Huisgenoot

MEER OOR SELEMA

-

’n Mens het nogal groot skoene om vol te staan as jou pa HUGH MASEKELA is. Dié trompetspe­ler is al die vader van SuidAfrika­anse jazz genoem.

Hugh was ’n vurige aktivis teen apartheid en het baie jare in die VSA deurgebrin­g. Daar het hy Sal se ma, Jessie Marie Lapierre, in New York ontmoet. Die paartjie het nooit getrou nie.

Hugh is in Januarie 2018 oorlede. Hy het die laaste jare van sy lewe met die danser Nomsa Manaka gedeel.

Sal se ma, Jessie, lewe steeds en het ’n baie hegte verhouding met haar seun.

Sal is in die VSA meer bekend as hier in Suid-Afrika. Hy het daar oorkant vir hom ’n naam gemaak as TV-aanbieder en sportkomme­ntator wat veral vir ESPN oor basketbal verslag doen. Hy is ook die vervaardig­er van ’n dokumentêr­e rolprent, Vice World of Sports, wat kulture oor die wêreld heen deur die lens van sport bekyk.

Vir ’n wyle was Sal ook ’n verslaggew­er oor vermaaksak­e toe hy medeaanbie­der was van

The Daily 10, ’n program wat die dag se voorste vermaaksto­ries opsom, op die kanaal E! Entertainm­ent.

As kind het hy gereeld saam met sy pa getoer, met die gevolg dat hy heelwat van Hugh se liefde vir musiek geërf het. In ’n stadium het hy sy eie musiekgroe­p gehad, Alekesam (Masekela agteruit geskryf). Hul musiek het al in programme soos Entourage en House of Lies verskyn.

Sal is ook betrokke in die gemeenskap en is medestigte­r van Stoked Mentoring, ’n organisasi­e wat jong mense op die sportveld met mentors in verbinding plaas. Hy het ook ’n welsynspro­jek hier in Suid-Afrika, The Lunchbox Fund, wat daagliks maaltye aan skoolkinde­rs in Soweto verskaf.

Lupita deel sy ywer om ’n verskil in die wêreld te maak.

In ’n onderhoud nadat sy die rol van Nakia in

Black Panther vertolk het, het sy gesê sy hoop die rolprent “verander die narratief” vir swart jong mense wat voorheen nie gevoel het hulle word in superheldf­lieks verteenwoo­rdig nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa