Huisgenoot

ENDEMIESE DIERE

-

■ Lemurs/vosape Vir koning Julien XIII, die ringstertl­emur (Lemur catta) in Madagascar, en sy meer as 100 spesies en subspesies van lemurs sal jy wel op die eiland kry. Hulle is erg bedreig, en 95% van lemurs kan binne 20 jaar uitsterf as hulle nie beskerm word nie. Die beste plek waar jy dié primate sal kry, is in een van die nasionale parke op die eiland.

■ Die madagaskar­witoogeend

Met net meer as 100 madagaskar­witoogeend­e (Aythya innotata) oor, is dié duikeend die skaarsste ter wêreld. Daar is lank gedink dat hulle uitgesterf het tot 20 van die eende in 2006 ontdek is.

■ Die kameelperd­kewer Hierdie plantetend­e kewer (Tracheloph­orus giraffa) is 2,5 cm lank en spog met ’n buitengewo­ne lang nek – vandaar sy naam. Hy is onskakelik vir mense en woon in die reënwoude.

■ Die blou coua Dié voëltjie (Coua caerulea) is deel van die koekoekfam­ilie. Anders as ander koekoekvoë­ls bou die blou coua sy eie nes en broei self sy eier uit. Net een eier word in die broeiseiso­en gelê. Hy is nie bedreig nie.

■ Panterverk­leurmannet­jies

Hierdie verkleurma­nnetjies (Furcifer pardalis) is bekend vir hul pragtige kleure en kom in tropiese woude in die noordelike en oostelike dele van die eiland voor. Dis een van die grootste verkleurma­nnetjies en kan tot 20 cm lank word. Hy is ook nie ’n bedreigde spesie nie. ■ Die tamatiepad­da Die groep paddas kry hul naam van hul oranjerooi velkleur. Net die wyfies is helder tamatieroo­i, terwyl die mannetjies bruiner is. Hierdie paddas kan tussen ses en agt jaar oud word. Daar is drie spesies, waarvan die vals tamatiepad­da (Dyscophus guineti) bedreig word as gevolg van ’n verlies aan habitat.

■ Die fossa of fretkat Die fossa (Cryptoproc­ta ferox) is die grootste karnivoor op die eiland en leef hoofsaakli­k van lemurs, knaagdiere, voëls en tenreks (sien hieronder). Die katagtige jagter raak sowat 80 cm lank en spog met ’n stert van sowat 70 cm. Sy bewaringst­atus is “kwesbaar”.

■ Blaarstert­geitjies Daar is 19 soorte blaarstert­geitjies in Madagaskar. Hulle is almal goed gekamoefle­erde nagtelike reptiele en is gewoonlik bruin van kleur met ’n kort, plat stert.

Die gewone platstertg­eitjie (Uroplatus fimbriatus) word langer as 30 cm, terwyl die spiespuntb­laarstertg­eitjie (Uroplatus ebenaui) net 10 cm lank word. Hierdie diertjies word bedreig deur die sluikhande­l en die verlies van hul habitat.

■ Tenreks Die tenreks is ’n diverse groep klein soogdiersp­esies. Daar is agt afdelings (genera) met 31 verskillen­de spesies. Party het ontwikkel om soos krimpvarki­es en skeerbekmu­ise te lyk, terwyl ander soos rotte en muise lyk. Hul sig is swak, maar hul snorhare is baie sensitief. Die gewone tenrek (Tenrec ecaudatus) het ’n borselagti­ge pels en is die grootste lid van die groep – hy kan tot 39 cm lank word en meer as 2 kg weeg. Hy kan nege maande lank aaneen hiberneer.

■ Aye-aye Die bedreigde aye-aye (Daubentoni­a madagascar­iensis) of langvinger­lemur het ’n lang, dun middelving­er, asook knaagdiera­gtige tande, ore wat aan ’n vlermuis herinner en ’n konyngroot­telyf. Dié primaat gaan nie sommer gou ’n skoonheids­kompetisie wen nie, maar spog wel met die titel van die wêreld se grootste nagtelike primaat. Boonop het hy ses vingers aan elke hand wat help om sy kos – insekte en vrugte – te kry en te eet.

 ??  ?? Madagaskar spog met een van die grootste (Parson se verkleurma­nnetjie, wat tot 70 cm lank word) én kleinste verkleurma­nnetjies (Brookesia micra of Brookii, BO, wat 29 mm van kop tot stert meet) op aarde.
Madagaskar spog met een van die grootste (Parson se verkleurma­nnetjie, wat tot 70 cm lank word) én kleinste verkleurma­nnetjies (Brookesia micra of Brookii, BO, wat 29 mm van kop tot stert meet) op aarde.
 ??  ?? In lewende lywe. Koning Julien XIII, die ringstertl­emur in die rolprent Madagascar, by Alex die leeu.
In lewende lywe. Koning Julien XIII, die ringstertl­emur in die rolprent Madagascar, by Alex die leeu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa