Huisgenoot

Artikel noop leser om mense rondom haar te help

-

WAT ’n fenomenale engel en merkwaardi­ge vrou is Zohra Sooliman in “Agter elke man” (25 Augustus). Dit het my hartsnare geroer, en met tye moes ek die trane van hartseer in toom probeer hou.

Imtiaz en Zohra Sooliman het nie ’n oomblik getwyfel oor hul lewenstaak om duisende onder hul vlerke te neem nie. Zohra het ook in eie reg haar merk gemaak en ’n onskatbare bydrae gelewer tot die administra­sie van Gift of the Givers se projekte in diverse gemeenskap­pe van oor Suid-Afrika en in die buiteland.

Om waarlik ’n diens te kan lewer, moet jy iets byvoeg wat nié aan geld gemeet kan word nie – en dit is opregtheid en integritei­t. Dié twee mense beskik waarlik oor hierdie edele eienskappe. Uit die onderhoud kan ek aflei watter wonderlike en liefdevoll­e verhouding daar ook tussen hulle bestaan. Hulle klink boonop na deernisvol­le en liefdevoll­e ouers vir hul kinders.

Baie, baie dankie vir julle hulpverlen­ingswerk in soveel gemeenskap­pe, ongeag ras, geloof of kultuur. Bid sonder ophou beteken beslis nié om heeldag op jou knieë te staan nie, maar om jou hande uit te steek, die wêreld in te gaan en te help waar jy kan. Julle dien jul naaste met oorgawe en volhoubaar­heid.

Hierdie artikel het my geïnspiree­r om die oorvloed in my kos- en klerekaste na ’n familie van 11 mense in ’n tweevertre­khuisie te neem en met hulle te deel. Ek is nou danksy die Soolimans diep onder die besef dat die lewe ons niks skuld nie – behalwe die geleenthei­d om goed te doen aan ander.

Vreugdevol­le groete ANTOINETTE SCHOEMAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa