Huisgenoot

HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENI­S

☛ 12 MEI 1820 FLORENCE NIGHTINGAL­E SIEN DIE LIG

-

Florence Nightingal­e was ’n Engelse verpleegst­er wat bekend geword het vir haar idees oor moderne gesondheid­sorg en sanitasie en haar harde werk gedurende die Krimoorlog van 1853-’56. Brittanje, Frankryk en Turkye was gewikkel in ’n oorlog teen die Russiese Ryk.

In die tyd waarin sy grootgewor­d het – die Victoriaan­se Era in Brittanje – is daar nie van vroue verwag om te werk nie . . . Of liewer: Daar is nie verwag dat hulle amptelike loopbane het nie. Hulle het natuurlik hard gewerk, maar tuis wanneer hulle vir hul man en kinders moes sorg.

Florence het egter ander planne gehad. Sy was godsdienst­ig en het gevoel asof God van haar verwag om iets belangrike­rs te doen: om mense wat swaarkry te help. In daardie tyd was verpleegku­nde nog nie regtig ’n vakgebied nie; maar Florence het besluit sy wil siekes versorg.

Haar ouers was nie bly oor haar keuse nie aangesien dié soort werk nie vreeslik standvasti­g of vernaam was nie, maar sy was vasbeslote.

In 1854 is sy aangewys as die hoof van ’n span verpleërs wat na gewonde soldate sou omsien. Florence het dadelik ingespring om beter mediese toerusting vir die soldate te verseker. Sy was by al die verpleging­stake betrokke en het gedurig die rondtes gedoen van bed tot bed met haar lantern in die hand. So het sy bekend geword as “the lady with the lamp”.

Ná die oorlog het sy koningin Victoria ontmoet en haar oortuig van die maniere wat gesondheid­sorg in die weermag moes verander. Hospitale is skoner gehou, sanitasie is ernstig opgeneem en verpleegku­nde het ’n ware vakgebied geword wat vandag steeds bestudeer en verbeter word – danksy Florence.

Die koningin het haar geprys en ’n verpleegsk­ool is gestig. Sy sal altyd onthou word vir haar onbaatsugt­ige diens aan mense in nood.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa