Huisgenoot

GEROOSTERD­E GEELSTERT met ’N APPELKOOS-&-SPESERYGLA­SEERSEL

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN.

Hierdie veelsydige marinade werk vir amper enige soort vis, van snoek en geelstert tot forel. Ek hou van die gerookte geur wat kole aan die vis gee, veral groter filette, maar kleiner porsies in ’n pan gebraai kan ook werk, met die glaseersel wat jy teen die einde van die kooktyd byvoeg. Jy het ’n toeknyproo­ster nodig, en maak seker jy vryf jou rooster met ’n bietjie olie in om te keer dat die vis se vel vassit.

125 ml (½ k) botter 1-2 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r

30 ml (2 e) fyngeraspe­rde vars gemmer

10 ml (2 t) gerookte paprika

5 ml (1 t) fyn komyn 30 ml (2 e) gladde appelkoosk­onfyt die sap en skil van 1 groot suurlemoen sout en peper, na smaak 30-45 ml (2-3 e) groenteoli­e

1 groot (ongeveer 600-800 g) visfilet, die grate verkieslik uitgehaal

’n hand vol vars dille of pietersiel­ie, grofgekap (opsioneel) suurlemoen­wiggies vir voorsit

1 Smelt die botter oor matige hitte in ’n kastrol. Voeg die knoffel, gemmer, speserye, konfyt, suurlemoen­skil en -sap by en geur met die sout en peper. Bring tot kookpunt, roer ’n paar keer tot glad, en verwyder van die hitte. 2 Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, en smeer die binnekant van ’n skoon toeknyproo­ster met ’n bietjie van die olie. Jy kan kombuispap­ier hiervoor gebruik.

3 Druk die vis met kombuispap­ier droog, smeer die velkant met die olie in en pak op die rooster.

4 Verf die vis ruimskoots met die glaseersel, knyp die rooster toe en braai 10-15 min. met die velkant na onder tot die vis plek-plek begin gaar word. Draai om en braai die vleiskant ’n paar minute om dit ’n bietjie kleur te gee. Draai weer om en verf nog glaseersel oor. Gebruik ’n groot spatel om die vis van die rooster te verwyder en op ’n opdienbord te pak. Sprinkel die vars kruie oor, indien gebruik, en sit die vis warm voor saam met die suurlemoen­wiggies en ’n vars slaai of bykosse van jou keuse.

 ?? ?? * GEROOSTERD­E GEELSTERT MET ’N APPELKOOS-&SPESERY-GLASEERSEL
* GEROOSTERD­E GEELSTERT MET ’N APPELKOOS-&SPESERY-GLASEERSEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa