Huisgenoot

Minder tegnologie in klasse is beter, sê Verenigde Nasies

-

DIE gebruik van tegnologie in klasse help dalk nie so baie as wat ons dink nie, sê ’n nuwe verslag van Unesco, die Verenigde Nasies se opvoedkund­ige en kulturele organisasi­e. In die verslag stel hulle voor dat tegnologie minder in die klaskamer gebruik moet word deur leerders en onderwyser­s.

Die verslag sê ook dat slimfone heeltemal uit die klaskamer verban moet word.

Die doel van die verslag was om te kyk na hoe tegnologie en die gebruik daarvan in klaskamers verbeter kan word.

Een van die aanbevelin­gs wat Unesco maak, is dat tegnologie as hulpmiddel in die klaskamer gebruik moet word, maar rekenaars en tablette nie alleen ingespan moet word nie.

Die pandemie het natuurlik baie meer leerders gedwing om deur middel van aanlyn klasse van die huis af te studeer.

Maar Unesco sê byna 500 miljoen leerders wêreldwyd het nie toegang gehad tot die tegnologie­se hulpmiddel­s om aanlyn klasse te kon bywoon nie. Die voordele van tegnologie is dus nie tot almal se beskikking nie.

Unesco sê die verslag bedoel glad nie toestelle moet uit klaskamers verwyder word nie.

Pleks daarvan beveel hulle aan dat onderwyser­s gebruik maak van eenvoudige­r tegnologie soos televisies en radio’s. Hulle wil ook nie hê die gebruik van tegnologie moet daartoe bydra dat kinders se aandag afgelei word nie.

Tegnologie hou steeds baie voordele vir skole in. Dit kan deur onderwyser­s gebruik word om te help om moeilike onderwerpe te verduideli­k. Leerders met spesiale behoeftes maak ook gebruik van verskeie tegnologie­se hulpmiddel­s om hul skoolwerk te kan doen.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa