Huisgenoot

Vinette Ebrahim steel die kollig in die nuwe rolprent

- Deur ANNAMI MAILOVICH

Drama. Met Vinette Ebrahim, June van Merch en Quanita Adams. Regie: Amy Jephta. 13TGDV.

WAAROOR GAAN DIT?

Afrikaans se eerste Moslemflie­k is ’n kardoesie vol warm en ryk lekkergoed vir die nageslag van almal wat Afrikaans ken en verstaan. Barakat nooi jou in ’n KaapsMalei­se gesin se binnekamer in.

Die dood van hul pa het die Davidsgesi­n geruk. Party sal sê dis ’n disfunksio­nele gesin, maar myns insiens is dit ’n doodgewone gesinsverh­aal, want ons almal ken die storie van verlies en hardnekkig­e en soms sinnelose spanning tussen broers.

Barakat bring die lens in fokus op ’n gesin wat tussen tale bid, kos maak en asemhaal. Die geluide van Arabies en Afrikaans wys ’n refrein van SuidAfrika­ans-wees wat tot dusver baie in die skadu van die Afrikaanse rolprentmi­lieu was.

Die gesinsmatr­iarg Aisha Davids (Vinette Ebrahim) is ná haar man se dood weer verlief en besluit om ja te sê toe die nuwe liefde in haar lewe haar vra om te trou. Sy besluit om haar vier seuns oor Eid-oel-Fiter – die einde van die heilige maand van Ramadaan – in te lig oor dié nuwe ontwikkeli­ng in haar lewe.

Die enigste vlieg in die salf is dat haar twee oudstes ná hul pa se dood nie ooghare vir mekaar het nie. Dis net skinderton­ge wat die seuns toe eindelik almal onder valse voorwendse­ls onder een dak bymekaarkr­y toe dié bom bars.

IS DIT DIE KYK WERD?

Hierdie karakterge­drewe draaiboek, gepaard met sy uitmuntend­e akteurs – groot name soos Quanita Adams, Joey Rasdien en June van Merch – ontroer met geloofwaar­dige toneelspel. Vinette skitter in die hoofrol en verdien applous vir die diepte waarmee sy dié rol takel.

“Barakah” beteken “seën” in Arabies, en in die Kaaps-Maleise kultuur is ’n barakat ’n papiersak gevul met koeke, vrugte en lekkergoed wat deur vriende en bure gedeel word. In hierdie geval is Barakat ’n dapper gesinsflie­k in die tyd waarin rolprente uit die puin moet terugveg ná ’n verwoesten­de pandemie. Al is die teks plek-plek voorspelba­ar, is dit ’n fliek wat jou op ’n reis van selfonders­oek neem en kykers deur ’n maalkolk van emosies begelei en jou laat lag, huil en van glimlag stil laat raak. Dié Barakat is meer as ’n wegneempak­kie; dit is ’n seën.

 ??  ??
 ??  ?? Vinette Ebrahim steel die kollig as die matriarg Aisha Davids.
Vinette Ebrahim steel die kollig as die matriarg Aisha Davids.
 ??  ?? BO: Die Davids-broers kom nie oor die weg nie. ONDER: Vinette en June van Merch in ’n toneel.
BO: Die Davids-broers kom nie oor die weg nie. ONDER: Vinette en June van Merch in ’n toneel.
 ??  ?? Danny Ross (links) en Joey Rasdien speel Zunaid en Nur Davids.
Danny Ross (links) en Joey Rasdien speel Zunaid en Nur Davids.
 ??  ??
 ??  ?? Bonnie Mbuli (links), Quanita Adams en Joey in ’n toneel uit die fliek.
Bonnie Mbuli (links), Quanita Adams en Joey in ’n toneel uit die fliek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa