Huisgenoot

Liewe Elize

-

Ons familie word verwoes deur ’n vrou wat met my pa getroud is en ons daarvan weerhou om hom te sien. ’n Breinsiekt­e is by hom gediagnose­er, en dit gaan ál slegter met hom. Ons het nie toegang tot hom nie en sy kommunikas­iemetodes word deur sy vrou gemonitor en misbruik. Sy is iemand wat baie drink. Verder is daar misbruik van sy bates én ’n trustfonds wat geskep is om ons – sy kinders – te help. Dis ’n onuithoudb­are situasie wat my antidepres­sante en slaappille laat neem. Wat kan ons doen? M op Y

Jou beste uitkoms is om met kundiges se hulp die formele pad te volg. Begin deur ’n regsmening in te win.

Die trustakte sal bepaal hoe en deur wie die bates bestuur word en wie tekenregte en toegang tot bankrekeni­nge het. Stel vas wanneer laas die trustfonds geoudit is en vergelyk dit met vorige state.

As daar wel misbruik van geld is en dit kan bewys word, kan julle ’n klag by die polisie aanhangig maak.

Hiermee sal julle ’n prokureur se leiding moet vra.

Jou pa het dalk ook dringende mediese sorg nodig wat hy eerder in ’n versorging­soord as tuis kan kry. Daarvoor is ’n deeglike ondersoek deur ’n dokter nodig wat so ’n aanbevelin­g kan maak.

Omdat jou stiefma vir jul pa se versorging verantwoor­delik is en julle nie toegang tot hom het nie, sal dit wys wees om deur ’n derde party met haar te onderhande­l.

Dit is ook belangrik dat óf jy óf een van jou sibbes saam met die prokureur ondersoek na sy testament instel. Stel vas wat ná sy dood met sy bates sowel as dié in sy trust gaan gebeur.

Gebruik beroepsmen­se om hierdie kwessies met hom te bespreek sodat jou stiefma julle nie van ’n geknoei kan beskuldig nie.

Sien ook na jou eie gesondheid om en raadpleeg ’n dokter oor die medikasie en die dosisse wat jy neem.

As jy die bul by die horings pak en saam met jou sibbes en kundiges iets daadwerkli­ks aan die situasie doen, sal jy hopelik vind dat jou gemoedstoe­stand verbeter en jy snags rustiger kan slaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa