Huisgenoot

LY MY TIENER AAN DEPRESSIE – EN WAT DOEN EK DAN?

Dit kan moeilik wees om te onderskei tussen tienerdepr­essie en ’n tiener wat net tienernukk­e toon. Lees hier vir watter gevaarteke­ns jy moet uitkyk en wat jy kan doen om jou kind te help

- Deur MARELIZE GRBICH

DEURE wat toegeklap word, stilstuipe en ’n kind wat ure lank in sy kamer wegkruip. Dit is waarskynli­k net gewone tienernukk­e, dink jy. Tog kan jy nie help om soms te wonder of daar dalk meer daaragter skuil nie – en dan voel jy bekommerd. Want soos baie ander mense het jy gehoor tienerdepr­essie neem toe.

Die Suid-Afrikaanse Depressie-enAngsgroe­p (Sadag) sê wêreldwyd word ’n geestesiek­te, dikwels depressie, by tot een uit sewe kinders tussen 10 en 19 jaar gediagnose­er. Meer kinders neem hul eie lewe; dit is die vierde grootste oorsaak van sterftes onder tieners.

Ook in Suid-Afrika wys navorsing depressie onder tieners is algemeen.

Om ’n tiener te wees is verwarrend en uitdagend. Die tienerfase is die oorgangsty­d tussen kind en grootmens, sê Hanlie Boshoff van Pretoria, ’n terapeut wat in narratiewe terapie met tieners spesialise­er.

“Die ouer en tiener moet aanvaar die groeifase waarmee hulle vertroud en gemaklik was, het tot ’n einde gekom. Eers dan kan hulle die veranderin­ge van die nuwe fase aanvaar.”

Ouers moet onthou dat die eise van dié tyd nie maklik is nie. Kinders se liggaam, hul brein, hul sosiale wêreld en hul emosies is alles aan die verander. Hulle word daagliks gekonfront­eer met stres, hartseer, boelies en ’n onseker toekoms. “Dit kan moeilik wees om te weet of jou tieners op ’n gesonde manier deur hierdie kwessies werk en of hulle hulp nodig het.”

GEVAARTEKE­NS

Dit is belangrik om te onthou tienerdepr­essie neem verskillen­de vorme aan, sê Lorinda Botha, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Kaapstad. Dié lysie is net ’n riglyn en sal nie elke geval van depressie presies beskryf nie: Emosionele tekens

Wanneer jou tiener duidelik hartseer of ongelukkig is, kan dit ’n moontlike teken van depressie wees, sê die sielkundig­e Anton Böhmer van Stellenbos­ch.

“Hoe langer dit duur, hoe groter is die kans dat jou tiener depressief is.”

‘DIE OUER EN TIENER MOET AANVAAR DIE GROEIFASE WAARMEE HULLE VERTROUD EN GEMAKLIK WAS, IS VERBY’

Nog ’n teken is wanneer hulle te moeg is om skoolwerk of ander take te verrig.

Woede en irritasie is van die meer algemene simptome van depressie, sê Lorinda. Veral wanneer dit kom by ’n tiener wat voorheen sy of haar emosies kon beheer en stabiel was.

Depressiew­e tieners wat woedeuitba­rstings kry, toon dikwels later berou en voel skuldig, wat die depressies­iklus vererger, sê sy. Hulle voel gereeld moedeloos oor hul lewe en toekoms, is baie krities oor hulself en voel waardeloos.

“Hulle is uitermate sensitief vir mislukking en verwerping en het ’n groot behoefte aan erkenning.” Gedragstek­ens

Jou tiener wat voorheen baie geesdrifti­g aan ’n sekere aktiwiteit deelgeneem het, geniet dit glad nie meer nie of wil nie meer daaraan deelneem nie.

“Tienerdepr­essie is veel meer as ’n melancholi­ese bui,” sê Lorinda. “Dit kan jou tiener in wese verander.”

Wees op die uitkyk vir dinge soos ’n verlies aan energie en veranderin­g in slaappatro­on (te veel of te min slaap), veranderin­g in eetlus waar die tiener gewig verloor of aansit, swak prestasie op skool, minder aandag aan higiëne en voorkoms, selfbeseri­ng en planne om hul eie lewe te neem.

Psigosomat­iese simptome (waar die kind kla van ’n siekte of pyn maar die dokter geen mediese verklaring vind nie) kan ook ’n teken van depressie wees, sê sy. Gereelde hoofpyn, maagpyn en gastro-intestinal­e kwale moet egter altyd eers deur ’n dokter ondersoek word om moontlike mediese oorsake uit te skakel.

 ?? ?? Tieners wat aan depressie ly, voel gereeld moedeloos oor hul lewe en toekoms, is baie krities oor hulself en voel waardeloos.
Tieners wat aan depressie ly, voel gereeld moedeloos oor hul lewe en toekoms, is baie krities oor hulself en voel waardeloos.
 ?? ?? Luister en gee erkenning aan jou tiener se gevoelens en wees altyd daar vir hulle.
Luister en gee erkenning aan jou tiener se gevoelens en wees altyd daar vir hulle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa