Huisgenoot

WAAR IS AL DIE WARE MANS?

-

Hier aan die einde van Vrouemaand vra ek myself: Wat het van al die ware mans geword? Die lewe is moeilik en mans en vroue moet sonder uitsonderi­ng hul kant bring. Maar waar is die goeie mans heen? Die man wat bekommerd is oor sy vrou se welstand, wat kyk dat sy medies het, wat voorsorg tref vir sy vrou en gesin indien hy iets sou oorkom.

Waar is die man wat sal kyk of sy vrou se voertuig gediens is, en of haar voertuig skoon en alles reg is? Wat het geword van die man wat sy gesin na God lei? Wat het geword van die man wat ’n betrokke pa is en sag praat met sy vrou? Die man wat ’n voorbeeld vir sy seuns stel. Want alte dikwels het mans wat gesinsgewe­ld pleeg, grootgewor­d in ’n huis waar dit maar dieselfde gegaan het.

Hoekom draai die lewe deesdae net oor die “eie ek”-man. Alles gaan oor sy besittings en sy behoeftes. Dis hoekom soveel vroue deesdae skei en liewer op hul eie aansukkel, want op wie moet sy in elk geval staatmaak om ’n anker in haar lewe te wees.

ANONIEM

STERKTE AAN DIÉ WAT AGTERBLY

Watter roerende stories was daar nie in die Huisgenoot van 7 September nie. Dankie aan die families van Jacques de Coning, Theuns Stofberg en Derek Watts dat hulle bereid was om hul leed oor die afsterwe van hul geliefdes met ons te deel.

Die trane het omtrent geloop, want het ons nie almal al soortgelyk­e hartseer ervaar nie? Ons kon onsself in hul skoene plaas. Weet dat ons nooit ons geliefdes vergeet wat heengaan nie, maar mettertyd tree daar wel ’n mate van berusting in.

Sterkte aan julle.

KATRIEN VAN STADEN

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa