Huisgenoot

ROMANY DREAMS

-

LEWER 50-60 KOEKIES BEREIDING: 30 MIN. AFKOEL: 20 MIN. SET: 30 MIN.

BAK: 12-15 MIN. VERKOEL: 20 MIN.

500 g botter, by kamertempe­ratuur

60 ml (¼ k) olie

60 ml (¼ k) versiersui­ker 500 ml (1 k) strooisuik­er 1 eier

15 ml (1 e) vanieljege­ursel 4 x 250 ml (4 k) koekmeel, plus ekstra vir rol

5 ml (1 t) bakpoeier

125 g kakaopoeie­r

500 ml (2 k) droë klapper VULSEL

200 g gewone melksjokol­ade, gesmelt

250 ml (1 k) vars room 250 g donkersjok­olade, 70% kakao, in stukke gebreek vars frambose, vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Klits die botter, olie, versiersui­ker en strooisuik­er sowat 3-4 min. met ’n elektriese menger in ’n groot bak saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanieljege­ursel by en meng 1 min.

2 Voeg al die droë bestanddel­e by en meng met die hand om ’n sagte deeg te vorm. Bedek die deeg met kleefplast­iek en verkoel sowat 20 min. in die yskas.

3 Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat goed met meel bestrooi is. Sorg dat jou deegroller met meel bestrooi is of sit kleefplast­iek of waspapier oor die deeg en rol uit. Druk vorms uit met ’n blomvormig­e of ronde koekiedruk­ker en plaas dit in gesmeerde skulppanne. Bak 15 min. Laat heeltemal afkoel nadat dit gebak het.

4 Vulsel Skep die gesmelte melksjokol­ade in die middel van elke koekie en sprei dit met die agterkant van die lepel uit. Laat set.

5 Plaas die room en donkersjok­olade in ’n bak en mikrogolf 2-3 min. Haal uit en roer tot al die sjokolade gesmelt het. Plaas in die yskas om heeltemal af te koel en te verdik.

6 Klits die verdikte sjokolade-ganache tot lig en lugtig. Spuit of skep die ganache bo-op elke koekie en bedek met die vars frambose.

WENK

Bak die koekies voor die tyd en vul en versier dit die volgende dag of selfs ’n paar dae later. As jy fyn droë klapper gebruik en nie matig nie, voeg 750 ml (3 k) by die mengsel. Ek gebruik kleefplast­iek wanneer ek die deeg uitrol om te verhoed dat die deeg aan die deegroller kleef.

 ??  ??
 ??  ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT FATIMA SYDOW COOKS
DEUR FATIMA SYDOW, UITGEGEE DEUR HUMAN & ROUSSEAU. FOTO’S: HENK HATTINGH. KLEINHANDE­LPRYS: R360. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT FATIMA SYDOW COOKS DEUR FATIMA SYDOW, UITGEGEE DEUR HUMAN & ROUSSEAU. FOTO’S: HENK HATTINGH. KLEINHANDE­LPRYS: R360. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa