Huisgenoot

Dakota Fanning

Sy is al jare op die silwerdoek en herenig nou met ’n ou vriend op die skerm

- Saamgestel deur ROXANNE MOONEYS

OU VRIENDE HERENIG

Dakota (29) was net nege jaar oud toe sy in 2004 die eerste keer teenoor die veteraanak­teur Denzel Washington (68) in die fliek Man on Fire verskyn het.

Nou, twee dekades later, word die twee herenig in die laaste fliek in die Equalizerr­eeks.

In die derde aflewering van dié fliekreeks bevind die voormalige soldaat Robert McCall (Denzel) hom in ’n rustige Italiaanse dorpie waar die inwoners onder die Mafia se beheer leef. Robert spring dan in om sy nuwe vriende te help.

Dakota vertolk die rol van Emma, ’n agent vir die Amerikaans­e geheimedie­ns, wat Robert begin help. “Om een keer saam met Denzel te werk, is ’n droom wat waar geword het. Om dit twee keer te doen – ek het nie eens woorde nie,” het Dakota vroeër vanjaar by ’n voorskou van die fliek gesê.

Nadat hulle die eerste keer saam gewerk het, het Dakota goeie vriende geword met Denzel se gesin, veral sy kinders. “Ek was op skool saam met een van sy dogters, en sy is een van my beste vriende. Ek het ’n diep band met die hele gesin en met Denzel,” sê Dakota.

KINDERSTER

Die aktrise is in Conyers, Georgia, gebore as Hannah Dakota Fanning, maar nie sy of haar bekende jonger suster, Elle, gebruik hul eerste naam as noemnaam nie. Elle, bekend vir haar rol in die Maleficent-flieks, het in 2016 verklap dis ’n tradisie wat die susters se ma, Heather Joy, begin het.

In haar jonger dae was Dakota een van die bedrywigst­e kinderster­re in Hollywood. Haar heel eerste rol was op vyf toe sy in die hospitaalr­eeks ER verskyn het. Daarna het sy rolle vertolk in I Am Sam, Trapped, The Cat in the Hat, en sy was die stem van die karakter Lilo in die tweede Lilo & Stitch-fliek.

Dakota was baie bewus van die druk op ’n kinderster en het mooi gedink oor hoe sy haar roem wou hanteer. “Dit kan jou mal maak en maak dat jy handuit ruk, of dink dat jy vinnig moet grootword. Dit lei

tot foute.

“Ek is ’n baie logiese mens en wou dít nie vir my lewe hê nie,” het sy al voorheen gesê. Nadat sy hoërskool voltooi het in Kalifornië, het Dakota ’n graad in vrouestudi­es aan die New York-universite­it behaal met ’n fokus op hoe vroue in flieks uitgebeeld word.

Dakota praat nie gereeld oor haar persoonlik­e lewe nie, maar het in 2016 erken sy haat dit om op romantiese afsprake te gaan. “Ek vind dit aaklig. Ons moet daar sit en vrae vra, voorgee of ons ’n maaltyd eet, en dit voel alles net so styf.”

VROEË SUKSES

Dakota het al erken dit was moeilik vir haar om later in haar lewe rolle te kry vanweë haar vroeë sukses. “Dis nie ’n maklike pad as jy in jou jong jare begin toneelspee­l nie. Dis frustreren­d in die lewe wanneer mense net aannames maak sonder dat hulle jou ken.”

Dakota het wel haar kinderster-beeld vir goed agtergelaa­t met rolle soos die van Squeaky Fromme, een van Charles Manson se volgelinge in Once Upon a Time in Hollywood. Sy het ook in die reeks The Alienist die rol vertolk van Sara Howard, ’n karakter wat gegrond is op die eerste vrouespeur­der in New York.

Later vanjaar maak sy haar verskyning in die Netflix-reeks Ripley. Die reeks is gegrond op die boek The Talented Mr. Ripley. Dakota speel Marge Sherwood, ’n karakter wat in die fliekweerg­awe deur Gwyneth Paltrow gespeel is. ❑

 ?? ?? The Equalizer3: The Final Chapter is nou in fliekteate­rs.
The Equalizer3: The Final Chapter is nou in fliekteate­rs.
 ?? ?? Dakota Fanning vertolk die rol van Emma, ’n CIAagent, in die fliek.
Dakota Fanning vertolk die rol van Emma, ’n CIAagent, in die fliek.
 ?? ?? Dakota en Denzel Washington het baie geheg aan mekaar geraak gedurende die verfilming van Man on Fire.
Dakota en Denzel Washington het baie geheg aan mekaar geraak gedurende die verfilming van Man on Fire.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa