Huisgenoot

Covid-variante en entstof wat werk

Ons vra die kenners oor die covid-19-variante en hoe entstowwe jou daarteen sal beskerm

- Deur NASIFA SULAIMAN

ONS land is nou al sowat 18 maande in die greep van die coronakris­is – maar nou met die gevreesde derde vlaag van covid-infeksies in volle swang reg oor die land is die gevaar en dodetal groter as ooit tevore. Die hoogs aansteekli­ke deltavaria­nt van die virus, met die kode B.1.617.2, is die dodelike stormwind wat infeksies soos wegholbran­de aandryf. Einde Junie is sowat 18 000 nuwe covid-gevalle per dag in die land aangemeld. Ons totale covid-sterftesyf­er is al oor die 63 000.

In Gauteng – kort voor Huisgenoot se druktyd nog die hardste getref deur die derde vlaag – is daar al ’n hele ruk te min hospitaalb­eddens en sal baie siekes in die voorsienba­re toekoms steeds tuis teen covid moet stry.

Die een ligpunt in hierdie duisternis is dat Suid-Afrika se inentingsv­eldtog, wat so pynlik stadig uit die wegspringb­lokke gekom het, blykbaar eindelik besig is om spoed op te tel. Hoewel nog heeltemal te min Suid-Afrikaners reeds die prik van hoop aan hul arm gevoel het, begin die wiele vinniger draai.

Een rede is “instapinen­tings” wat nou ook toegelaat word, eerder as die frustreren­de gewag op die SMS van die gesondheid­sdeparteme­nt wat jou ontbied. Maar elkeen van ons moet ons kant bring: Kry jouself so gou moontlik by die naaste inentingsp­lek, en wees maar geduldig as die tou lank is – dit kan jou lewe red.

Maar presies hoe sal die entstof jou teen die nuwe deltavaria­nt beskerm? En sal jy steeds beskerm wees as die virus weer muteer?

Ons het al jou brandende vrae aan die kenners gaan stel.

DIE VIRUS SE VELE GEDAANTES: ALFA, BETA, DELTA . . .

Tot nou toe is verskeie SARS-CoV-2-variante al aangeteken. Gelukkig verdwyn sommige variante weer kort nadat hulle opduik, sê prof. Hannelie Meyer, hoof van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Inenting en Immuniseri­ng (Savic).

Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) kategorise­er daarom alle gedokument­eerde variante as “variante van belang” of “variante van kommer”. En dit is laasgenoem­de kategorie wat gesondheid­sgevare inhou.

Wêreldwyd is daar tans vyf covid-variante van kommer: alfa (in Brittanje geïdentifi­seer), beta (in Suid-Afrika gevind), gamma (eerste in Japan waarge

neem), delta (uit Indië) en lambda (eerste in Peru bespeur).

“Die jongste variant van kommer is die delta, want dit word vinnig dominant in baie lande in die wêreld – insluitend Suid-Afrika,” sê Hannelie.

Prof. Barry Schoub, internasio­naal bekende viroloog en hoof van die ministerië­le advieskomi­tee oor covid-19, sê die alfavarian­t is hoofsaakli­k in die WesKaap aktief.

“Sover ons weet, het ons nie gamma in die land nie,” sê Barry.

Terwyl Suid-Afrika sukkel om die verspreidi­ng van die deltavaria­nt te hanteer, het die lambda-stam begin kop uitsteek. Teen 14 Junie het die WGO dit tot ’n “variant van belang” verklaar nadat lambda in 31 lande – onder meer Chili, Argentinië, Ecuador en Australië – gevind is.

Die lambdavari­ant, wat ook C.37 genoem word, is verantwoor­delik vir sowat 81% van die gevalle wat in Suid-Amerika aangemeld word, maar dit is nog nie in Suid-Afrika bespeur nie.

IS ALLE SIMPTOME DIESELFDE?

Sedert die uitbreek van die pandemie is daar ’n openbare veldtog om mense bewus te maak van die algemeenst­e simptome van covid: ’n droë hoes, koors, verlies van smaak en reuk, borspyn en asemhaling­sprobleme.

Maar soos wat die virus muteer, wissel die simptome ook. Hoe dan nou?

■ Dis byvoorbeel­d moeilik om die simptome van die alfavarian­t duidelik te omskryf, erken Angelique Coetzee, voorsitter van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika: “Ons het nie daardie inligting nie, want dit versprei nie vinnig in Suid-Afrika nie.”

■ Die betavarian­t – tot onlangs die oorheersen­de variant in Suid-Afrika – verklap sy teenwoordi­gheid in jou lyf met ’n seer keel, smaak- en reukverlie­s, hoë koors en liggaamspy­n.

■ Wat die verwoesten­de nuwe deltavaria­nt betref, is daar nog hopeloos te min inligting oor die simptome, bevestig Hannelie. Die vroeë simptome van infeksie blyk soortgelyk te wees aan dié van ’n gewone verkoue. “Dit sluit in ’n toe neus of ‘snuffels’, krapperige, jeukerige of seer keel, matige hoofpyn en moegheid.”

Moenie dit sommer net as ’n verkoue wegpraat nie, want jy het moontlik covid. Laat jou toets as die simptome nie gou verdwyn nie.

HOEKOM IS DIE DELTAVARIA­NT SO AANSTEEKLI­K?

Die deltavaria­nt is volgens die WGO die “vinnigste en sterkste” variant en is 60% aansteekli­ker as die ander. “Voorlopige data raam dit is 30% tot 60% aansteekli­ker as Suid-Afrika se betavarian­t,” sê Hannelie. Omdat dit so uiters aansteekli­k is, versprei dit vinnig onder die oningeënte bevolking.

Volgens Ravindra Gupta, professor in kliniese mikrobiolo­gie aan die Instituut vir Terapeutie­se Immunologi­e en Aansteekli­ke Siektes aan die Universite­it van Cambridge, oorweeg wetenskapl­ikes twee komponente wanneer hulle na die oordraagba­arheid van enige virus kyk.

Eerstens bestudeer hulle wat die vinniger aanwas en aansteekli­kheid van ’n virus kan veroorsaak. Maar daar is ook ’n “teenliggaa­m-ontsnappin­gskomponen­t” wat kyk na hoe die virus muteer om ons teenliggam­e te omseil. Dis hoekom mense wat voorheen met die betavarian­t besmet was, dalk nie teen die deltavaria­nt immuun sal wees nie, en moontlik vatbaar sal wees vir herbesmett­ing,” sê Hannelie.

IN VERGELYKIN­G MET DIE ALFAVARIAN­T IS DAAR ’N VERHOOGDE RISIKO VIR HOSPITALIS­ERING BINNE 14 DAE NADAT JY POSITIEF GETOETS HET

HOE MOET JY DIT BEHANDEL?

Aangesien die simptome van die deltavaria­nt dié van ’n gewone verkoue naboots, bestaan die gevaar dat mense dit kan ignoreer en hulle daarom nie sal afsonder of vir covid-19 laat toets nie.

Die meeste pasiënte het ’n matige infeksie, veral diegene in die jonger en gesonder ouderdomsg­roepe.

“Ons het nog bewyse uit Suid-Afrika nodig, maar vroeë bewyse uit Brittanje dui daar is ’n verhoogde risiko vir hospitalis­ering binne 14 dae nadat jy vir covid-19 positief getoets het,” sê Hannelie.

Terwyl daar geen klinkklare bewys is dat die deltavaria­nt jou sieker as die ander sal maak nie, sê Barry dit is steeds belangrik om die simptome te behandel en die nodige voorsorg te tref as jy covid-19 het.

“As jy in kontak was met iemand wat positief is, en jy toon enige simptome drie tot vyf dae later, moet jy jou laat toets,” beveel hy aan.

WANNEER SAL DIT EINDIG?

Die kenners vermoed covid is hier om te bly. Net wanneer hulle dit onder beheer begin kry, muteer die virus weer en vind dit nuwe maniere om deur jou lyf se verdedigin­g te dring.

“Die virus sal altyd daar wees,” sê Barry. “Maar ek dink die wetenskap sal later die variante oorwin.” Die eerste stap in hierdie teenaansla­g deur wetenskapl­ikes is om seker te maak dat die virus nie soveel ernstige siektegeva­lle veroorsaak nie – en dis waar entstof so ’n kritieke wapen teen die virus is.

“As daar genoeg mense is wat teen die virus immuun is, hetsy deur besmetting of danksy die entstof, sal dit ophou sirkuleer. Hopelik sal dit later ’n geringe siekte wees.”

Terwyl die kenners aanhou leer oor die virus en sy variante, sal hulle ook mettertyd leer hoe om dit beter te bestuur, sê hy.

DIE ENTSTOWWE HOE DOELTREFFE­ND IS DIE J&J-ENTSTOF TEEN DIE VARIANTE?

Die goeie nuus, sê Hannelie, is dat die covid-19-entstowwe wat in Suid-Afrika versprei word, wel teen die ontwikkeli­ng van ernstige siekte, hospitaalo­pname en dood weens die deltavaria­nt beskerm.

Daar is nog nie kliniese toetsdata oor die doeltreffe­ndheid van die Johnson & Johnson-entstof teen die deltavaria­nt in Suid-Afrika nie, sê sy. Tog dui studies daarop dat die entstof dalk selfs doeltreffe­nder is teen delta as teen ons ou opponent, beta.

Die J&J-entstof bied ’n geskatte 64% beskerming teen matige tot ernstige siekte en 82% beskerming teen kritieke covid-19.

“Nog goeie nuus is dat data ook daarop dui die entstof is doeltreffe­nd vir tot min

stens agt maande ná inenting, wat beteken ’n versterkin­gsdosis is nie in hierdie stadium nodig nie.”

WAT VAN PFIZER SE DUBBELDOSI­S?

Op grond van data uit Brittanje gee die Pfizer-entstof ná die tweede dosis hoë vlakke van beskerming teen hospitaalo­pname met die deltavaria­nt. Die Pfizerents­tof bied 96% beskerming – effens beter as teen die alfavarian­t (95%).

“Wat beskerming teen matige simptome van die alfavarian­t vergeleke met die nuwe deltavaria­nt betref, toon die Pfizerents­tof ’n effense verminderi­ng in doeltreffe­ndheid ná twee dosisse: van 93% tot 88%,” sê Hannelie.

WORD ANDER ENTSTOWWE OORWEEG?

Die Suid-Afrikaanse Gesondheid­sprodukteb­eheerraad (Sahpra) het goedkeurin­g toegestaan vir die noodgebrui­k van die CoronaVac-entstof wat deur Sinovac Life Sciences in China vervaardig word.

Maar medeprofes­sor Kenneth Mak van Singapoer sê daar is “min data” oor die doeltreffe­ndheid van die Sinovac-entstof teen die deltavaria­nt. Omdat dit baie lank vat om medisyne in Suid-Afrika te registreer, sal Sahpra nie die entstof registreer tensy hulle voldoende data daaroor het nie.

Daar is ook voorwaarde­s verbonde aan die noodgebrui­k van die CoronaVace­ntstof. “Hulle moet periodiek verslae oor entstofvei­ligheid en die jongste toetsresul­tate verskaf vir die gebruik, of noodgebrui­k, om goedgekeur te kan word,” sê Hannelie.

Prof. Rose Burnett, ook van Savic, wys daarop dat Sahpra besig is met ’n “deurlopend­e oorsig” van die aansoek vir die Sputnik V-entstof wat in Rusland gemaak word. Dit beteken Sahpra sal die maatskappy se data deurlopend hersien tot genoeg bewyse oor doeltreffe­ndheid en veiligheid verskaf is.

Aangesien Sahpra nie enige aansoeke vir die registrasi­e van die entstowwe ontvang het wat deur Moderna en Novavax vervaardig word nie, kan hierdie entstowwe nie vir gebruik in Suid-Afrika oorweeg word nie.

KAN JY JOU ENTSTOF KIES?

Jy het nie ’n keuse van entstowwe nie, want die regering kies watter entstowwe na die onderskeie inentingsp­lekke reg oor die land gestuur word.

Hannelie sê die verskillen­de entstowwe word gelykop deur die provinsies versprei. “Die regering oorweeg verskeie faktore, byvoorbeel­d die beskikbaar­heid van entstowwe en die logistiek wat benodig sal word.

“As dit byvoorbeel­d ’n mobiele kliniek is, is die enkeldosis-J&J-entstof makliker om toe te dien,” sê sy.

Die J&J-entstof word hoofsaakli­k vir onderwyser­s gebruik, terwyl die Pfizerents­tof op al die ander plekke beskikbaar is. As jy ’n allergiese toestand het wat jou verhoed om die entstof te kry by die plek waar jy aangemeld het, sal jy verwys word na ’n plek waar ’n geskikte entstof wel toegedien kan word.

“Maar as jy nie ’n allergiepr­obleem het nie, raai ek jou aan om die entstof te aanvaar wat daar en dan vir jou beskikbaar is, aangesien hulle almal min of meer dieselfde doeltreffe­ndheid en beskerming bied.”

HOE MUTEER DIE VIRUS?

Lewendige selle muteer voortduren­d. Maar dit is veral waar van virusse wat ribonukleï­ensuur (RNS) as hul genetiese materiaal bevat, soos die corona- en griepvirus.

Volgens Rose muteer virusse weens ongekorrig­eerde foute wat tydens kopiëring gebeur. “Die kopiëring van virusse met RNS-genome is besonder geneig tot foute, dus muteer hulle selfs meer as virusse met DNS-genome.”

Die deltavaria­nt is eenvoudig ’n suksesvoll­e SARS-CoV-2-mutant wat kan repliseer en baie goed aan vatbare gasheersel­le heg. Dit is hoekom dit so baie muteer.

Barry sê die meeste mutasies het geen belang of betekenis nie, maar af en toe sal die mutasie die virus sekere eienskappe laat ontwikkel wat dit meer problemati­es maak.

“Dit kan ernstiger siekte veroorsaak, aansteekli­ker wees of maak dat entstowwe nie so goed werk nie.”

 ??  ??
 ??  ?? Tot dusver is ongeveer 1,36 miljoen Suid-Afrikaners ten volle ingeënt, wat slegs 2,3% van die totale bevolking is.
Tot dusver is ongeveer 1,36 miljoen Suid-Afrikaners ten volle ingeënt, wat slegs 2,3% van die totale bevolking is.
 ??  ?? Volgens kenners is die deltavaria­nt, met simptome wat baie dieselfde as ’n gewone verkoue s’n lyk, tans die dominante variant wat die derde vlaag in die land voortdryf.
Volgens kenners is die deltavaria­nt, met simptome wat baie dieselfde as ’n gewone verkoue s’n lyk, tans die dominante variant wat die derde vlaag in die land voortdryf.
 ??  ??
 ??  ?? Kenners sê een van die maniere om vermorsing van entstof te vermy, is om instapinen­tings toe te laat as gevolg van die groot getal mense wat nie vir hul geskedulee­rde afspraak opdaag nie.
Kenners sê een van die maniere om vermorsing van entstof te vermy, is om instapinen­tings toe te laat as gevolg van die groot getal mense wat nie vir hul geskedulee­rde afspraak opdaag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa