Huisgenoot

Wanneer jy nie meer jou land ‘huis’ kan noem nie

-

EK wil reageer op “Verlangend­e oupa en ouma” se brief (“Die seer en verlange van oumas en oupas wat agterbly”, 6 Mei) vanuit die oogpunt van die kinders wat ’n nuwe lewe in ’n vreemde land moes begin.

Die brief spreek tot my. Maar dit bly ’n ongeloofli­k moeilike besluit, en ’n werklikhei­d wat ’n mens tot op die been sny.

Ons het twee jaar gelede die oproep ontvang: Daar is ’n geleenthei­d vir ’n pos in Europa. ’n Nuwe toekoms vir ons kinders! Studeer in ’n omgewing waar herkoms nie die toekoms bepaal nie.

Maar vir Mamma is dit een van die moeilikste aanpassing­s in haar lewe. Pappa is nog sonder werk, want om ’n nuwe taal aan te leer in jou 40’s is nie so eenvoudig nie.

Jy staan uit soos ’n seer toon; dis duidelik dat jy nie inpas nie. Jy beweeg anders, jy reageer anders, jy dink en praat anders.

Jy mis jou land – die land wat jou laat voel asof jy nie welkom is nie. Die land wat jy nie meer “huis” kan noem nie. Maar hier waar jy nou is, voel ook nie soos jou eie nie. Jy mis die familie wat jy moes agterlaat. Jou kinders wat grootword sonder bederfies van oupa en ouma. Jy koop nie meer klein geskenkies vir verjaardae, Moedersdag of Kersfees nie, want behalwe jou gesin kan jy dit vir niemand gee nie. Met die pos stuur kan jy ook nie, want jy weet nie of dit heel anderkant sal uitkom nie.

Die gemis is groot, soms so groot dat jy nie verby dit kan sien nie. Maar dan kyk jy in die gesiggies van jou kinders wat straal van die moontlikhe­de, en jy tel jouself op en gaan vorentoe as ’n vreemdelin­g in ’n ander land.

Groete aan almal tuis, VREEMDELIN­G IN EUROPA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa