Huisgenoot

Madagaskar, ’n unieke eiland

Ons leer jou hierdie week meer oor dié unieke eiland op ons voorstoep

-

JY SAL verskoon word as name soos Alex die leeu, Marty die sebra, Melman die kameelperd en Gloria die seekoei by jou opkom sodra jy die naam Madagaskar hoor. Dié bekende karakters in die Madagascar­fliekreeks het beslis ’n groot rol gespeel om dié eiland, ook bekend as die Groot Rooi Eiland, wat in die Indiese Oseaan aan die suidooskus van Afrika geleë is, aan ’n jonger generasie bekend te stel. En hoewel daar nie leeus, sebras, kameelperd­e of groot seekoeie op die eiland is nie, spog dit met van die uniekste fauna en flora (diere en plante) op aarde.

Die ryk en eksotiese plant- en dierlewe is die gevolg van hoe die eiland sowat 165 miljoen jaar gelede ontstaan het. Die eiland, die vierde grootste naas Groenland, Nieu-Guinee en Borneo, het geleidelik van die superkonti­nent Gondwana weggebreek en oor miljoene jare wegbeweeg. Dit het nie soos die nabye eilande Mauritius, die Comore, Réunion en Rodrigues uit vulkaniese uitbarstin­gs ontstaan nie.

Die eiland het dus in isolasie van Afrika en Indië ontwikkel, wat tot sy diverse en unieke fauna en flora gelei het.

Tot sowat 90% van die diere en plante is ook endemies aan die eiland. Dit beteken hulle is inheems en kom net daar voor. Talle is ook op die lys van bedreigde spesies.

Van die bekendste plante is die reusekreme­tartbome in Madagaskar. Van die agt soorte ter wêreld is ses endemies aan die eiland. Die kremetartb­oom, ook bekend as die baobab of onderstebo­boom, kan tot 3 000 jaar oud word en is reusagtig groot.

Sowat 90% van die plante in Madagaskar kom net op die eiland voor, asook 92% van alle soogdiere en 95% van die reptiele op die eiland.

 ??  ?? Kyk hoe kyk hy vir my! Die ringstertl­emur – een van die vele lemurs in die Isalo Nasionale Park.
Dié rooi padda staan as die tamatiepad­da bekend en kan tussen ses en agt jaar oud word.
Kyk hoe kyk hy vir my! Die ringstertl­emur – een van die vele lemurs in die Isalo Nasionale Park. Dié rooi padda staan as die tamatiepad­da bekend en kan tussen ses en agt jaar oud word.
 ??  ?? Madagaskar se hoë rotswoude van skerp kalkklipro­tse in die Ankarana Nasionale Park.
Madagaskar se hoë rotswoude van skerp kalkklipro­tse in die Ankarana Nasionale Park.
 ??  ?? Die pragtige koekoek wat as die blou coua bekendstaa­n.
Met sy voorkoms gaan die ayeaye nie gou ’n skoonheids­kompetisie wen nie.
Die pragtige koekoek wat as die blou coua bekendstaa­n. Met sy voorkoms gaan die ayeaye nie gou ’n skoonheids­kompetisie wen nie.
 ??  ?? LINKS: Van die kremetartb­ome in Madagaskar is 2 700 jaar oud. Ses uit die agt spesies ter wêreld is endemies aan die eiland. BO: Dis aan die suidooskus van Afrika geleë.
LINKS: Van die kremetartb­ome in Madagaskar is 2 700 jaar oud. Ses uit die agt spesies ter wêreld is endemies aan die eiland. BO: Dis aan die suidooskus van Afrika geleë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa