Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

LEEU 22 JULIE – 22 AUGUSTUS

Eers die son, jou heersende hemelligga­am, en dan Mercurius, die planeet van die brein, beweeg jou teken in hierdie tyd binne. Om daardie rede kan jy daarna uitsien om ’n beter begrip te kry van die uitdagings waarmee jy nou te kampe het. Onthou egter om op die uitkyk te wees vir versoeking­s om te veel geld te bestee, veral as dit geleende geld is wat jy en jou lewensmaat later moet terugbetaa­l. Dit is heeltemal te verstane dat dit hulle moontlik sal ontstel, veral in die tyd van die volmaan.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 14, 22, 13, 20, 34

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Die liefdesdiv­a, Venus, beweeg vandeeswee­k jou teken binne. Dit dui daarop dat dit tyd is om jou met ’n geskenk te bederf. As jy ’n tipiese Maagd is, is jy dalk geneig om te krities oor jouself te wees. Fokus daarop om dit ’n tyd te maak om jou te vergewe en meer deernis met jouself te hê. Jy sal dalk eers ’n bietjie dieper moet delf om die oorsaak van sulke gedrag te verstaan, veral op ’n sielkundig­e vlak.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 21, 1, 37, 20, 43

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Die aanknoop en behoud van vriendskap­pe is vandeeswee­k op jou program. Dit is nie altyd maklik om verhouding­s op te bou nie – dit verg doelbewust­e aandag om dit te ontwikkel en in stand te hou. In die proses doen jy dalk wat Weegskale die beste doen, naamlik om ander mense na te boots of aan hulle terug te kaats. Jy voel dalk ook lus om ’n bietjie vergewensg­esind teenoor jou maat te wees – niemand is immers volmaak nie. GELUKKIGE NOMMERS 27, 6, 39, 38, 26, 36

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jy is bekend vir jou vlymskerp verstand, en dié kenmerk word vandeeswee­k versterk wanneer die meester van die brein, Mercurius, teenoor jou heersende planeet, Pluto, stelling inneem. Watter insigte jy ook al hieruit wys word, moet dit nie as skietgoed teen ’n ander mens gebruik nie; besin eerder daaroor en put begrip daaruit. Dit kan jou goed te staan kom in jou loopbaan waar jou vermoë om te fokus van onskatbare waarde is. GELUKKIGE NOMMERS 19, 28, 7, 24, 45, 49

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Maak jou reg vir ’n bietjie van ’n worsteling oor gesamentli­ke geldsake, want jy en jou geliefde het dalk verskillen­de menings oor hoe geld bestee moet word. Dit lyk of jy gretig is om geld op ’n eiendom uit te gee, of dit nou is as ’n belegging of ’n opknapping van jou huidige blyplek. Julle moet ’n manier vind om ooreenstem­ming te bereik, anders kan jul verhouding daaronder ly. Maak seker julle kan jul skuld baasraak. GELUKKIGE NOMMERS

6, 2, 40, 24, 20, 26

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

As jy die een is wat die laaste sê het oor sake wat met die huis en gesin verband hou, moenie verbaas wees as jou gesagsposi­sie vandeeswee­k uitgedaag word nie. Die pligte en verantwoor­delikhede moet wel meer onder al die betrokkene­s versprei word. Dis ’n goeie tyd om met finansiële bydraes en verpligtin­ge te begin – maak dit sommer jou prioriteit. Maar sorg ook dat jy pret het. GELUKKIGE NOMMERS

7, 32, 37, 1, 25, 34

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

’n Fokus op intieme verhouding­s kan maak dat jy nadergetre­k word om meer betrokke te raak of jou bedoeling vir die toekoms van hierdie verhouding te toon. Hou ’n oog op ontwikkeli­nge naby die Waterdraer-volmaan op die 24ste. By die werk kan ’n kollega jou om die bos probeer lei, maar dit sal tot jou beswil wees om nie by ’n spel van mag en beheer ingetrek te word nie. GELUKKIGE NOMMERS 36, 34, 47, 40, 29, 22

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Die meeste van jou aandag en energie is waarskynli­k op jou werk gerig, maar die liefdesdiv­a, Venus, se beweging tot in jou verhouding­shoroskoop dui daarop Kupido kan vir ’n ruk in die omtrek wees. Aangesien Jupiter, die planeet van geluk, steeds in jou teken is, behoort jy oordeel aan die dag te lê en nie met die naasbeste tevrede te wees nie. Die besef van jou eiewaarde kom van binne en sal jou in staat stel om die soort mens aan te trek wat vir jou goed is.

GELUKKIGE NOMMERS

11, 28, 34, 48, 26, 52

RAM

21 MRT – 19 APR

Maak tyd vir kreatiewe aktiwiteit­e en prettige uitstappie­s, veral as jy die afgelope ruk by die huis ingehok was. Uitkom is nie net goed vir jou liggaamlik­e welstand nie; om in die natuur te wees, sal jou siel help streel. Aangesien jy in ’n fase is waarin jy vriendskap­pe heroorweeg, is dit waarskynli­k beter om in jou eie geselskap te wees as om tyd saam met groepe mense deur te bring. GELUKKIGE NOMMERS 14, 50, 39, 51, 52, 29

BUL

20 APR – 20 MEI

Al behoort jou huis en jou gesin vandeeswee­k jou toevlug te wees, dui die beweging van jou planeet, Venus, tot in ’n medegrondt­eken daarop jy moet genotvolle aktiwiteit­e najaag. Of jy ’n fynproewer­s-eetervarin­g of inkopieter­apie kies, die idee is om die meeste plesier te kry. Vat ’n kort blaaskans by die werk as die tyd dit toelaat, maar jou verantwoor­delikhede sal dit waarskynli­k nie toelaat nie. GELUKKIGE NOMMERS

6, 8, 17, 3, 29, 37

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jy is vandeeswee­k terug op jou eie gebied wanneer jou heersende planeet, Mercurius, by sy tuisomgewi­ng inbeweeg. Oppas vir ’n geneigdhei­d om alles te wil doen maar in niks uit te blink nie. Al floreer jy op verskeiden­heid, is jy geneig om projekte nie af te handel nie. Dit kan tot frustrasie lei en jou verslaan laat voel. Stel vir jouself klein doelwitte wat maklik bereikbaar is. Die eenvoudige daad van dagboek hou sal salf vir jou kreatiewe self wees. GELUKKIGE NOMMERS 39, 45, 40, 25, 28, 22

KREEF

21 JUN – 21 JUL

As jy jou gedurig bekommer oor kop bo water hou of jy elke maand met jou geld sal uitkom, kan jy gou soos ’n hamster op ’n trapmeul voel. Dit is ’n geskikte tyd om die ongemaklik­e gesprek met ’n geliefde aan te roer oor hoe julle jul afsonderli­ke bates deel. Jy sal snags beter slaap as jy jul gesamentli­ke finansiële verantwoor­delikhede billiker kan verdeel. GELUKKIGE NOMMERS 48, 11, 7, 37, 46, 41

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa