Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

GROOT VREES

Kloustrofo­bie is die vrees vir geslote ruimtes. Byvoorbeel­d: Ek gaan na die drankwinke­l en ek is bang dis weer toe.

WOLLIE, PRETORIA

MOEILIKE DAE

Ek onthou toe ek soveel skuld gehad het dat ek nie my elektrisit­eitsrekeni­ng kon betaal nie. Dit was ’n baie donker tyd . . .

JOHANNA, BRAKPAN

HOND SE GEDAGTE

Die polisie word na ’n inbraak ontbied, en ’n lid van die hondeeenhe­id en sy snuffelhon­d daag by die toneel op. ’n Deur van die gebou staan oop, en die hond word beveel om in te gaan en te gaan soek. Hy storm daarheen, maar steek in die deur vas en retireer. Sy baas stap nader om te kyk wat die hond so laat skrik het. Toe sien hy die kennisgewi­ng op die deur: “Veearts.”

LOUISE NOETH

JONG BLAAR

Ou man aan jong meisie: “Waar was jy my hele lewe lank?” Sy: “Wel, vir die eerste tweederdes daarvan was ek nog nie gebore nie.”

DENISE, PRETORIA

VOETBALFUN­DI

V: Wat is ’n rugbykenne­r? A: Iemand wat weet uit watter provinsie elke lid van sy provinsial­e span kom.

LEON KRUGER

TOT WEERSIENS

’n Konstabel vang ’n kwaaddoene­r en hy verskyn in die hof.

Toe die landdros die man in die beskuldigd­ebank sien, roep hy uit: “Maar het ek dan nie vir jou laas keer gesê dat ek jou nooit weer wil sien nie!”

“Ja, u edelagbare,” sê die beskuldigd­e. “Ek het dit vir die konstabel vertel, maar hy wou my om die dood nie glo nie!”

JOHAN H, GONUBIE

GEWIGTIGER

Ouer mense weeg gewoonlik ’n bietjie swaarder as in hul jong dae. Dis oor die goud in hul tande, die silwer in hul hare en die lood in hul bene.

LYNETTE, BETHAL

GOEIE OEFENING

Neem 1 Weet-Bix-blokkie en 1 Aerosjokol­ade. Krummel die Aero oor die Weet-Bix, en siedaar! Aerobix.

KUIKEN

VER WEG

Advokaat: “Hoe kan jy met sekerheid aan die hof vertel wat presies in die donker gebeur het as jy 700 meter ver van die beskuldigd­e af was? Wil jy aan die hof sê hoe ver jy in die donker kan sien?”

Getuie: “Ek weet nie hoe ver die maan is nie, maar dis hoe ver ek in die donker kan sien.”

KASOEPIE

GEPEKEL

V: Watter soort vis kry jy in die Dooie See?

A: Bokkoms.

L. SAAYMAN, SABIE

OU VRIENDE

Die R200-noot en die R5-muntstuk het in dieselfde beursie beland en goeie vriende geword voor hul paaie geskei het.

Groot is die blydskap toe hulle ná twee jaar weer by mekaar uitkom.

Baie nuuskierig wil die R5muntstuk weet waar die R200noot orals was.

“Sjoe,” vertel die noot, “ek was die wêreld vol, op bote, in vliegtuie, van casino’s tot in die wildtuin, al die mooiste en lekkerste plekke. En jy R5, waar was jy oral?”

“Nee jong,” sug die muntstuk, “met my is dit maar elke week dieselfde storie – net kerk toe, kerk toe, kerk toe . . .”

JEAN, KAAP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa