Huisgenoot

Ons topkeuses van winterparf­uum

Kies jou winterparf­uum uit ons topkeuses

- Deur NTHABISENG MAKHOKHA

DIS winter, en nes jy jou somerklere vir warmer lae en ligter vogrome vir ryker rome verruil, kan jy ook oorweeg om jou parfuum te verander. Kies een wat ’n warm, knus gevoel ontlok.

10 TOPWENKE OM JOU PARFUUM BEHOORLIK IN DIE WINTER TE BENUT

1 Die lug en jou vel raak droog in die winter, en dit veroorsaak dat jou geur nie so lank soos gewoonlik hou nie. Geur hou langer wanneer jou vel goed bevog is. Wend vogroom aan sodra jy uit die stort klim, terwyl jou vel nog sag en deurlatend is. Vryf petroleumj­ellie in op die dele waar jy parfuum spuit. As jy jou lyfroom met olie gemeng het, hoef jy nie petroleumj­ellie aan te wend nie.

2 Eau de parfum (EDP) is meer gekonsentr­eerd as Eau de toilette (EDT), maar laasgenoem­de is ietwat goedkoper. As jy dus wil hê die geur moet hou, moet jy ’n bietjie meer opdok.

3 Die grootste deel van jou lyf is bedek in die winter, en as jy parfuum aan jou vel spuit, is dit byna onmoontlik om deur al die lae klere te dring. Spuit dit aan die dele wat die meeste blootgeste­l is, soos jou polse, agter die ore en nek. Jy gaan dalk ook parfuum aan jou klere moet spuit, maar doen dit van 25-30 cm af sodat jy nie jou klere vlek nie. As jy ’n serp dra, kan jy daarop ook parfuum spuit.

4 Hou ’n parfuummon­ster van jou parfuum in jou handsak sodat jy deur die loop van die dag kan verfris of as jy ná werk ’n afspraak het. Monsters is gewoonlik beskikbaar by parfuumtoo­nbanke en jy mag meer as een vat.

5 Kies speserygeu­r- en houtagtige parfuums vir die winter. Dit het sterk, eksotiese en warm note wat geleidelik deur die dag versprei.

6 Moenie parfuum invryf nadat jy dit op jou vel gespuit het nie, want dit breek sy samestelli­ng af en laat dit vinniger verdamp. Spuit dit net aan en laat dit intrek.

7 Kry ’n parfuum wat vir hare ontwerp is. Jou hare is amper altyd blootgeste­l en sal die parfuum versprei terwyl jy beweeg. Om normale parfuum direk op jou hare te spuit kan dit laat uitdroog omdat parfuums alkohol bevat.

8 Vul jou parfuum aan met ’n deodorant wat dieselfde as die parfuum ruik. Dit word gewoonlik as ’n stel in winkels en aanlyn verkoop. Dit kan jou geur help versterk. Gebruik eerder ’n niegegeurd­e deodorant as joune nie dieselfde as jou parfuum ruik nie. Jy wil nie kompeteren­de geure hê nie.

9 Maak seker jy bêre jou parfuum weg van direkte sonlig, selfs in die winter. Dit kan die samestelli­ng beïnvloed en die geur verswak.

10 Kies geure wat warmte en gemak beklemtoon. Dink aan eksotiese speserye, vanielje, hout en bermot.

 ??  ??
 ??  ?? VIR HAAR
1 Abercrombi­e & Fitch
Authentic EDP R1 249
vir 100 ml 2 Carolina Herrera
Good Girl R1 205 vir
30 ml 3 Guess Bella Vita
Women EDP R975 vir
100 ml
4 Yves Saint Laurent Black Opium Intense EDP R1 890 vir 50 ml
5 Justine Tabasheer EDP R429 vir 50 ml
6 Justine Privé EDP
R429 vir 50 ml 7 Givenchy Irresistib­le
EDP R1 775 vir 50 ml
8 Emperio Armani Because It’s You EDP
R935 vir 30 ml 9 Jeanne Arthes
Romantic EDP R259
vir 100 ml VIR HOM
1 Jimmy Choo Urban
Hero EDP R1 499 vir
100 ml 2 Justine Magnate
Empire EDT R449 vir
100 ml 3 Carolina Herrera
Bad Boy EDT R1 255
vir 50 ml
4 Guess 1981 Indigo
R689 vir 50 ml 5 Givenchy Gentleman EDP R2 020 vir
100 ml 6 Ted Lapidus Black
Soul EDT R699 vir
100 ml 7 Antonio Banderas
The Icon R600 vir
50 ml
8 Hollister Wave EDT
R850 vir 100 ml 9 Abercrombi­e & Fitch Authentic Man
R1 249 vir 100 ml
VIR HAAR 1 Abercrombi­e & Fitch Authentic EDP R1 249 vir 100 ml 2 Carolina Herrera Good Girl R1 205 vir 30 ml 3 Guess Bella Vita Women EDP R975 vir 100 ml 4 Yves Saint Laurent Black Opium Intense EDP R1 890 vir 50 ml 5 Justine Tabasheer EDP R429 vir 50 ml 6 Justine Privé EDP R429 vir 50 ml 7 Givenchy Irresistib­le EDP R1 775 vir 50 ml 8 Emperio Armani Because It’s You EDP R935 vir 30 ml 9 Jeanne Arthes Romantic EDP R259 vir 100 ml VIR HOM 1 Jimmy Choo Urban Hero EDP R1 499 vir 100 ml 2 Justine Magnate Empire EDT R449 vir 100 ml 3 Carolina Herrera Bad Boy EDT R1 255 vir 50 ml 4 Guess 1981 Indigo R689 vir 50 ml 5 Givenchy Gentleman EDP R2 020 vir 100 ml 6 Ted Lapidus Black Soul EDT R699 vir 100 ml 7 Antonio Banderas The Icon R600 vir 50 ml 8 Hollister Wave EDT R850 vir 100 ml 9 Abercrombi­e & Fitch Authentic Man R1 249 vir 100 ml

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa