Huisgenoot

Bobby Stuurman gesels oor Langes en laastes

-

Die Kaapse akteur Bobby Stuurman is bekend vir sy rol as Langes in die kykNET & kie-telenovell­e Arendsvlei. Sy karakter was lank die skurk Bompie (Jarrid Geduld) se regterhand voor hy op Debra Newman (Kay Smith) verlief geraak en besluit het om sy lewe reg te ruk.

“Langes is baie divers en daarom geniet ek dit om die rol te vertolk. As karakter het hy verskeie kante, hy is ’n baie liefdevoll­e en sagte ou, maar het ook ’n donker verlede,” sê Bobby.

Hy vind baie ooreenkoms­te tussen hom en Langes. “Ek is ook baie lojaal aan dié wat na aan my is en ons deel ’n liefde vir William Shakespear­e se werk.”

BILLIE Eilish het die wêreld verras toe sy onlangs haar kenmerkend­e androgene styl afgeskud het om in antieksjie­k-onderklere vir die Junie-uitgawe van Vogue te poseer.

Die sangeres (19) se dramatiese transforma­sie het groot lof gekry van haar vurigste aanhangers, onder wie die modelle Emily Ratajkowsk­i (29) en Hailey Bieber (24), en die sangeres Meghan Trainor (27).

Maar talle aanhangers het haar ook op Twitter gekritisee­r: Sommige meen dis ’n foefie deur haar platemaats­kappy om haar “relevant” te hou; ander meen Billie het haar rug op haar eie beginsels gekeer.

Die sensuele Vogue-voorblad kom nadat Billie vir ’n groot deel van haar tyd in die kollig nie lyf gewys het nie.

“Ek wil nooit hê die wêreld moet alles omtrent my weet nie. Dis hoekom ek oorgroot, sakkerige klere dra,” het sy in 2019 in ’n advertensi­e vir Calvin Klein gesê.

Sy het gesê: “Niemand kan sê: ‘sy’s maer met kurwes’; ‘sy is nie maer met kurwes’; ‘sy het plat boude’; of ‘sy het groot boude’ nie. Niemand kan enigiets sê nie, want hulle weet nie.”

Billie het ten spyte van aanhangers se teenkantin­g haar nuwe voorkoms op Instagram verdedig deur ’n geredigeer­de weergawe van ’n “seksisties­e” opskrif deur Mail Online te deel: “Bewys dat vroue van plan kan verander en hul eie liggaam kan bestuur. Billie Eilish skok aanhangers deur lospassend­e klere vir onderklere vir Vogue te verruil – ten spyte van die feit dat sy al die jare nog ’n kind was,” lui die hersiene hoofopskri­f deur Emily Clarkson.

Billie het dit met 84,4 miljoen aanhangers gedeel.

 ??  ?? Debra (Kay Smith) en Langes is ’n paartjie in die telenovell­e.
Debra (Kay Smith) en Langes is ’n paartjie in die telenovell­e.
 ??  ?? Die akteur Bobby Stuurman vertolk die rol van Langes in Arendsvlei.
Die akteur Bobby Stuurman vertolk die rol van Langes in Arendsvlei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa