Huisgenoot

Kaley Cuoco van The Big Bang Theory skitter in nuwe reeks

Dit gons oor dié Big Bang Theory-ster se nuwe reeks

- Deur LARA ATSON

KASSIEKONI­NGIN In die 12 seisoene wat sy Penny in die gewilde sitkom The Big Bang Theory gespeel het, was Kaley Cuoco een van die hoogs betaalde akteurs op die kassie.

Nou kuier die Amerikaans­e aktrise weer in ons sitkamers – dié keer in die donker komediedra­mareeks The Flight Attendant. Kaley (35) vertolk die rol van Cassie Bowden, ’n lugwaardin wat dikwels diep in die bottel kyk.

Sy ontmoet ’n sexy vreemdelin­g (Michiel Huisman) op ’n vlug. Ná ’n aandjie uit word sy wakker in die verkeerde hotel en bed, met ’n lyk langs haar.

Sy het boonop geen idee wat gebeur het nie. Wat volg, is ’n kat-en-muis-speletjie met die FBI.

Die reeks is gegrond op die boek deur Chris Bohjalian en vervaardig deur Kaley se maatskappy, Yes, Norman Production­s. Sy is ook die uitvoerend­e vervaardig­er van die reeks.

Kaley het nog nooit voorheen ’n stomende toneel geskiet nie en was “ongemaklik” in sekstonele, onthul Michiel (39). Sy beïndruk egter so met haar spel dat sy vir ’n Golden Globe vir beste aktrise in ’n komedieree­ks benoem is.

Die reeks is ook reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

GROOTWORDJ­ARE Kaley is in Camarillo, ’n stad noord van Los Angeles, gebore. Sy het as kind modelwerk gedoen en op sewe al rolletjies in reekse en TV-flieks gehad. Dit was egter in 2007 haar rol in The Big Bang Theory wat van haar ’n superster gemaak het – as die aspirant-aktrise Penny wat omring is deur die superslim wetenskapl­ikes. Sy was toe net 21. Die reeks het miljoene kykers gelok. Teen seisoen agt het Kaley $1 miljoen (R15 miljoen) per episode verdien.

Haar pa, Gary, was by elk van die 12 seisoene se opnames en het op die stel selfs ’n stoel met sy naam daarop gehad.

Sy is ook nie al een in die vermaakbed­ryf in haar gesin nie. Haar jonger suster, Briana (32), is ook ’n aktrise én sangeres wat aan die vyfde seisoen van die sangkompet­isiereeks The Voice deelgeneem het. Sy is ook te sien in Kaley se jongste reeks, The Flight Attendant.

PRIVAAT LEWE Kaley en haar man, die perderuite­r Karl Cook (30), woon in ’n huis van R172 miljoen in Los Angeles. Hulle het ’n plaas en skuur daar naby vir hul talle diere. Hieronder is 25 perde en ’n rits honde.

Die aktrise is openlik oor die kosmetiese chirurgie wat sy ondergaan het. Sy het op 18 borsinplan­tings gekry en al aan haar neus laat werk. “My borste is die beste ding wat ek al gedoen het,” het sy in 2016 aan Women’s Health vertel.

“As jy dit vir jouself doen en dit jou selfvertro­ue gee, is dit wonderlik,” sê sy.

 ??  ??
 ??  ?? The Flight Attendant is beskikbaar op DStv Catch Up.
The Flight Attendant is beskikbaar op DStv Catch Up.
 ??  ?? Kaley Cuoco is vir ’n Golden Globe benoem vir haar spel in die nuwe reeks
The Flight Attendant.
Kaley Cuoco is vir ’n Golden Globe benoem vir haar spel in die nuwe reeks The Flight Attendant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa