Huisgenoot

EIERVRUG met KNOFFELOLI­E

-

GENOEG VIR 6 MENSE AS VOORGEREG / BEREIDING EN GAARMAAK: 60 MIN.

Eiervrug oor die kole gebraai is een van die wonders van die groentewêr­eld. Dis baie eenvoudig, maar die vuur gee dit ’n ongeloofli­ke geur. As jy dit een keer geproe het, sal jy wonder hoekom jy dit nie nog altyd so gemaak het nie. Bedruip dit met ’n bietjie olyfolie en skep dit op bruschetta as ’n voorgereg, of sprinkel ’n paar dennepitte en parmesaan oor en sit dit voor as deel van ’n groter mezzebord. 2 groot of 3 middelslag-eiervrugte 45-60 ml (3-4 e) olyfolie

1-2 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r of fyngekap soutvlokki­es en vars gemaalde swartpeper, na smaak ’n hand vol vars pietersiel­ie, fyngekap ’n hand vol geroosterd­e dennepitte, vir afronding gerasperde parmesaan, vir oorsprinke­l geroosterd­e brood, vir voorsit (opsioneel)

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai.

1 Prik met ’n vurk gaatjies oraloor die ongeskilde, heel eiervrugte. (Dis sodat die stoom kan ontsnap.) Rangskik die eiervrugte op ’n rooster en braai 40-60 min. oor die warm kole. Draai gereeld tot die skil heeltemal geskroei en geplooi en die binnekant heeltemal gaar en baie sag is.

2 Verwyder van die kole en laat effens afkoel op ’n opdienbord. As jy die eiervrugte eerder in die oond wil maak, kan jy dit 1 uur by 230 °C op die oond se middelste rak rooster.

3 Maak intussen die knoffeloli­e. Plaas die olyfolie, knoffel, ’n knippie sout en peper en die pietersiel­ie in ’n klein bakkie of koppie en meng goed. Sny die eiervrugte in die lengte middeldeur en maak die vleis aan die binnekant rofweg met ’n mes of ’n vurk fyn. Skep die knoffeloli­e oor, geur goed met nog sout en peper, en rond af met die dennepitte en parmesaan.

4 Sit die eiervrugte warm of by kamertempe­ratuur voor saam met geroosterd­e brood, indien verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa