Huisgenoot

BLT-SLAAI met BYVOORDELE

-

GENOEG VIR 2 MENSE AS ’N HOOFGEREG, OF 4 AS ’N BYKOS / BEREIDING EN GAARMAAK: 20 MIN.

Soms keer ek ’n klassieke resep op sy kop, maar behou steeds die oorspronkl­ike geure waaroor ek mal is.

Dis die geval met dié gewilde BLT-broodjie – met bros spek, vars blaarslaai en ryp tamatie – wat slaai word.

Ek laai dit dan met avokado, croutons en ’n soet-suur slaaisous. Dis ’n wenner. 45 ml (3 e) olyfolie 2 snye brood van jou keuse, in stukke geskeur sout en peper, na smaak 250 g repiespek

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) olyfolie 20 ml (4 t) appelasyn of vars suurlemoen­sap

15 ml (1 e) mosterd 15 ml (1 e) heuning 1 knoffelhui­sie, gemaal of fyngeraspe­r (opsioneel)

SLAAI

’n hand vol blaarslaai 2 groot ryp tamaties, in skyfies gesny, of 250 g babatamati­es, gehalveer 1 groot ryp avokado, in skyfies gesny 30-45 ml (2-3 e) bros uie vir oorsprinke­l (opsioneel)

1 Verhit die olyfolie in ’n pan, voeg die broodstukk­e by en braai oraloor tot goudbruin. Geur liggies met die sout en peper. Verwyder die croutons uit die pan, voeg die spek by die olie wat in die pan agtergebly het en braai tot bros. Roer gereeld. 2 Verwyder die spek uit die pan, laat eenkant afkoel en kap in kleiner stukkies.

3 Slaaisous Plaas die olie, asyn of suurlemoen­sap, mosterd, heuning en knoffel, indien gebruik, in ’n fles. Geur met ’n bietjie sout en peper, maak die fles styf toe en skud goed. Hou eenkant tot nodig.

4 Slaai Rangskik die blaarslaai, tamaties en avokado in ’n slaaibak of ’n opdienbord. Sprinkel die croutons, spek en uie, indien gebruik, oor en bedruip met die slaaisous. Sit dadelik voor.

 ?? ?? * BLT-SLAAI MET BYVOORDELE
* BLT-SLAAI MET BYVOORDELE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa