Huisgenoot

5 vrae aan Carla Classen

-

Die aktrise Carla Classen het op 27 die horlosie teruggedra­ai om die rol van ’n tiener te vertolk in die nuwe telenovell­e The Estate op SABC3. “Tessa is ’n 15-jarige wat sukkel om die dood van haar ma te verwerk en haar pa is emosioneel afwesig, want hy sukkel met sy eie verdriet,” sê Carla. Die aktrise het haar TV-debuut in 2018 as Shanice in die SABC2-sepie 7de Laan gemaak en dieselfde jaar was sy as Nixie in die fliek Stroomop te sien.

Sy het die uitdaging geniet om ’n tiener te speel. “Dis al ’n rukkie sedert ek daardie ouderdom was. Die feit dat ek met ’n meer volwasse oog na daardie gevoelens en emosies kon terugkom, het my ’n goeie insig in Tessa se emosionele lewe gegee,” sê Carla.

Ons het ’n paar vrae aan haar gestel om haar beter te leer ken:

1 Hoe is dit om die akteurs Hildegardt Whites en Jacques Blignaut as jou TV-ouers te hê?

Regtig cool! Hulle is albei wonderlike mense en baie vriendelik. Ek is regtig geëerd dat ek met hulle albei kan saamwerk.

2 Beskryf jouself in vier woorde

Nadenkend, snaaks, passievol en liefdevol.

3 Drie dinge waarsonder jy nie die huis verlaat nie?

Liproom, my selfoon en bankkaart.

4 Twee dinge wat kykers verbaas sal wees om oor jou te weet?

So nou en dan werk ek as ’n dosent by die Universite­it van Pretoria se dramadepar­tement. En ek weet steeds nie hoe om fiets te ry nie.

5 Watter raad sal jy aan jou tienerself gee?

Moenie na ander se reise en prestasies kyk as ’n maatstaf van hoe goed jy vaar nie. ■

 ??  ?? Die aktrise Carla Classen is as Tessa van Wyk in The Estate te sien.
Die aktrise Carla Classen is as Tessa van Wyk in The Estate te sien.
 ??  ?? Die oud-Laner Jacques Blignaut speel haar pa.
Die oud-Laner Jacques Blignaut speel haar pa.
 ??  ?? Carla en haar TV-ma, Hildegardt Whites, in ’n toneel uit The Estate.
Carla en haar TV-ma, Hildegardt Whites, in ’n toneel uit The Estate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa