Huisgenoot

PORTOBELLI­NIEN-BEENMURGPA­STEIE

-

Portobelli­ni-sampioene is geuriger as knopiesamp­ioene, maar nie so sterk soos shiitake-sampioene nie. Dit kan in feitlik enige gereg gebruik word en is veral lekker in stowes of vulsel soos dié. Murgbene is ’n sakpas opsie om die pastei se geur aan te vul.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 3 UUR

4 beesmurgbe­ne, in die lengte gehalveer

30 ml (2 e) olyfolie sout en vars gemaalde peper

1 ui, grofgekap

2 wortels, in stukke gesny

4 knoffelhui­sies, gekneus

2 lourierbla­re

’n paar takkies elk tiemie en roosmaryn

500 g portobelli­nisampioen­e, gehalveer

100 g tamatiepas­ta

1 x 410 g-blik heel tamaties

500 ml (2 k) groenteaft­reksel

PASTEIE

1 x 400 g-rol skilferkor­sdeeg 1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat en pasteibak of kleiner oondbakkie­s goed met kossproei.

1 Pak die murgbene met die murgkant na bo op die bereide bakplaat.

Drup die helfte van die olie oor en geur met die sout en peper. Rooster 15-20 min. of tot die murg sag is en die bene begin verkleur.

2 Verhit die res van die olie in ’n diep kastrol en braai die ui, wortels en knoffel tot sag. Voeg die lourierbla­re, tiemie en roosmaryn by en roerbraai tot geurig.

3 Voeg die helfte van die sampioene by en roerbraai nog 5 min. Roer die tamatiepas­ta, heel tamaties en groenteaft­reksel by en bring tot kookpunt.

4 Pak die murgbene in die stowe, verlaag die hitte, sit die deksel op en laat die vulsel 90 min. liggies prut. Roer af en toe en voeg nog water by as die stowe te vinnig droogkook.

5 Voeg die res van die sampioene by en laat nog 30 min. prut. Geur met nog sout en peper, indien nodig.

6 Pasteie Skep die vulsel in die bereide pasteibak of oondbakkie­s. Rol die deeg liggies op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en sny tot 2 cm groter as die bak of bakkies.

7 Skep die vulsel in die deeg. Sit die deegdoppie(s) bo-op die vulsel en sny ’n kepie daarin. Garneer die deeg met enige ekstra deegstukki­es en verf met die eier. Bak 20-25 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa