Huisgenoot

MOET EK EERDER ANDER WERK SOEK?

- VRA VIR IRMA Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlik­e kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irm

Ek is in my 50’s en werk vir ’n man by wie ek die laaste ruk bly. Sy kantore is by sy huis.

Hoewel ek onlangs weer my eie blyplek gekry het, verg my werk soveel aandag dat ek steeds by hom oorslaap.

Ons stry baie oor sy soort vriende en sy drankmisbr­uik. My dogter en my kleinkind weier om vir my te kom kuier. Sy oog dwaal te maklik.

Ek is ’n eiendomsag­ent van beroep, maar ek doen hierdie ekstra werk om my finansiële posisie te versterk.

Tog is dit so sleg vir my dat ek voorheen al bedank het, maar dan smeek hy my om te bly en is hy rustiger vir ’n rukkie.

Wat moet ek doen? Bedank ek permanent by hom en leef met net die kommissie wat ek uit huisverkop­e kry, of bly ek by hom aan ter wille van finansiele gemoedsrus?

As ek bedank, kan ek darem weer my dogter en my kleinkind sien.

Jy is in ’n baie ongesonde situasie wat jou werk én emosionele gesondheid betref. Kom ons kyk of ons nie ’n goue middeweg met net voordele kan vind nie. Maak so:

Jou werk: Jy stel ’n kontrak op vir jou pos by hierdie man. Die departemen­t van arbeid vereis dit en hulle het voorbeelde wat aanlyn beskikbaar is en as riglyn vir jou kan dien. Die belangriks­te ding is dat dit onder meer die volgende inligting moet bevat:

■ Werkure per dag;

■ Oortydbeta­ling;

■ Voordele, soos ’n prestasieb­onus en/of jaarlikse bonus;

■ Verlof en siekteverl­of;

■ Posbeskryw­ing.

Jy kan ook ’n arbeidsken­ner se hulp hiermee vra.

Hou dan ’n vergaderin­g met jou werkgewer hieroor. Jy stipuleer duidelik jy gaan bedank as daar nie ’n wettige kontrak onderteken word nie. Hy kan probleme verwag as ’n verteenwoo­rdiger van die departemen­t van arbeid ’n oudit op sy sakeondern­eming doen en daar is nie ’n kontrak nie.

Jou verhouding: Is hierdie man jou kêrel ook? As dit so is, kort julle baie werk aan jul verhouding, saam met ’n berader. Jul verhouding is wanfunksio­neel en dit het beslis ’n uitwerking op jou emosionele welstand.

As hy nie jou kêrel is nie, stel ek voor jy trek uit en gaan woon in die blyplek wat jy aangeskaf het.

Jou finansies: Dit is goed om in hierdie tyd deeglik bewus te wees van jou finansiële welstand, veral as jy op jou eie verantwoor­delik is vir jou inkomste.

Moenie die finansiële opdraande vrees wat jy sal beleef as jy net een inkomste het nie.

In jou geval behoort dit kortstondi­g te wees, want jy klink vir my na ’n doelgerigt­e, harde werker en ek glo jy sal óf skouer aan die wiel sit vir meer huisverkop­e óf baie gou ’n ander tweede inkomste genereer.

Vertrou jou dogter se instink oor hierdie man. Ek is bly dat jy haar besluit respekteer. Sy is ’n vrou en ma wat oplet wat om haar aangaan. Dit kan net van jou opvoeding af kom, welgedaan daarmee.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa