Huisgenoot

Teken in!

-

STAP1 Besoek die App Store of die Play Store op jou foon om die gratis Netwerk24-app af te laai as jy op jou foon wil lees of daar na die video’s wil kyk.

Indien jy op jou tablet, rekenaar of skootreken­aar gaan lees, gaan direk na

Huisgenoot of Netwerk24 se webtuiste. STAP 2 Indien ’n volwassene in jou gesin of jou voog reeds ingeteken is op Netwerk24, kan jy die

“Meld aan”-knoppie gebruik om jul e-posadres en wagwoord in te vul.

As julle nog nie ingeteken is op Netwerk24 nie, sal julle ’n profiel moet skep deur op

“Word ’n intekenaar” te klik. Registreer dan deur jul persoonlik­e besonderhe­de (naam, van, e-posadres en kontaknomm­er) in te vul en op “Word ’n intekenaar”

te klik.

Let op: Daar is nou die opsie van ’n gratis registrasi­etydperk van 30 dae, en as julle dit kies, sal julle tydens hierdie registrasi­etydperk gratis na die Huisgenoot 100 matriekvra­e-video’s kan kyk.

Julle sal egter in hierdie tydperk slegs toegang kry tot Netwerk24 se nuusinhoud en e-koerante, nie tot die e-tydskrifte op die webtuiste nie. Om alles te kan sien en lees, sal julle moet inteken op Netwerk24. STAP 3 Julle sal herlei word na ’n intekenbla­d met twee pakkette waaruit julle kan kies. Die gewildste pakket is die opsie wat R99 per

maand kos. Dit sal julle onbeperkte toegang gee tot al die inhoud op Netwerk24 en op huisgenoot.com, en ook die 100 matriekvra­e-videoreeks.

STAP 4

Netwerk24 bied vier betaalopsi­es vir nuwe intekenaar­s. Jou ouers of voog sal moet kies watter opsie hulle verkies en die betaling moet hanteer.

Lekker kyk! Sodra julle ingeteken is, kan jy soveel na die 100 matriekvra­e-video’s op huisgenoot.com kyk as wat jy wil. Jy kan dit dan ook weer en weer kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa