Huisgenoot

SEWE SLENTERS WAT JOU ONNODIG KAN LAAT KOOP

- GELDSAKE Deur LETITIA WATSON KRY HIER NOG RAAD ▶ Om pryse van produkte te vergelyk, kyk na webtuistes soos SmartPrice en PriceCheck.

SWART Vrydag en Kuber-Maandag is om die draai en natuurlik al die “spesiale pryse” vir vroeë Kersinkopi­es. En in die

1 BEPERKTE VOORRAAD!

Wanneer handelaars aankondig dat iets “skaars is” en teen “’n goeie prys” beskikbaar is, wil hulle jou net vinniger laat koop.

Want vir die winkel beteken “beperkte voorraad” moontlik ’n reusestoor vol eerder as 100 of minder items. Dieselfde geld vir iets wat “net vandag” op spesiale aanbod is. Hoewel dit in sommige gevalle so kan wees, is daar gereeld spesiale aanbieding­s dwarsdeur die jaar.

Doen dít: Wag tot die item weer op uitverkopi­ng is wanneer jy dit werklik nodig het.

2 KONYNGATE

Jy maak een advertensi­e oop en dit lei tot nog een, en nog een . . .

Die internet gebruik algoritmes om vir jou nuus en advertensi­es te wys wat in jou belangstel­lingsveld is.

Byvoorbeel­d: Jy stel belang in ’n oond of ’n aandrok, en skielik is al die advertensi­es op jou sosiale media oor nuwe oonde en aandrokke. As jy ooit gewonder het wat “cookies” doen: Dis onder meer om jou belangstel­lings te volg. So koop jy maklik dinge waaraan jy nie eens sou sosiale media word jy heeltyd met “onverbeter­like aanbieding­e” gebombarde­er. Hier is sewe slenters wat kleinhande­laars as lokaas gebruik om jou te laat koop en koop en koop.

dink nie nadat jy deur ’n klomp klieks op jou foon daarop afgekom het.

Doen dít: Kyk na jou lys van behoeftes en hoeveel jy bereid is om daaraan te bestee. Moenie te veel geld uitgee net omdat jy dink jy kry iets teen ’n goeie prys nie.

3 FOMO

Dis “fear of missing out” – oftewel die vrees dat jy iets kan misloop. Ondeurdagt­e besteding is ’n baie duur fout, maar jy kry sommer hartkloppi­ngs as jy nie ook jou hande op ’n spesiale aanbod kan lê nie.

Fomo is ’n groot dryfveer agter nuttelose aankope. Tog is uitverkopi­ngs iets wat gereeld gebeur. Dink byvoorbeel­d aan die feestyd; dit begin met voor-Kersfeesaa­nbiedinge en dan is daar uitverkopi­ngs ná Kersfees, dan terug-skool-toe-aanbieding­s, daarna die einde-Januarie-uitverkopi­ngs . . .

Doen dít: Dink aan jou vorige suksesse en foute met uitverkopi­ngs, soos klere wat jy te klein gekoop het, maar jy het toe nooit gewig afgeskud nie. Moenie items koop wat jy nie teen die volle prys sou gekoop het nie.

4 DIE PRYS IS ONVERBETER­LIK!

Sommige kleinhande­laars blaas die oorspronkl­ike pryse op.

Die afslag is blykbaar 30%, maar in werklikhei­d is dit teen dieselfde prys by ’n ander winkel beskikbaar.

Doen dít: Vind uit of daardie “uitstekend­e prys” werklik ’n winskoop is. Jy kan aanlyn die pryse van dieselfde items by verskillen­de kleinhande­laars vergelyk. En indien iets net 10% of 15% minder as die gewone prys kos, kan jy eerder wag op Desember-aanbieding­e. Oppas ook vir produkte wat teen baie lae pryse beskikbaar is, want dikwels is dit van ’n swak gehalte.

5 DIE FYN DRUK

Die item is op uitverkopi­ng, maar dan besef jy te laat dat jy dit nie kan terugneem nie, al is daar fout.

Doen dít: Lees die voorwaarde­s. Dit is dikwels in baie klein skrif by die produkprys of op die advertensi­e. Sommige kleinhande­laars maak die verkoop finaal sodat hulle die produk nie hoef om te ruil of die geld terug te betaal nie. Sekeres sal terugbetal­ings toestaan as winkelkred­iet.

6 DIT IS SPOTGOEDKO­OP!

Net R200 vir ’n nuwe TV. Regtig? Buitengewo­on goedkoop items, veral aanlyn, is waarskynli­k ’n bedrogspul. As dit te goed klink om waar te wees, dan is dit te goed om waar te wees.

Doen dít: Koop by bekende en betroubare aanlyn kleinhande­laars. Jy kan ook op die winkelgroe­p se oorspronkl­ike webtuiste of op hul sosiale media kyk of die aanbieding­s daarop is. Anders kan jy die nommer vir kliëntenav­rae bel.

7 GRATIS EN BOGO-AANBIEDING­S

Jy bestee R300 en kry iets van R150 “gratis” by. Dis ’n slenter om jou meer te laat bestee. Jy wou net R200 bestee, maar nou bestee jy R300 om iets by te kry wat kwansuis R150 werd is – al het jy nie die item nodig nie.

Die ander weergawe is BOGO (“buy one, get one free”). Dit lyk so aanloklik dat jy nou met vier seepbakkie­s sit – al het jy nie eens een nodig gehad nie. Produkte wat saam met ander gebondel word, is dikwels nie goeie verkopers nie. Die kleinhande­laar wil net daarvan ontslae raak. Doen dít: As jy dit nie baie gebruik nie, moenie dit koop nie. Let op die vervaldatu­m van gebondelde produkte.

Teken liewer uit by bemarking-e-pos en -kennisgewi­ngs sodat jy nie eens weet van kleinhande­laars se uitverkopi­ngs nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa