Huisgenoot

JOU STERRE

-

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Soos die son op die 23ste in jou teken sak, word jy daaraan herinner dat jy ’n verjaardag het om te beplan en te vier. Met energieke Mars wat steeds deur jou teken beweeg, het jy oënskynlik genoeg energie en dryfkrag om dit sommer eiehandig te doen. Dit lyk of jou wederhelf op die oomblik in ’n taamlik vrygewige bui is, so al het hulle dalk gekla dat jy te veel geld blaas, toets die grense om te kyk wat jy kan regkry.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 31, 39, 49, 32, 23

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Dis ’n tyd van die jaar om dinge stadiger te vat met jou naderende verjaardag wat om die draai is. Selfreflek­sie en introspeks­ie is nodig as jy die jaar op ’n hoë noot wil afsluit en jou voornemens vir die volgende jaar wil bepaal. Jy het ’n behoefte om dinge uit te praat met sowel jou beste vriend as jou geliefde, en soos altyd sal hul waardevoll­e insette en terugvoer ’n beduidende impak maak. GELUKKIGE NOMMERS

4, 30, 42, 49, 39, 6

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Die fokus verskuif na die opbou van kontakte, en dit sal goed wees om in gedagte te hou dat dit nie saak maak wat jy weet nie, maar wie jy ken. Om ’n goeie netwerk van kontakte te bou, is goed vir enige ondernemin­g, of jy nou vir jouself of ’n organisasi­e werk. Dit sou selfs gepas wees om sosiaal met die kontakte te verkeer, maar hou in gedagte dat dit alte maklik is om grense te oorskry wat nadelig kan wees. GELUKKIGE NOMMERS

6, 15, 50, 52, 41, 13

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jy moet jou lig selfs helderder laat skyn in jou loopbaan en al is jy nie gewoond aan die kollig nie, kan dit jou beroepsgew­ys tans net bevoordeel. Of jou werk buitelands­e bande behels of nie, enigiets wat met internasio­nale verbinteni­sse verband hou, kan in jou guns werk. As daar dus ’n kans vir reis opduik, sal dit wys wees om die meeste daarvan te maak. GELUKKIGE NOMMERS

16, 22, 42, 51, 28, 21

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Daar word dikwels na Waterdraer­s verwys as wêreldburg­ers, juis omdat jy geneig is om jou tyd vooruit te wees en besorgd is oor jou gemeenskap en die mensdom oor die algemeen. Hierdie neiging kom op die oomblik na vore, so die boodskap is duidelik: Raak meer betrokke en wees meer proaktief. Om mense te help om hulself te help lê jou na aan die hart, of jy geld of vaardighed­e skenk, help met fondsinsam­eling of sopkombuis­e, of ’n luisterend­e oor is.

GELUKKIGE NOMMERS 49, 39, 22, 16, 33, 47

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Hoewel jou medeheerse­r, Jupiter steeds agteruitbe­weeg, is die tafel gedek vir ’n paar goeie gesprekke omdat die kommunikas­iekanale tans oop is. Jou maat is gretig om deel te neem, so dit kan ’n goeie tyd wees om lastige onderwerpe aan te raak. ’n Broer of suster of buurman het baie insig om jou in hierdie verband te bied en sal jou ondersteun. Dit is tans ’n goeie tyd om aandag aan agterstall­ige e-posse te gee. GELUKKIGE NOMMERS

2, 14, 30, 47, 15, 7

RAM

21 MRT – 19 APR

Soos die son in jou teenoorges­telde teken Weegskaal inbeweeg, sal jy agterkom dat hierdie ekwinoks wat julle deel, inderdaad ’n aanduiding is van seisoenale veranderin­g. Maak hierdie metafoor deel van jou lewe en kyk waar jy jou lewe fisiek en simbolies kan regruk. Die fokus val daarop om jou

finansies op datum en in orde te kry; begin dus deur jou lessenaar skoon te maak, jou papiere in te dien en jou belasting te hanteer. GELUKKIGE NOMMERS 25, 34, 48, 49, 38, 32

BUL

20 APR – 20 MEI

As jy nog nie reisplanne, plaaslik of internasio­naal, begin maak het nie, sal dit ’n goeie tyd wees om jou opsies te ondersoek. Met uitgestrek­te Jupiter wat met reis geassosiee­r word en tans in jou teken is, is daar geen beter tyd om planne te begin maak nie. Dis raadsaam om jou gesin by sulke reëlings in te sluit en ook hul insette en voorkeure in ag te neem. Dink hieraan as ’n groot bederf.

GELUKKIGE NOMMER

16, 20, 43, 51, 37, 18

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Met die son wat hierdie week in ’n medelugtek­en gaan sak, is jy in die bui om jou kreatiewe kant te verken en uit te druk. Dit kan onvermydel­ik altyd die een of ander vorm van woorde insluit, hetsy geskrewe, gesproke of in gedrukte vorm. Die geluk is aan jou kant met jou heerser Mercurius wat opgehef word deur die epiese Jupiter, wat nie net selfvertro­ue bring nie, maar ook ’n verskeiden­heid geleenthed­e. Waarvoor wag jy? Die moontlikhe­de is eindeloos.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 17, 42, 51, 28, 11

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik een van jou beste tye om op jou huis te fokus,

veral wat ’n lenteskoon­maak en tuinmaak betref. Daarby blyk jy tans baie gewild op die sosiale toneel te wees, met heelwat uitnodigin­gs en geleenthed­e om by te woon. Selfs al is dit ietwat van ’n balanseert­oertjie, is jy in staat om sowel jou sosiale lewe as jou huislewe goed te bestuur om ’n baie aangename tyd te hê. GELUKKIGE NOMMERS

3, 6, 19, 36, 7, 4

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Daar is vandeeswee­k ’n geleenthei­d om jou loopbaanvo­oruitsigte te verbeter, hetsy deur harde werk of deur jouself of jou vaardighed­e te bevorder om jou reputasie te verbeter. Hoe dit ook al sy, dis ’n gepaste tyd om die voor-op-die-wa een te wees. As jy dit nie doen nie, wie sal? Voel jou weg deur bespreking­s, veral as jy dink geld en vergoeding kan opgehaal word. Moenie skaam wees om te vra wat jy dink jy werd is nie, maar wees bowenal verstandig. GELUKKIGE NOMMERS 25, 37, 46, 48, 40, 26

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Daar heers op die oomblik harmonie in jou lewe met jou heersende planeet, Mercurius wat in jou teken is, en die voordelige Jupiter se invloed. Benewens dat dit ’n aangename tyd is, wees op die uitkyk vir pasellatji­es en geskenke wat jy dalk nie raakgesien of waardeer het nie. Om kennis te hê of te bekom, is een van die edel dinge in die lewe om te bereik. Oorweeg dit om jou biblioteek uit te brei. GELUKKIGE NOMMERS 6, 22, 44, 52, 29, 9

 ?? ??
 ?? Deur PETRA DU PREEZ ??
Deur PETRA DU PREEZ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa