Huisgenoot

Dié week luister ons na buiteaards­e techno-rap, folk en pop

Dié week luister ons na techno-rap, folk en pop

- Deur JACO HOUGH-COETZEE

EK EN JY, DIKGAT MYMYMY

Die debuut van dié duo van Kaapstad is uniek en innoverend, en hulle behoort sommer gou groot aanhang onder liefhebber­s van die techno-rap-genre te geniet. Die lirieke lewer ook sterk maatskapli­ke kommentaar, soos Conrad van Breda, die een helfte van die groep, verduideli­k: “Ek het in ’n stadium op ’n dorp in die Swartland gewerk, en ná vele besoeke aan die Spar kon ek nooit verstaan hoekom die vroue so goed versorg en slank is terwyl hul mans glad nie omgee oor hul voorkoms nie.” Sy sangmaat, Jana Oosthuizen, vertel verder: “Ek het in die verlede rap aanstootli­k gevind omdat daar altyd ’n plusgroott­eman met baie klere aan rondsit terwyl pragtige vroue met min klere aan op die agtergrond dans. Dié liedjie is uit die vroue se oogpunt geskryf. Dit is sarkasme.”

Die musiekvide­o trek ook dadelik die aandag en is binne drie weke meer as 16 000 keer op YouTube gekyk. Die effens vreemde video, met obskure ondertone, herinner plek-plek aan ’n wetenskaps­fiksieflie­k. Conrad sê “Ek en jy, dikgat” vorm deel van hul komende album waar al die liedjies saam ’n storie vertel. “Dit gaan soos ’n musical wees, of eintlik meer ’n low-budget trash-opera.”

DROMER LEAH

Hierdie popliedjie bring die boodskap dat al voel dit soms of iets buite ons bereik is ons steeds moet glo ons kan ons drome bewaarheid. Drome gee my die vlerke om te vlieg, sing die aanbieder van die kykNET-leefstylpr­ogram Duidelik dapper. “Ek hoop om met die woorde elkeen te inspireer om vas te klou aan dit wat vir hulle belangrik is,” sê Leah.

VOETSPORE SEWEVOET

JP Rossouw, bekend as Sewevoet, het sy debuutalbu­m in 2013 uitgereik. Sy nuutste liedjie is ’n sagte rockballad­e, ’n ernstige kunslied bedoel vir die filosofies­e luisteraar. “’n Mens weet nie altyd hoe die wind sal waai of waar jy jouself later op jou lewenspad sal bevind nie, maar die voetspore wat jy los, hang van jouself af,” verduideli­k hy die lirieke.

HOLD UP FARAWAY GEORGE

’n Akoestiese folkliedji­e met sterk countryele­mente wanneer die mondfluitj­ie op die agtergrond sy klanke laat hoor. Die lirieke gaan daaroor dat jy twyfel in jouself moet oorkom, en hoe jy die liefde van jou lewe langs die pad ontmoet en dan saam vorentoe beweeg, verduideli­k die sanger. “Dit verwys ook na hoe ’n mens mekaar volg en lei in ’n verhouding.”

 ??  ??
 ??  ?? Jana Oosthuizen, ’n lid van die duo, in ’n futuristie­se toneel uit die musiekvide­o.
Jana Oosthuizen, ’n lid van die duo, in ’n futuristie­se toneel uit die musiekvide­o.
 ??  ?? Die akteur Edó Mostert verskyn ook in die musiekvide­o van “Ek en jy, dikgat“.
Die akteur Edó Mostert verskyn ook in die musiekvide­o van “Ek en jy, dikgat“.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa