Huisgenoot

HOENDERVLE­RKIEKERRIE

-

Wanneer my ma hoenderker­rie gemaak het, het ek die vlerkies bespreek en gesorg dat ek vir almal in die huis sê hulle moet dit nie vir hulle inskep nie, want dit het my naam op. Toe ek grootgewor­d het, het dit net vir my logies gevoel om ’n hoendervle­rkiekerrie te maak. Nou is daar geen gestry meer oor wie ’n vlerkie kry nie. Probleem opgelos.

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 50 MIN.

60 ml (¼ k) olie 2 middelslag-uie, fyngekap 1 kaneelstok 2 kardemompe­ule

1 rooi soetrissie, pitjies verwyder en gekap

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) gemmer, fyngekap 15 ml (1 e) knoffel, fyngekap 5 ml (1 t) groen brandrissi­e, fyngekap

5 ml (1 t) borrie

7,5 ml (1½ t) mosterdpoe­ier 45 ml (3 e) kerriepoei­er

5 ml (1 t) fyn swartpeper 16 hoendervle­rkies 8 aartappels, in blokke gesny ½ bos vars koljander, grofgekap

1 Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die uie, kaneelstok, kardemompe­ule, rooi soetrissie en sout by en braai sowat 5-6 min. 2 Voeg die gemmer, knoffel en brandrissi­e by. Roer deur. Voeg die borrie, mosterdpoe­ier, kerriepoei­er en swartpeper by. Voeg sowat 125 ml (½ k) water by en laat kook die speserye sowat 15 min. Voeg water by soos nodig om te keer dat die uie brand of aan die pan kleef.

3 Plaas die hoendervle­rkies en aartappels in die pan. Voeg 375 ml (1½ k) water by en kook sowat 25 min. of tot die aartappels sag is terwyl jy af en toe roer. Verwyder van die hitte.

4 Voeg die koljander by en roer deur. Sit voor saam met rys, brood of roti’s.

WENK

Om sout by die uie te voeg terwyl dit braai, help die vog uit die uie verwyder sodat dit vinniger braai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa