Huisgenoot

The Handmaid’s Tale is terug vir nog ’n boeiende seisoen

June wil nou al die dogters van Gilead bevry

- Deur COLIN HENDRICKS BRONNE: SHOWMAX, ELLE.COM, GOODHOUSEK­EEPING.COM, INSIDER.COM

“Blessed be the fruit.” As jy dié bekende sêding uit die Emmy-bekroonde trefferree­ks The Handmaid’s Tale ken, is jy beslis ’n aanhanger. Die lang gewag op die vierde seisoen van dié distopiese dramareeks is eindelik verby. Hier is 10 dinge wat jy oor die jongste seisoen moet weet voor jy jouself weer in Gilead bevind.

1

Die reeks is gegrond op Margaret Atwood se boek van 1985 en speel af in die toekoms in Amerika, nou Gilead. Vrugbare vroue word as seksslawe (“handmaids”) aangehou deur elite-egpare wat sukkel om kinders te verwek. Die hoofkarakt­er, June Osborne, oftewel Offred en later Ofjoseph (Elisabeth Moss), is een van dié slawe.

Aan die einde van seisoen drie het sy eindelik ontsnap, na Kanada gevlug en 86 kinders uit die kloue van Gilead se mans gered. Kanada speel in die jongste seisoen ’n groter rol as Gilead, sê Bruce Miller, die reeks se vervaardig­er. “Die mense in Toronto maak net soveel deel uit van die verhaal as die mense in Gilead. Al die mense in Toronto wys ons wat op June wag as sy ooit uitkom.”

Dis nie alles maanskyn en rose nie. June gaan in dié seisoen ook kopstamp met Fred Waterford ( Joseph Fiennes). Dié en sy vrou, Serena (Yvonne Strahovski), is agter slot en grendel in Kanada vir menseregte­skendings in Gilead.

2

June probeer sedert die eerste seisoen om haar eersteling, Hannah, wat saam met haar na Gilead ontvoer is, terug te kry. Maar in die nuwe seisoen, wat nou op Showmax te sien is, gaan dit oor die vrylating van al Gilead se meisies. En dit kan uitloop op oorlog. “Sy slaan Gilead waar dit seermaak. Ek dink nie sy het veel hoop dat sy lewend gaan uitkom nie. Ek dink sy is meer daar om Gilead bloedneus te slaan,” sê Bruce.

3

Die derde seisoen sou aanvanklik einde 2020 uitgereik word, maar die verfilming in Toronto moes in Maart verlede jaar vir ses maande gestaak word weens die coronaviru­skrisis.

4

Dié seisoen bestaan uit net 10 episodes pleks van die gewone 13. Die 38-jarige Elisabeth, wat al twee Emmys gewen het vir haar boeiende spel as June, sit in die jongste seisoen die eerste keer ook in die regisseurs­toel van drie van die episodes.

5

Volgens Elisabeth gaan die karakters in dié seisoen deur “groot veranderin­ge. Ons sien nie net June nie, maar baie van die karakters na plekke gaan waarheen hulle nog nooit voorheen gegaan het nie, en hulle verander drasties.”

6

Aanhangers was glo nie baie gelukkig daarmee dat Max Minghella se karakter, Nick, wat in Gilead ’n verhouding met June aanknoop, nie in die laaste helfte van seisoen drie te sien was nie. Die akteur keer in seisoen vier terug te midde van ’n opstand in Chicago.

7

Offred, die naam van June se karakter in Gilead, was amper die naam van die boek waarop die reeks gegrond is. Maar nadat Margaret Atwood 150 bladsye klaar geskryf het, het sy die boek se naam na The Handmaid’s Tale verander.

8

Daardie rooi uitrusting­s wat June en die ander handmaids in Gilead dra, is ’n baie spesifieke rooi. Dit is die skakering Pantone 202 CP, maar die kostuumont­werper Ane Crabtree noem dit “lewensbloe­d”.

9

Dis nie maklik vir die akteurs wat die handmaids speel om met daardie wit kopstukke rond te loop nie. Hulle kan nie links of regs van hulle sien wanneer hulle dit dra nie. Hulle reageer op wat hulle hoor van hul medeakteur­s, want hulle kan hulle nie sien tensy iemand voor hulle staan nie.

10

Die reeks is reeds vir ’n vyfde seisoen hernu. As die reeks gekanselle­er word, het die vervaardig­er Bruce reeds planne gemaak om ’n uitloperre­eks te maak van Margaret se vervolgver­haal van 2019, The Testaments. Dit kan ’n “belangrike uitbreidin­g” van The Handmaid’s Tale wees, sê hy.

4 SEISOENE. 18SGTN. BESKIKBAAR OP SHOWMAX

 ??  ??
 ??  ?? Elisabeth Moss se karakter, June, en ’n groep vroue kry in die nuwe seisoen herberg op ’n plaas.
June beplan wraak saam met die plaaslike Jezebels voor hulle van plan is om die plaas na die volgende veilige huis te verlaat.
Elisabeth Moss se karakter, June, en ’n groep vroue kry in die nuwe seisoen herberg op ’n plaas. June beplan wraak saam met die plaaslike Jezebels voor hulle van plan is om die plaas na die volgende veilige huis te verlaat.
 ??  ?? Elisabeth is ook ’n regisseur in die vierde seisoen. Hier is sy saam met haar medester Joseph Fiennes.
Elisabeth is ook ’n regisseur in die vierde seisoen. Hier is sy saam met haar medester Joseph Fiennes.
 ??  ?? Elisabeth en Max Minghella, met wie se karakter, Nick, sy ’n liefdesban­d het.
Yvonne Strahovski se karakter (Serena Joy) is steeds op soek na June se jongste dogter wat sy as haar eie grootgemaa­k het.
Elisabeth en Max Minghella, met wie se karakter, Nick, sy ’n liefdesban­d het. Yvonne Strahovski se karakter (Serena Joy) is steeds op soek na June se jongste dogter wat sy as haar eie grootgemaa­k het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa