Huisgenoot

DIS VERBY TUSSEN JOE EN SOPHIE

-

Dit het gelyk asof SOPHIE

TURNER (27) en JOE JONAS (34) die perfekte balans tussen hul gesinslewe en uitdagende loopbane gevind het. Wat het dan skeefgeloo­p? Bronne in Joe se binnekring sê die ongelukkig­heid broei al ’n rukkie. “Joe het eindelik ’n punt bereik waar hy voel hy het alle opsies uitgeput om die huwelik te red.”

Hy het glo die bekende prokureur Tom Sasser aangestel, wat Tiger Woods se egskeiding hanteer het. Joe vra om gedeelde toesig oor Willa (3) en hul 14 maande oue dogtertjie – op die dokumente word sy DJ genoem.

Joe, wat tans saam met sy broers Kevin (35) en Nick (31) toer, kyk al die afgelope paar maande na die kinders terwyl Sophie ’n nuwe misdaadree­ks in Engeland verfilm.

Dinge het glo in Desember begin versleg nadat Joe en

Sophie hul huis in Miami, Florida, op die mark gesit het.

Sophie het in die daaropvolg­ende maande saam met ou skoolvrien­de in Europa en Engeland partytjie gehou voor sy in Mei aan die nuwe reeks begin skiet het.

Joe het ’n maand later saam met hul twee kinders Londen toe gevlieg in ’n poging om dinge te red, maar vergeefs, sê ’n ander vriend. “Sophie het op ’n baie jong ouderdom bekend geword. Sy het nooit regtig tienerjare gehad waarin sy net pret saam met vriende kon hê nie. Sy is die enigste mens in haar vriendekri­ng wat getroud is en twee kinders het.”

Joe wil standvasti­gheid hê. “Sy hou van partytjies.

Hy hou daarvan om by die huis te wees,” sê die vriend. “Hul leefstyle verskil.”

Sophie, wat $12 miljoen (R230 miljoen) sterk is, en Joe, wie se netto waarde $50 miljoen (R950 miljoen) is, het ’n waterdigte voorhuweli­kse kontrak wat hul bates beskerm. Hoewel Joe glo die egskeiding bestuur, sê bronne hy is “verskrikli­k hartseer” daaroor.

 ?? ?? FLUIT, FLUIT:
Joe Jonas en Sophie Turner – vir party mense was dit ’n groot verrassing om te hoor hulle gaan opbreek.
FLUIT, FLUIT: Joe Jonas en Sophie Turner – vir party mense was dit ’n groot verrassing om te hoor hulle gaan opbreek.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa