Huisgenoot

STADIG GEKOOKTE BEESBORS

-

Beesbors is ’n goedkoop, beenlose vleissnit wat vol geur is en dikwels gedroog of gerook word. Dit is ook een van die beste vleissnitt­e vir lank en stadig kook. Ek hou van die resep, want ek kan dit vinnig berei en daarvan in die oond vergeet terwyl ek al my ander take verrig. Wanneer dit gaar is, sal jy ’n kastrol ryk, smaaklike smelt-indie-mond-trooskos voor jou hê.

GENOEG VIR 10-12 MENSE BEREIDING: 15-20 MIN. GAARMAAK: 4-5 UUR RUS: 30 MIN.

3 kg beesbors sout en peper na smaak 60 ml (¼ k) olie

3 uie, gekap

1 groen soetrissie, pitjies verwyder en gekap 2 lourierbla­re

15 ml (1 e) fyngedrukt­e droë brandrissi­e 6 knoffelhui­sies, gekap 30 ml (2 e) mosterdpoe­ier 30 ml (2 e) paprika

45 ml (3 e) bruinsuike­r 30 ml (2 e) tamatiepas­ta 250 ml (1 k) worcesters­ous

Voorverhit die oond tot 160 °C.

1 Geur die bors met die sout en peper. 2 Verhit die olie in ’n groot kastrol tot warm. Plaas die bors in die kastrol en verbruin die vleis alkante. 3 Haal die vleis uit die kastrol en plaas eenkant. 4 Plaas die uie, groen soetrissie, lourierbla­re en droë brandrissi­e in dieselfde kastrol en braai tot die uie goudbruin is. 5 Voeg die res van die bestanddel­e by en kook 10 min. Plaas die vleis terug in die kastrol en voeg 750 ml (3 k) warm water by. Sit die deksel op en kook 4-5 uur stadig in die oond. Laat dit rus voor jy dit in skywe sny. Sit voor saam met ’n kraakvars koolslaai in die somer en warm groente soos pers kool, pampoen en geel beet in die winter.

WENK

As jy nie ’n oondvaste kastrol met ’n deksel het nie, sit die vleis en uiemengsel in ’n diep oondpan voor, giet die water oor en bedek dig met foelie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa