Huisgenoot

HOEKOM WORD ENTSTOF SOMS WEGGEGOOI?

-

Tot dusver het Suid-Afrika slegs sowat 2,3% van die bevolking volledig ingeënt – sowat 1,36 miljoen mense. En volgens Barry is daar baie inhaalwerk om te doen.

Maar hoe strook dit met berigte oor besendings entstowwe wat aan die einde van die dag weggesmyt word omdat dit “nie hou nie”?

Hannelie verduideli­k daar sal altyd ’n sekere persentasi­e entstofver­morsing wees – en dat dit gewoonlik in belang van pasiënte se veiligheid is.

Sy verduideli­k entstowwe word op verskillen­de tegnologie­ë gegrond, met verskillen­de eienskappe, en gevolglik het elke entstof sy eie bergingsve­reistes.

Die tydperk wat dit teen ’n sekere temperatuu­r gestoor kan word, verskil ook van entstof tot entstof.

“Entstowwe wat aan ongewenste temperatur­e blootgeste­l word, sal aan ’n gebrek aan doeltreffe­ndheid ly, en dit kan tot nadelige gebeure ná inenting lei,” sê sy.

As daar enige afwyking van die bergingsve­reistes was, moet entstowwe weggegooi word vir die veiligheid van pasiënte.

Maar die kenners sê een van die maniere om vermorsing te vermy, is om instapinen­tings toe te laat as gevolg van die onlangse koers van mense wat nie opgedaag het nie.

Volgens Dis-Chem het sowat 70% van mense wat geregistre­er het, nie vir hul inentings opgedaag nie. Instapinen­tings is nou in Gauteng vir mense ouer as 50 geopen, terwyl inentings vir mense tussen 35 en 49 op 1 Augustus begin.

Jy kan vir ’n afspraak by jou plaaslike apteek registreer as jy ver is van die plek wat die regering aan jou toeken.

Om op die departemen­t van gesondheid se Electronic Vaccinatio­n Data System te registreer, het jy toegang tot die internet, jou ID- of paspoortno­mmer, kontakinli­gting en werk- of huisadres nodig.

Hannelie sê daar sal geen entstofver­morsing wees as jy verkies om liewer na ’n sentrum naby aan jou te gaan pleks van jou geregistre­erde plek nie omdat die stelsel jou ID-nommer optel.

Instapinen­tings is nou ook oop ingeval jy jou eerste afspraak misgeloop het.

SUID-AFRIKA HET TOT DUSVER SLEGS SOWAT 2,3% VAN DIE BEVOLKING VOLLEDIG INGEËNT, EN DAAR IS BAIE INHAALWERK OM TE DOEN

Prof. Barry Schoub, viroloog en hoof van die ministerië­le advieskomi­tee oor covid-19.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa