed om eindelik weer ’n kat te kry,” sê Zoë, wat haar vorige kat aan die dood moes afstaan.

“Navy was vyf maande oud toe ek haar kry. Mense hou nie altyd daarvan om ouer katte aan te neem nie, maar die oomblik toe ek ’n foto van haar sien, het ek geweet sy is my dogtertjie!”

Navy

JODY-LYNN TAYLOR

AANHANGERS van die Britse akteur Regé-Jean Page van Bridgerton­faam se harte het gebreek toe dit onlangs bekend word hy is inderdaad in ’n verhouding. Die Zimbabwies gebore akteur is onlangs gekiek in ’n omhelsing met die skrywer en deeltydse sokkerspel­er Emily Brown (30) in ’n straat naby die huis wat hulle in die noorde van Londen deel.

Die stomende dramareeks se aanhangers is veral teleurgest­eld dat hul drome van ’n romanse agter die skerms tussen hom en sy medester Phoebe Dynevor (25) aan skerwe is.

Baie reken juis dis die romantiese tonele tussen Regé-Jean en Phoebe wat die reeks so ’n wegholsuks­es gemaak het, iets wat selfs die 31-jarige akteur erken.

“Ek dink als wat jy moet weet, is op kamera vasgevang. Dis hoekom ons dit so mooi vir julle aangebied het,” het die akteur gesê toe hy in ’n onderhoud ’n vraag oor ’n moontlike romanse wou systap.

“Die vonk wat julle tussen ons op die skerm gesien het, was danksy die goeie draaiboeke waarmee ons gewerk het.”

BO: Die akteur Regé-Jean Page is onlangs in die strate van Londen gekiek waar hy die skrywer en atleet Emily Brown (LINKS) omhels.

 ??  ?? Grey’s Anatomy
DENNIS CAVERNELIS
DIE LEWE NÁ ‘GREY’S’
Grey’s Anatomy DENNIS CAVERNELIS DIE LEWE NÁ ‘GREY’S’
 ??  ?? Grey’s
Grey’s
MCSPOILER ALERT! 10 BLADE
Die mediese terme wat ons op geleer het:
Grey’s Grey’s MCSPOILER ALERT! 10 BLADE Die mediese terme wat ons op geleer het:
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? crazy.”
crazy.”
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa