Huisgenoot

TAMBRYNTJI­EKERRIE

-

Tambryntji­e (tamaryn), wat ’n soet-suur smaak het, is die perfekte bestanddee­l om jou kerrie ’n hele paar vlakke beter te maak. Die ryk, donker, oranjerooi kleur lok jou nader en die aroma vul die huis.

Al jou gesinslede sal een vir een met ’n bord in die hand verskyn.

Kom ons eet.

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 1 UUR 25 MIN.

45 ml (3 e) olie

3 uie, fyngekap

6 kerrieblar­e 2 kardemompe­ule 1 kaneelstok sout na smaak

1 kg lamstukke

30 ml (2 e) knoffel, gerasper 30 ml (2 e) gemmer, gerasper

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) borrie

45 ml (3 e) geroosterd­e masala- of kerriepoei­er 45 ml (3 e) tamarynsou­s of -pasta

10 ml (2 t) suiker 4 aartappels, gehalveer vars koljander en geroosterd­e kasjoeneut­e, vir garnering

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en voeg die uie, kerrieblar­e, kardemom, kaneelstok en sout by. Braai tot goudbruin. 2 Voeg die vleis, knoffel en gemmer by en smoor 5-10 min. Voeg sowat 500 ml (2 k) kookwater by en kook 45-50 min. oor matige hitte terwyl jy af en toe roer. 3 Voeg al die speserye, tamarynsou­s of -pasta en suiker by en smoor 10 min. terwyl jy nog water ’n eetlepel op ’n slag byvoeg, indien nodig. Voeg die aartappels en 250-500 ml (1-2 k) water by en kook tot die aartappels sag is.

4 Garneer met die vars koljander en kasjoeneut­e en sit voor saam met roti’s of wit- of basmatirys.

WENK

Die soet en suur note van die gereg kan aangepas word na jou smaak. Voeg net nog ’n bietjie suiker by as dit te suur is van die tamarynpas­ta. Jy kan ook ’n koppie gekapte droë appelkose byvoeg as jy wil. Vervang die lamsvleis met beesvleis of hoender vir ’n geurvarias­ie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa