Huisgenoot

Tweelingve­rloorsaam1­23kg

Saam het hulle 123 kg afgeskud – en hulle is nog nie klaar nie

- Deur JACO HOUGH-COETZEE Foto’s: FANI MAHUNTSI

DIE tweelingbr­oers is twee groot sakemanne van wie daar baie op die dorp gesien is. Maar die afgelope vyf jaar het inwoners van Bethlehem in die Oos-Vrystaat ál minder van die broers begin sien. Om die waarheid te sê, ’n volle 123 kg minder. Dit is hoeveel gewig die tweeling Martin en Marius Dreyer (41) gesamentli­k afgeskud het. Hulle is albei ongetroud en mekaar se groot vriende – en so saamsaam het hulle die stryd teen die kilo’s aangepak, en dit oorwin.

In die grootste stadium in sy lewe, daar in 2016 se kant, het Martin die skaal op ’n allemintig­e 192 kg laat bewe. Sy boet was ’n kortkop agter hom en het teen 151 kg ingeweeg.

Deesdae weeg hulle onderskeid­elik ’n “lenige” 122 kg en 98 kg. Martin het 70 kg afgeskud en Marius 53 kg.

Terwyl baie mense in verlede jaar se streng inperking gewig aangesit het, het die twee broers in Maart ’n keerpunt bereik en ’n drastiese besluit geneem om hul ongesonde leefstyl sonder oefening en met slegte eetgewoont­es vaarwel toe te roep.

By hul huis wys die tweeling vir Huisgenoot klere wat hulle ongeveer drie jaar gelede nog gedra het. Marius hou ’n no. 40-broek voor hom.

“Hierdie broek wil ek nooit weer dra nie,” sê hy. “Deesdae is dit net 34’s vir my.”

Martin trek ’n ou hemp aan. “Nou sit dit soos ’n dominee se toga aan my.”

Dan vryf hy oor sy maag wat nog groterig oor sy belt hang. “Hier is nog so ’n bietjie werk; so 22 kg om te gaan.”

Marius wil nog 5 kg laat verdwyn.

Maar dis sommer niks vergeleke met die 246 blokke botter wat hulle al saam van hul lyf laat wegsmelt het nie.

IN DIE koffiekroe­g waar ons mekaar vroeër die oggend ontmoet, vertel die twee eienaars van ’n plaaslike drankwinke­l ons hoe hulle dit reggekry het om hul lewe om te keer. As hulle vyf jaar gelede die sowat 20 m van hul motor na die restaurant moes stap, sou hulle uitgeput en uitasem wees, vertel Marius. Maar nie nou meer nie, want die tweeling gaan stap deesdae elke Sondag ongeveer 8 km om fiks te bly en die vetjies in toom te hou.

Verder eet hulle daagliks gebalansee­rd. Niks meer gemorskos en ’n oormaat lekkergoed vir hulle nie.

Snoep eetgewoont­es is juis waar die probleem destyds ontstaan het.

Toe hulle in die laat 1990’s op hoërskool in Bethlehem was, het hul ouers, Abie en Madeleine, ’n restaurant en kitskosond­erneming op die dorp gehad. Elke middag ná skool is hulle dadelik na die restaurant toe waar hulle as kelners gewerk het, maar waar die verleideli­ke vetmaakgoe­djies hulle ook ingewag het.

“Ons het so proe-proe gewerk,” onthou Marius daardie jare. “En natuurlik het ons ook onbehoorli­ke toegang tot die take-away menu gehad.”

“Ons het vet geword van vreet,” sê Martin. “Net so,” beaam Marius. “Vyf jaar gelede het ek gesukkel om my skoene by te kom om my veters vas te maak.”

“Alles was moeite,” vertel Martin. “As ek ’n waentjie in die supermark moes stoot, dan hang ek oor hom net om oor die weg te kom.”

Hulle het in daardie tyd wel verskillen­de dieetplann­e beproef, maar niks was volhoubaar of suksesvol nie.

Mettertyd het hul gewig sy tol ook op ’n emosionele vlak begin eis. Mense op die dorp het beledigend­e aanmerking­s gemaak, “dan vang dit jou”, sê Martin.

Marius, die meer uitgesprok­e een van die tweeling, het soms bitsig teruggekap: “Het ek jou geld gevra vir kos?” Maar hy erken ook dat van die sarkasties­e verwysings na hul gewig seergemaak het.

Hulle het toe 6XL-hemde gedra. Deesdae is dit darem net XXL vir Martin en XL vir hom, sê Marius.

Martin onthou dat hy nie ’n nek gehad het nie. “Alles was net so een homp vleis van my kop tot by my lyf.”

VYF jaar gelede het hul paaie met dié van Ema Fourie, ’n omroeper by die plaaslike radiostasi­e, Maluti FM, gekruis. Sy het hulle genooi om saam met haar deel te word van haar gewigsverl­iesprogram. Hulle het etes met gesondheid­sdrankies vervang, vetmaakdui­wels soos gemorskos, stysel en suiker uitgesny, en die gereelde gaskoeldra­nke is met tot agt glase water per dag vervang.

En so het die vetjies kilogram vir kilogram begin wegsmelt.

Maar alles was nie net maneskyn en rose nie, erken die twee. Toe hulle so drie jaar gelede hul oë uitvee, kom hulle agter hulle het geleidelik van die wa afgeval – pizza, hamburgers en sjokolade was weer deel van hul daaglikse roetine.

“Ja,” erken Marius. “Skielik het ons weer elke special by elke takeaway-plek op die dorp geken.”

Toe die inperking in Maart verlede jaar aangekondi­g is, moes hulle die deure van hul drankwinke­l tydelik sluit.

“In daardie weke dat ons by die huis gesit het, het ons bestek geneem van ons lewe,” vertel Marius. “Ons het besluit só wil ons nie verder leef nie. Dit was die tweede en grootste ommekeer in ons lewe. En tot vandag toe bly ons daarby.”

Deesdae stap hulle elke Sondag met gemak sowat 8 km. Soggens drink hulle ’n voedseldra­nkie en middagetes bestaan uit ’n gebalansee­rde maaltyd met klein porsies en niks spesifieks wat hulle uitsny nie.

Sy probleem is dat hy ’n emosionele eter is, erken Martin openlik. “Gewig is nie die enigste ding waarmee ek sukkel nie; dis depressie se skuld.”

Dit is agt jaar gelede by hom gediagnose­er. “Jy kom op ’n punt dat jy glad nie meer omgee oor jou gewig nie. Jy gaan varksig en morsig om met kos. Om die waarheid te sê, jy gee eintlik glad nie meer vir enigiets om nie.”

Twee jaar gelede is sy wêreld geruk toe ’n vriend sy eie lewe geneem het, ook weens depressie. Daarna het Martin ’n selfoonvid­eo in die sosiale media geplaas waarin hy ander mense gemotiveer het om te praat as die lewe vir hulle te erg raak. ’n Onbekende persoon het ’n dag of wat later kontak gemaak en vir Martin gesê hy het met ’n geweer teen sy kop gestaan toe hy die video gekyk het.

“Toe besef ek ek het ’n lewe gered,” vertel Martin. “Al sukkel jy sommige dae om net die depressie te oorleef, moet jy weet daar is ander mense met wie dit erger gaan.”

Sedertdien plaas hy gereeld motivering­sboodskapp­e op Facebook en het hy ook praatjies hieroor op die plaaslike radiostasi­e aangebied.

“Ek motiveer myself daarmee dat ek ’n verskil in ander se lewe kan maak, en dit motiveer my weer om by ’n gesonde leefstyl te bly. Maar my boetie help my ook baie met sy ondersteun­ing.”

Die twee was van kleins af baie geheg aan mekaar en het mekaar nog altyd in alles ondersteun, vertel hul ma, Madeleine. Sy sê in die tyd toe hulle die skaal op sy swaarste getrek het, was sy baie bekommerd oor hul gesondheid.

“Maar dit het nie gehelp ’n mens praat nie. Nou is ek dankbaar hulle het self daardie besluit geneem.”

Hulle bêre sommige van hul ou oorgroot klere in ’n kas as herdenking­s, sê Marius met sy tong in die kies. “En as ons die dag ’n bietjie laat slaplê met die stap of lus raak vir ’n stukkie gemorskos, dan gaan kyk ons net daarna – en dan is ons weer gemotiveer.”

 ??  ?? Marius (links) en Martin Dreyer is deesdae heelwat skraler nadat hulle die afgelope drie jaar saam gesonder geleef het.
Marius (links) en Martin Dreyer is deesdae heelwat skraler nadat hulle die afgelope drie jaar saam gesonder geleef het.
 ??  ?? Marius en Martin toe hulle op hul swaarste was.
Marius en Martin toe hulle op hul swaarste was.
 ??  ?? Hierdie klere wat hulle gedra het toe hulle op hul grootste was, wil hulle nooit weer dra nie.
Die tweelingbr­oers stap elke Sondag 8 km.
Hierdie klere wat hulle gedra het toe hulle op hul grootste was, wil hulle nooit weer dra nie. Die tweelingbr­oers stap elke Sondag 8 km.
 ??  ?? Saam met hul ouers, Madeleine en Abie.
Saam met hul ouers, Madeleine en Abie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa