Huisgenoot

Herinnerin­ge

Soms is dit lekker om ’n slag op te vang met wat in almal se lewe aangaan – dis wanneer jy Facebook nader trek

- Deur ERLA-MARI DIEDERICKS Illustrasi­e: MICHAEL DE LUCCHI

DIT is vier jaar en twee dae voor Martha hom begin mis. Carl. Iets laat haar aan hom dink. Moontlik die fragmente van ’n liedjie wat in haar onderbewus­syn gedompel was. Onmiddelli­k dryf ander herinnerin­ge ook boontoe.

Die laaste keer dat Martha hom gesien het, was ’n Oukersaand lank gelede. Wat het hy haar altyd genoem? Meisiekind? Sy kan nie onthou nie. Alles is te vaag – deesdae kyk sy deur kantgordyn­e na buite.

Oor die jare – 14 jaar – was hulle baie dinge vir mekaar. Vriende. ’n Vlugtige verhouding. Terug na vriende. Op daardie warm Oukersaand was hulle weer net vriende. Hy het ná daardie Kersfees Strand toe getrek, maar hulle het kontak behou en mekaar op Facebook gevolg, soms boodskappe gestuur. Wanneer laas het sy van hom gehoor? Nog voor covid?

Sy tik sy naam in die soekveld van haar Facebookbl­ad.

Carl.

Verskillen­de foto’s van al die Carls in haar aanlyn vriendekri­ng verskyn. Nie een is hy nie. Dalk as sy Carl se van ook intik, sal sy hom makliker vind. Wat is dit nou weer?

Vanne, name, herinnerin­ge. Sy sukkel elke dag ál meer om te onthou. Soos wat sy ouer word, word haar herinnerin­ge vaer, haar geheue ’n sif waardeur die fynere detail val. Die wêreld raak minder helder, meer gebleik. Uitgewas en verkreukel­d soos sy.

Wat is sy van?!

Sy het ’n paar foto’s van haar en Carl ’n paar jaar gelede op Facebook geplaas. Wanneer het hulle almal so obsessief daarmee geraak om al wat ding en mens is af te neem en op Facebook uit te stal? So asof Facebook die nuwe kurator van herinnerin­ge geword het. Mense spot juis: As dit nie op Facebook is nie, dan het dit nie gebeur nie.

Facebook vergeet ook nie, Facebook gaar alles op. Viraltydsk­at. Sy foto en sy volle naam sal in haar Facebook-argief wees. Sy vind binne sekondes ’n foto van Carl in haar argief. Natuurlik! Carl van Rooyen. Hoe kon sy vergeet het. Sy tik die naam en van in.

Hulle is nie meer vriende nie. Skuldgevoe­lens swem tussen die flotsam herinnerin­ge deur, trek haar na onder. Hy moes haar ontvriend het. Sy het hom te min gekontak. Sy kan hom nie juis kwalik neem nie.

Tog kan sy op sy bladsy ingaan. Dit moet op publiek gestel wees. Hier dag sy al die tyd Carl is privaat. Dan weer, dit maak dinge makliker.

Martha kliek op sy Facebookbl­ad. Carletjie-Carl. Sy gesig tref in die hart. Oop glimlag, mooi gesig. Hy was lank laas op Facebook.

Sy lees die eerste inskrywing saam met ’n foto van hom wat krieket speel. By die foto het iemand getik: Ek sal jou mis, Carl. Wat . . .

Die volgende is weer ’n foto. ’n Ruiker,

’n foto van hom in ’n raam. Wéér: Ek gaan jou mis, tjomma.

Carl se hele bladsy is vol foto’s van hom. Sy sukkel om die pyltjie op die skerm na onder te laat beweeg, haar vinger is taai met sweet, haar visie vernou, sy zoom in op sy gesig: Carl in ’n kroeg, langs die see, op die krieketvel­d.

HOE lank neem dit voor dit tot haar deurdring? Carl is dood. Dood. Haar taai vingers soek-soek deur die posts. Af met die pyltjie, vleg sy deur al die plasings. Hoe is hy dood?

’n Hartaanval terwyl hy bestuur het.

Sy lees verder. Carl is in 2021 dood. Dis byna twee jaar gelede. Twee jaar. Hoekom het sy dit nie aangevoel nie? Dalk het sy. ’n Rilling teen haar rug af, ’n onverklaar­bare hartseer. Maar sy kan dit nie onthou nie.

Kom sy wees nou maar eerlik. Sy het dit nie aangevoel nie. Salig onbewus van die feit dat Dood besig was om Carl se huis binne te sluip, het sy heel moontlik daardie oggend met haar dag begin, wakker gemaak deur haar selfoonwek­ker.

Nes elke dag sou sy deur Facebook gelees het om te sien of haar plasings gelike is. Of iemand kommentaar gelewer het. Terwyl Dood sy hand stadig om Carl se hart gevou en ’n vuis gemaak het, het sy heel moontlik ’n bevrore maaltyd in die mikrogolf gesit.

Tien minute later was haar kos heel moontlik warm en Carl dood.

Meteens wonder sy: As ’n boom in ’n woud val en daar is niemand om dit te hoor nie, sal dit ’n geluid maak? En as haar vriend al twee jaar gelede gesterf het en sy vind nou eers uit – maak dit hom nou eers dood?

MARTHA gaan gooi ’n glas wyn in. Die rooi vloeistof gly in die glas. As sy net kan helder dink. As sy nie geweet het Carl is dood nie, as sy dit nie gehoor of gesien of gevoel het nie, is hy ooit dood? Daar is ’n teorie dat iets net werklik bestaan as dit waargeneem kan word.

Dan ook – dit het slegs gebeur as dit op Facebook is.

Die dood. Sy dink nie juis daaraan nie, maar as sy moet, sou sy sê die dood is onstuitbaa­r en finaal. Jy het dalk nie die boom hoor val nie, maar of daar nou klank is of nie, die boom gaan steeds val. Daar is niks wat jy daaromtren­t kan doen nie. Maar dalk kan afskeid eers gebeur as jy daarvan bewus is dat iets afgesterf het.

Soos ’n kraai wat nie ’n doodstonee­l kan uitlos nie, sirkel sy weer terug na Carl se Facebookbl­ad. Dan sien sy iemand bekend tussen sy foto’s.

Sy kliek weer op die foto en vergroot dit. Is dit tog nie? Ja, dit is!

Haar ou vriendin Leonie. Sy sal vir haar sommer hier op Facebook ’n boodskap stuur en hoor wat aangaan. Sy kon haar gebel het ook, maar haar foon is nou al ’n hele ruk lank weg.

Sy kliek op Leonie se naam. Sy kliek onmiddelli­k deur na haar vriendin se Facebookbl­ad.

Dank vader hulle is nog vriende. Ten minste is sy nie ontvriend nie. Die eerste plasing is van ’n geraamde foto van Leonie omring deur kerse. ’n Benerige hand vol vrees trek haar senuwees styf saam. Een vir een lees sy die hartseer boodskappe. Nie weer nie. Leonie is ook dood. Martha val terug teen die bank se kussings. Wat de . . . Wanneer?!

Sy staan op en kom sommer terug met die hele bottel wyn. Die dag is besig om in ’n nagmerrie te ontaard.

Sy gooi haar glas vol, neem ’n sluk en lees die plasings van Leonie se vriende. Eindelik kom sy agter die kap van byl – Leonie het in 2021 gesterf.

Nog ’n onwetende dood. Wat is besig om met haar lewe te gebeur? Nie net gaan die lewe rondom haar aan nie, die mense daarin is besig om af te sterf en sy is te opgesweep met haar eie lewe om dit agter te kom.

Martha kyk om haar. Vuil koppies wat oral staan, hope vol leë wegneemete­houers. Wanneer laas was sy in die helder daglig? Hoe lank gelede het sy enige van haar vriende gesien? Wanneer het hierdie isolasie gebeur?

Sy kan nie eens onthou nie.

Sy verkies dit so. Nadat haar laaste verhouding verbrokkel en haar dogter Londen toe getrek het, het sy mense ál minder begin sien. Dit is makliker so. Geen mense, geen drama, geen konfrontas­ie, geen pyn.

Dié maak wel seer. Twee sterftes op een dag. Al het dit nie vandag gebeur nie.

TOE sy weer na haar rekenaar kyk, is die skerm meteens swart. Toe dit eindelik weer aanskakel, verskyn haar Facebookbl­ad nie soos gewoonlik nie. Pleks daarvan verskyn ’n vorm. Log in to Facebook.

Wat nou nog! Sy was dan net sekondes gelede nog aangemeld. Sy tik haar naam en wagwoord in.

The password you’ve entered is incorrect.

Sy probeer wéér en wéér. Eindelik tik sy haar eie naam in Google in. So sal sy ten minste haar Facebookbl­ad kan vind om te sien wat daar aangaan.

Sy tik haar naam in. Siedaar!

Martha Erlank is on Facebook.

Sy tik op die skakel. Haar foto verskyn. Dan al haar albums en plasings en – haar oog val op die woorde onder haar naam.

Memorial Account.

Wat?

Meteens val die boom in die woud met ’n harde slag. Krakend, sugtend. Sy hoor dit. Sy sien dit.

Carl wat haar ompraat om na die partytjie te gaan. “Komaan, Martha, dit sal jou goed doen. Jy kan nie net heeltyd by die huis sit en skryf nie. Dit gaan ’n lekker partytjie wees. Ons het mekaar jare laas gesien. Jou maatjie Leonie kom ook saam.”

Dit het haar twee keer laat dink. Sy het albei haar vriende min gesien. Om hulle twee saam te sien sou eintlik ’n bargain wees. Sy het ingestem. Hy het Leonie ná werk gaan optel, toe vir haar.

Alles is nou klokhelder. Die verkeer. Carl wat oor die stuurwiel val. Die toeter wat afgaan en nie ophou nie. Toooooeeee­eeeeeeeeee­eeeeeet.

In herinnerin­g aan Martha Erlank wat saam met haar twee vriende Leonie Hendriks en Carl van Rooyen op 16 Julie 2021 in ’n motorongel­uk oorlede is.

Daar staan dit. In wit en swart op Facebook. Hoe sê die mense nou weer?

Tot jy nie daarvan op Facebook lees nie, het dit nooit gebeur nie.

’N BENERIGE HAND VOL VREES TREK HAAR SENUWEES STYF SAAM

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa