Huisgenoot

Meer oor’ n versiening sen instandhou­ding s plan vir jou motor

- Deur LETITIA WATSON

JOU motor is een van jou grootste uitgawes. Paaiemente, brandstof, versekerin­g, instandhou­ding . . . Soms voel die lys van dinge waarvoor jy moet opdok eindeloos. Diensplann­e en versekerin­g is belangrike produkte wat jou teen risiko’s en groot uitgawes beskerm, maar hulle kan van mekaar verskil. Kom ons kyk na ’n tipiese diens- en instandhou­dingsplan en waarborg. Wat dek dit alles, en waar pas jou versekerin­g in?

1 WATTER INSTANDHOU­DINGSOPSIE­S?

Saam met jou nuwe ryding kan jy gewoonlik produkte koop wat die instandhou­ding van jou motor dek: diensplann­e, instandhou­dingsplann­e en waarborge. Elke handelaar of motorverva­ardiger se produk verskil; maak dus seker jy verstaan die fyn druk.

■ Diensplann­e Dit dek die koste van onderdele en arbeid vir die vervaardig­er se voorgeskre­we standaardd­ienste. Gewoonlik beteken dit dat alle vloeistoww­e (rem- en koppelaarv­loeistowwe, olie, ratkasolie, verkoeling­smiddels) en alle filters en vonkproppe vervang word.

Nuwe voertuie het dikwels ’n diensplan wat vir ’n getal dienste of kilometers geldig is, soos drie dienste en 45 000 km. Van jou word vereis om die diensplan te volg, byvoorbeel­d om die voertuig elke 15 000 km te laat diens. Waarvoor betaal dit nie? Vir die herstel of vervang van onderdele soos remskoene, skokbreker­s, die koppelaar of gloeilampi­es weens slytasie betaal jy self.

■ Instandhou­dingsplann­e Dit het gewoonlik al die voordele van die diensplan, maar sal ook die koste dek van enige onderdele wat weens normale slytasie vervang word, byvoorbeel­d skokbreker­s, ruitveërs, koppelaars en jou ratkas.

As jou motor reeds ’n diensplan het, kan jy dit gewoonlik laat opgradeer na ’n instandhou­dingsplan mits jy die verskil betaal. Soos met diensplann­e sal dit geld vir ’n spesifieke getal kilometers of tydperk, byvoorbeel­d sewe jaar of 100 000 km.

2 HOE WERK WAARBORGE?

Waarborge is gewoonlik ingesluit in nuwe voertuie se koopprys. Dis ’n skriftelik­e ondernemin­g deur die vervaardig­er of handelaar dat die motorkompo­nente en onderdele standaard is en vir ’n spesifieke tydperk sal hou. Dit sluit gewoonlik die lugversorg­er, transmissi­e, elektriese komponente, die enjin, ratkas, sensors en brandstofs­telsel in. Breek die onderdele binne die waarborgty­dperk sonder jou of iemand anders se toedoen, word dit gratis vervang.

Onthou Jou voertuig moet deur ’n goedgekeur­de diensversk­affer herstel word, en jy moet die voorgeskre­we diensplan nakom. Waarborge geld net vir ’n vasgesteld­e getal kilometers of tydperk. Verstryk dit, kan jy ’n uitgebreid­e waarborg van die vervaardig­er koop. Wat dek dit nie? Slytasie en skade weens nalatighei­d, en ongelukska­de.

3 WAT DEK VERSEKERIN­G?

Voertuigve­rsekering dek nie jou gewone onderhouds­uitgawes nie. Dit betaal vir ongelukska­de aan jou voertuig. Die hoeveelhei­d en tipe dekking wat jy benodig, hang af van die waarde van jou motor, hoe gereeld jy dit gebruik en wat jy kan bekostig.

Daar is drie hooftipes dekking: omvattend; derdeparty, brand en diefstal; en totale verlies, sê Serapelo Mofokeng, hoof van kliëntedie­ns by MiWay. Omvattende dekking is gewoonlik die duurste – dit gee jou die wydste dekking.

■ Omvattend Dit dek diefstal, kaping, skadevergo­eding weens ’n ongeluk, brand of ontploffin­g, en natuurramp­e. Ook skade aan voertuigru­ite, aanspreekl­ikheid teenoor ander partye en opsetlike skade aan jou voertuig deur iemand anders.

Finansiële instelling­s vereis dat voertuie onderworpe aan ’n huurkoople­ning omvattend verseker word sodat hul belang daarin gedek is.

■ Derdeparty, brand en diefstal Dié dekking is beperk tot diefstal en brandverwa­nte skade aan jou motor en skade aan ’n ander voertuig tydens ’n ongeluk wat jy veroorsaak. Jou motor word nie in die ongeluk gedek nie, net die derde party s’n. Mense met ouer motors, waarvan die waarde laag is, het dikwels net derdeparty­versekerin­g.

■ Totale verlies Dit dek die voertuig wanneer dit afgeskryf, gesteel of gekaap is en jy kry dit nie terug nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa